John Denver

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
John Denver
Agtergrondinligting
Geboortenaam Henry John Deutschendorf Jr.
Gebore ( 1943-12-31 ) 31 Desember 1943
Roswell, Nieu-Mexiko , VSA
Sterf 12 Oktober 1997 (op 53)
Montereybaai, Kalifornie , VSA
Genres Folk, pop, rock, country, western
Beroep(e) Sanger-liedjieskrywer, kunstenaar, musiekregisseur, akteur
Instrumente Stem, kitaar , viool
Jare aktief 1962?1997
Etikette Mercury, RCA, Windstar, Sony Wonder
Assosiasies The John Denver Band; Starland Vocal Band; The Back Porch Majority; The New Christy Minstrels; Chad Mitchell Trio; The Muppets; Cass Elliot ; Olivia Newton-John; Placido Domingo; Emmylou Harris; Peter, Paul and Mary; Johnny Cash ; Tina Turner; Glen Campbell; George Burns; Frank Sinatra
Webwerf www.johndenver.com

Henry John Deutschendorf Jr (31 Desember 1943 ? 12 Oktober 1997), beter bekend as John Denver , was 'n Amerikaanse musikant, sanger-liedjieskrywer, musiekregisseur, aktivis, akteur, en filantroop, wat groot kommersiele sukses as 'n solosanger behaal het in die 1970's. Hy was een van die gewildste akoestiese musiek-kunstenaars van die dekade en een van die besverkopende kunstenaars. [1] Teen 1974 , was hy goed gevestig as Amerika se besverkopende kunstenaar, en AllMusic beskryf Denver as "een van die geliefdste kunstenaars van sy tyd". [2] Hy het in 'n militere familie grootgeword en op verskeie plekke gewoon. [3] Denver begin sy musiekloopbaan in folk musiek in die laat 1960's. Denver het ongeveer 300 liedjies opgeneem en uitgereik, sowat 200 waarvan hy self komponeer het, met totale albumverkope van 33 miljoen. [4]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Maphis, Susan. "10 Best Selling Artists of the 1970s" (in Engels). mademan.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2018 . Besoek op 21 Maart 2017 .
  2. Ankeny, Jason. "John Denver Biography" (in Engels). AllMusic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2019 . Besoek op 21 Maart 2017 .
  3. "John Denver Biography ? life, family, children, name, death, wife, young, son, born" (in Engels). Notablebiographies.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2019 . Besoek op 21 Maart 2017 .
  4. "Upcoming Events | John Denver, A Rocky Mountain High Concert" (in Engels). The Florida Theatre. 19 November 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020 . Besoek op 25 Augustus 2015 .

Bronne [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal