Anrich Nortje

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Anrich Nortje
Volle naam Anrich Arno Nortje [1]
Gebore 16 November 1993 ( 1993-11-16 ) (30 jaar oud)
Uitenhage , Kaapprovinsie [1] , Suid-Afrika
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm snel
Rol Bouler
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no  338 ) 10 Oktober 2019 v  Indie
Laaste Toets 18 Junie 2021 v  Wes-Indie
EDI debuut (no  133 ) 3 Maart 2019 v  Sri Lanka
Laaste EDI 2 September 2021 v  Sri Lanka
T20I debuut (no  85 ) 18 September 2019 v  Indie
Laaste T20I 6 September 2021 v  Engeland
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2012/13?hede Oostelike Provinsie
2015/16?2020/21 Warriors
2018/19?hede Cape Town Blitz
2020?2022 Delhi Capitals
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toetse EDI T20I 1e rang
Wedstryde 12 12 60 60
Lopies aangeteken 115 19 8 834
Kolfgemiddeld 6.76 9.50 2.66 13.67
100s/50s 0/0 0/0 0/0 0/4
Hoogste telling 40 10 4* 79*
Aflewerings geboul 2 182 617 350 10 189
Paaltjies 47 22 18 211
Boulgemiddeld 28.10 25.77 21.88 26.42
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 3 0 0 8
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 0 0 0
Beste boulontleding 6/56 4/51 3/8 6/44
Vangskote/Stonkings 4/? 2/? 4/? 13/?
Bron: Cricinfo , 6 November 2021

Anrich Arno Nortje (gebore 16 November 1993) is 'n Suid-Afrikaanse professionele krieketspeler . Hy het sy internasionale buiging vir die Suid-Afrikaanse krieketspan in Maart 2019 gemaak. [2] In Julie 2020 is Nortje aangewys as die nuweling van die jaar by Krieket Suid-Afrika se jaarlikse prysuitdeling. [3]

Plaaslike en T20-loopbaan [ wysig | wysig bron ]

Hy was in die Oostelike Provinsie se groep vir die 2016 Afrika T20-beker ingesluit. [4] In Oktober 2018 is hy aangewys in Cape Town Blitz se groep vir die eerste uitgawe van die Mzansi Superliga T20-toernooi. [5] [6] Halfpad deur die toernooi moes hy weens 'n enkelbesering uitsit. [7] In Desember 2018 is hy deur die Kolkata Knight Riders op die spelersveiling vir die 2019 Indiese Premierliga gekoop. [8] [9] Hy het egter in Maart 2019 die toernooi weens 'n skouerbesering misgeloop. [10]

Internasionale loopbaan [ wysig | wysig bron ]

In Februarie 2019 is hy aangewys in Suid-Afrika se Internasionale Eendag (EDI)-groep vir hul reeks teen Sri Lanka. [11] Hy het sy EDI-buiging vir Suid-Afrika teen Sri Lanka op 3 Maart 2019 gemaak. [12] In Maart 2019 is hy aangewys in Suid-Afrika se Twintig20 Internasionale (T20I)-groep ook vir die reeks teen Sri Lanka, [13] maar is weens 'n besering uit die T20I-reeks gesluit. [14] Hy het onder meer tydens die T20I-wereldbekertoernooie in 2021 en 2022 vir Suid-Afrika gespeel en sou ook tydens die krieketwereldbekertoernooie in 2019 en 2023 verskyn het, maar hy het die twee laasgenoemde toernooie weens beserings misgeloop.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 ( en ) "Anrich Nortje" . Wisden . Besoek op 10 Desember 2020 .
  2. ( en ) "Anrich Nortje" . ESPN Cricinfo . Besoek op 21 September 2016 .
  3. ( en ) "Quinton de Kock, Laura Wolvaardt scoop up major CSA awards" . ESPN Cricinfo . Besoek op 4 Julie 2020 .
  4. ( en ) "Eastern Province Squad" . ESPN Cricinfo . Besoek op 21 September 2016 .
  5. ( en ) "Mzansi Super League ? full squad lists" . Sport24 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2019 . Besoek op 17 Oktober 2018 .
  6. ( en ) "Mzansi Super League Player Draft: The story so far" . Independent Online . Besoek op 17 Oktober 2018 .
  7. ( en ) "Injured Anrich Nortje leaves his imprint at MSL" . ESPN Cricinfo . Besoek op 29 November 2018 .
  8. ( en ) "IPL 2019 auction: The list of sold and unsold players" . ESPN Cricinfo . Besoek op 18 Desember 2018 .
  9. ( en ) "IPL 2019 Auction: Who got whom" . The Times of India . Besoek op 18 Desember 2018 .
  10. ( en ) "South Africa quick Anrich Nortje ruled out of IPL" . ESPN Cricinfo . Besoek op 20 Maart 2019 .
  11. ( en ) "Fit-again Lungi Ngidi back in South Africa's ODI squad, Hashim Amla left out" . ESPN Cricinfo . Besoek op 24 Februarie 2019 .
  12. ( en ) "1st ODI, Sri Lanka tour of South Africa at Johannesburg, Mar 3 2019" . ESPN Cricinfo . Besoek op 3 Maart 2019 .
  13. ( en ) "Markram, Nortje, Qeshile called up for T20Is against Sri Lanka" . ESPN Cricinfo . Besoek op 17 Maart 2019 .
  14. ( en ) "New-look South Africa seek series win" . International Cricket Council . Besoek op 21 Maart 2019 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]