in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Friedrich Martin Josef Welwitsch
(5 Februarie 1806 ? 20 Oktober 1872) was 'n
Oostenrykse
plantkundige
en ontdekkingsreisiger. Hy het in
1860
die
Welwitschia mirabilis
plant van
Angola
en die huidige
Namibie
ontdek.
Hy is in Karintie gebore in 1807. Hy bekwaam hom as 'n medikus in
Wenen
in 1836 en verhuis na
Portugal
. Hier aanvaar hy die pos as kurator van die
botaniese tuin
Coimbra en
Lissabon
in 1839. In 1853 reis hy na Angola waar hy 'n uitstekende plantkundige versameling opbou en ook vir
David Livingstone
in 1854 ontmoet. Hy het sy reise volgehou tot in 1860 en verhuis in 1863 na
Londen
.
Die standaard skrywer afkorting
Welw.
word gebruik om hierdie individu as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.