in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hoedefinisie-televisie
of
H DTV
is 'n nuwe TV-standaard wat die hoogste kwaliteit kan bied. In teenstelling met die ou
PAL
-,
NTSC
- en
SECAM
-standaarde wat geskik is vir gewone beeldbuise tot by 72 cm, eis nuwe tegnologiee soos plasma en
vloeikristalle
wat vir groter skerms gebruik word meer beeldlyne en hoer resolusies.
HDTV bied teenswoordig 720 of 1080 beeldlyne. Op geskikte skerms maak skerper en meer plastiese beelde nou fynste details sigbaar.
HDTV word reeds in verskeie lande, waaronder die
Verenigde State
,
Japan
,
Suid-Korea
,
Meksiko
,
Brasilie
en
Australie
, uitgesaai. In
Europa
, waar in
2004
slegs een Belgiese betaalkanaal (
HD1
) via die satelliet Astra opgevang kan word, is HDTV in
2005
ingevoer. Sedert 1 Junie 2005 word HD1 se programme ook in die nuwe MPEG-4-standaard uitgesaai.
Tydens die
Consumer Electronics Show (CES)
2005
in
Las Vegas
is 'n verskeidenheid nuwe HDTV-toerusting vir TV-ateljees en verbruikers bekend gestel, en die statistieke gegewens oor die verspreiding van die tegnologie was bemoedigend. In die
Verenigde State
het die aantal TV-kanale wat HDTV-programme uitsaai reeds in
2004
tot 1 000 gestyg; die TV-netwerk
CBS
bied sy aandprogram tussen 8 en 11 uur nm gereeld in hoe resolusie aan, en ook kabel-TV-aanbieders soos
HBO
en
Discovery
saai 'n aansienlike gedeelte van hul programme in HDTV uit.
DirecTV
het aan die einde van die jaar 39 satellietkanale in HDTV-kwaliteit in bedryf.
In Europa het 'n aantal satelliet- en kabeltelevisiestasies begin om programme in hoe resolusie te beeldsaai. Ook die spele van die Sokker-Wereldkampioenskap, wat
2006
in
Duitsland
plaasgevind het, is in hoe resolusie aangebied. Ter geleentheid van die Atletiek-wereldkampioenskappe in
Berlyn
het die openbare Duitse uitsaaier
ARD
in Augustus 2009 naas die sportwedstryde ook twee episodes van Sweedse speurreekse (
Irene Huss
en
Wallander
) in HDTV gebeeldsend. Dit was die eerste van drie toetsreekse wat vir 2009 beplan is.
Die eerste HDTV-kanaal in Suid-Afrika sal volgens die maatskappy Sentech in 2010 beskikbaar wees.
[1]
Formaat
|
Resolusie: Beeldelemente/Lyne
|
Aftasting
|
Beelde per sekonde
|
Beelde verskyn as
|
Aspekverhouding
|
720p 50
|
1280 x 720
|
Progressief
|
50
|
Volbeelde
|
16:9
|
720p 60
|
1280 x 720
|
Progressief
|
60
|
Volbeelde
|
16:9
|
1080i 25
|
1920 x 1080
|
Interlaced
|
50
|
Halfbeelde
|
16:9
|
1080i 30
|
1920 x 1080
|
Interlaced
|
60
|
Halfbeelde
|
16:9
|
Internasionale standaard-resolusies
[
wysig
|
wysig bron
]