in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Barney & Friends
|
|
Genre
|
Kinderprogram
|
Geskep deur
|
Sheryl Leach
|
Met
|
David Joyner
Carey Stinson
Josh Martin
Bob West
Duncan Brannan
Tim Dever
Dean Wendt
Jenny Dempsey
Lauren Mayeux
Julie Johnson
Kyle Nelson
Patty Wirtz
Michaela Dietz
|
Taal
|
Engels
|
Aantal episodes
|
268
|
Produksie
|
Looptydperk
|
1992?2009
|
Produksiemaatskappy
|
Lyrick Studios
HIT Entertainment
Connecticut Public Television
WNET New York
|
Uitsending
|
Oorspronklike kanaal
|
PBS Kids
|
Oorspronklike lopie
|
6 April 1992 ? 18 September 2009
|
Kronologie
|
Voorafgegaan_deur
|
Barney and the Backyard Gang
|
Barney
is 'n karakter in 'n Amerikaanse TV-reeks vir jong kinders. Die hoofkarakter, Barney, is ’n sagmoedige, dog ietwat swaksinnige
pers
dinosourus
(meer spesifiek, 'n
Tyrannosaurus rex
).
[1]
In die storie gebruik Barney, wat 'n vriendelike aardsoptimis is, liedjies en danspassies om sy boodskap oor te dra.
[2]
Dit is 'n opvoedkundige reeks vir kinders van 1 tot 8 jaar.
Die karakter is in 1987 deur Sheryl Leach bedink, op soek na 'n moontlike nuwe TV-program wat tot haar seun kon speek. Sy maak 'n reeks video's saam met 'n span, getiteld
Barney and the Backyard Gang
. Die video's was redelik suksesvol, en trek die aandag van PBS, wat haar 'n kontrak aanbied om 'n TV-reeks oor die karakter te maak.
Die eerste episode van Barney is op 6 April 1992 uitgesaai. Die reeks is oor die jare deur verskillende maatskappye vervaardig. Sedert 2009 is daar nie meer nuwe episodes geproduseer nie en die laaste program is op 18 September 2009 gebeeldsend. Dit is daarna herhaaldelik heruitgesaai.
Daar is sprake dat die reeks in 2017 voortgesit sal word.
[3]