in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Golda Meir
, oorspronklik
Golda Meyerson
, (
1898
-
1978
) was 'n
Israelse
vakbondleier, diplomaat en politikus wat aan die linkse
Mapai
- en
Ha'Avoda
-partye behoort het.
Meir was in die
Russiese Ryk
gebore, het in 1906 na die
Verenigde State van Amerika
en in 1921 na die
Britse mandaat van Palestina
geemigreer.
Sy was 'n leier van die Joodse vakbond
Histadrut
, en van 1948 tot 1949 die eerste Israelse ambassadeur in die
Sowjetunie
.
Meir was vanaf 1949 tot 1956 die minister van Arbeid (en Sosiale Sake), van 1956 tot 1966 die minister van Buitelandse Sake, en van 1969 tot 1974 die vierde eerste minister van Israel gewees. Tydens haar premierskap het die
Jom Kippoer-oorlog
in
1973
plaatsgevind.
- My Lewe
, 1975, outobiografie
Eerste ministers van Israel
|
---|
| |
|