Die woord "Zoeloe" beteken letterlik "lig", maar vandag woon die amaZulu in
KwaZulu-Natal
, waar die
Vallei van 'n Duisend Heuwels
gelee is.
Historici en mondelingse geskiedenis voer die oorsprong van die Zoeloe-volk terug na ongeveer
1670
en 'n ou man genaamd
Malandela
en sy vrou, Nozinja, wat twee seuns gehad het,
Qwabe
en Zoeloe. Die Zoeloe-geskiedenis begin toe Qwabe jaloers geword het op sy broer en sy sluipmoord beplan het. Sy moeder het egter tot Zoeloe se redding gekom deur hom weg te neem.
Min is bekend oor Zoeloe se lewe, of oor die heerskappy van sy opvolgers,
Punga
,
Mageba
,
Ndaba
en
Jama
, maar in 1787 het hoofman Senzangakona se vrou, Nandi, geboorte geskenk aan 'n merkwaardige seun ? Shaka. Na Senzangakona se dood in 1816, het die Zoeloe-volk trou gesweer aan koning Dingiswayo van die Mthethwa. Sy militere leierskap en sterk dissipline het Shaka beinvloed in sy opleiding as soldaat en leier.
Shaka
se meteoriese opgang het gedurende hierdie periode plaasgevind, waartydens hy die breelem-assegaai en die ovale gevegskild ingevoer het. Deur briljante strategie en bloedige oorwinnings het hy 'n merkwaardige beweging van mense deur die hele Suider-Afrika ontketen, waartydens slagoffers wat voor die Zoeloe-krygers uitgevlug het in 'n poging om aan die oorlogvoering te ontkom, baie stamme ontwortel het.
Shaka het vir 'n kort tydperk van 12 jaar tot
1828
geheers, toe sy halfbroers
Dingaan
en
Mpande
hom vermoor het. In hierdie tydperk het hy al die stamgroepe van Zoeloeland oorwin en onder sy merkwaardige heerskappy in 'n enkele Zoeloe-nasie verenig.
Die Zoeloe-koninkryk bestaan nog en dwing steeds aansienlike respek af vir die huidige koning,
Misuzulu Zulu
, wat van dieselfde bloedlyn as Shaka afstam. Die Zoeloe-kultuur het burgeroorloe tussen stamme oorleef, sowel as oorloe teen die
Boere
en die
Britte
. Hulle identifiseer nog sterk met hul kryger-voorvaders, behou baie kulturele gebruike soos dans en inkorporeer 'n militere styl.
Benewens die tradisie van
lobola
of "bruidskat" word beeste gebruik om mee te ploeg en om melk en vleis aan gesinne te voorsien. Die diere word ook geslag as offerandes aan voorvaderlike geeste om rykdom, status en geestelike welsyn te bekom. Die Zoeloes se godsdiens is voorvaderlike aanbidding ? soortgelyk aan ander Nguni-groepe, waar respek vir die voorvaders belangrik geag word.
Die voorvaders beinvloed die daaglikse lewe, oeste en vee en tree as tussengangers op met die Skepper, wat die Zoeloes Nkulunkulu of Tixo noem. Die tussenganger tussen die mense en die voorvaders is die waarseer, toordokter of sangoma, wat steeds 'n baie belangrike rol in die Zoeloe-tradisie speel.