|
Vrywaring:
Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
|
Witseerkeel
, ook bekend as
Difterie
, is 'n akute, aansteeklike siekte van veral die boonste lugwee. Dit word veroorsaak deur die organisme
Corynebacterium diphtheriae
. Daar is 'n
entstof
teen witseerkeel.
Witseerkeel is 'n ernstige infeksie wat veroorsaak word deur stamme van die bakterie
Corynebacterium diphtheriae
of soms
C. ulcerans
[1]
of
C. pseudotuberculosis
.
[2]
Mense is die enigste bekende natuurlike gasheer vir
C. diphtheriae
.
C. ulcerans
en
C. pseudotuberculosis
is soonoses wat
mastitis
en
limfadenitis
by beeste veroorsaak.
[2]
Die bakteries is Gram-positief.
[3]
en produseer 'n gifstof. Dit is hierdie gifstof wat kan veroorsaak dat mense baie siek word.
Witseerkeelbakteriee versprei van persoon tot persoon, gewoonlik deur respiratoriese druppels, soos van hoes of nies. Mense kan ook siek word as hulle aan besmette oop sere raak. Diegene met 'n groter risiko om siek te word, sluit in:
[4]
- Mense in dieselfde huishouding
- Mense met 'n geskiedenis van gereelde, noue kontak met die pasient
- Mense wat direk blootgestel is aan afskeidings vanaf die vermoedelike infeksieplek (bv. mond, vel) van die pasient
Witseerkeel tas gewoonlik die slymvliese van die neus en keel aan.
[4]
Na infeksie, na 'n gewoonlik kort inkubasieperiode (2-5 dae), kan die vrystelling van die sitotoksien kenmerkende letsels op die aangetaste slymvliese (
mangels
, farinks, larinks,
neusslymvies
) of wonde veroorsaak. Obstruksie van die lugweg kan volg. Die gifstof, sodra dit geabsorbeer is, bereik ander organe en kan miokarditis, verlammende simptome en nefritis veroorsaak. By nie-geente individue, en veral as behoorlike behandeling vertraag word, kan dood in tot 10% van kliniese gevalle voorkom ten spyte van
antibiotika
en die gebruik van anti-sera, Witseerkeel word hoofsaaklik deur direkte projeksie (druppelverspreiding) oorgedra. Dit is voorkombaar deur inenting.
[1]
Dit is uiters seldsaam in die Verenigde State en ander ontwikkelde lande danksy wydverspreide inenting teen die siekte. Baie lande met beperkte gesondheidsorg- of inentingsopsies ervaar egter steeds hoe vlakke van witseerkeel.
Dit kan met medikasie behandel word, maar in gevorderde stadiums kan witseerkeel die hart, die senuweestelsel en die niere beskadig. Selfs met behandeling kan witseerkeel dodelik wees, veral by kinders. Een teken van witseerkeel is geswelde
kliere
(vergrote
limfknope
) in die nek.
[5]
In Suid-Afrika word witseerkeelbevattende entstof op 6, 10 en 14 weke en 18 maande (as een komponent van die seswaardige entstof) gratis aan alle kinders in openbare sektorfasiliteite aangebied. Hulpdosisse word aangebied op 6 en 12 jaar, en aan alle graad 5-leerders in openbare skole tydens die
Menslike papilloomvirus
(HPV) FV-inentingsveldtog. Witseerkeel is hierdeur 'n ongewone siekte in Suid-Afrika. Sedert die implementering van witseerkeelimmunisering in Suid-Afrika in die 1950's, is slegs sporadiese gevalle van witseerkeel, meestal waarby kinders onder die ouderdom van 15 jaar betrokke was, geidentifiseer en aangemeld. Maar af en toe kom uitbrake voor. Tussen Januarie 2008 en Maart 2015 is drie laboratorium-bevestigde gevalle van respiratoriese difterie aangemeld.
[2]
’n 19-Jarige manlike gevangene in
Pollsmoor
het op 28 Oktober 2023 witseerkeelsimptome opgedoen en is na die plaaslike hospitaal verwys vir verdere mediese sorg. Keeldeppers is dieselfde dag vir kultuurlaboratoriumtoetsing versamel en die resultate het vyf dae later (2 November) positief teruggekom. Ongelukkig het sy gesondheidstoestand aangehou om te versleg totdat hy op 5 November 2023 oorlede is.
[6]
Dit is ook in
Namibie
'n ongewone siekte. Die aantal gevalle in 2021 en 2022 was nul.
[7]
Die difterietoksien DT is 'n paradigma-toksien in die enkel-peptied AB-toksienfamilie. Dit bevat 'n
katalitiese
A-fragment, wat deur 'n disulfiedbinding aan 'n B-fragment gekoppel is wat translokasie- (T) en reseptor- (R)-bindende vermoens besit. Die N-terminus van die toksien bevat die katalitiese domein (C of A, wat uitruilbaar gebruik word), terwyl die C-terminus van DT die B-domein bevat. Dit word verder verdeel in die membraaninvoegende T- en R-domeine. DT word gekodeer deur die
tox
-
geen
en word deur die witseerkeelbakterie geproduseer. DT speel 'n sleutelrol in die voortgang van witseerkeelsiekte, wat 'n groot oorsaak was van
morbiditeit
en
mortaliteit
(5-17%) onder kinders, toe die entstof nog nie beskikbaar was nie.
[3]
Die gifstof DT is 'n lid van die ART-superfamilie, wat ADP-ribose van NAD+ na 'n teikenproteien oordra. Oor die algemeen teiken bakteriele ART 'n enkele aminosuur van 'n enkele proteien met hoe spesifisiteit, terwyl die teikenresidu verskil na gelang van die toksiene. Dit is in teenstelling met eukariotiese ART's wat dikwels veelvuldige proteienteikens verander en spesifiek
arginien
verander, eerder as ander aminosuurreste. Bakteriee se ART word in twee families verdeel, gebaseer op hul aminosuurreste wat belangrik is vir hul katalitiese aktiwiteit: bakteriele RSE- en HYE-ART. DT behoort aan die HYE-familie; ander lede in bakteriele HYE-ARTs is ExoA van
Pseudomonas aeruginosa
en die cholix-toksien van
V. cholera
. Hulle teiken slegs een post-translasie-gemodifiseerde aminosuur, diftamied. Dit is in teenstelling met lede in die bakteriese RSE-familie, wat 'n enkele aminosuurresidu op 'n enkele teikenproteien teiken wat, afhangende van die toksien,
sisteien
,
arginien
,
treonien
,
glutamien
of
asparagien
kan wees.
[3]
Witseerkeeltoksien word as 'n enkele polipeptiedketting van 535 aminosure deur die bakterie afgeskei. Die gifstof word bestudeer vir terapeutiese toepassing, veral teen breingewasse soos glioblastoma.
[8]
- ↑
1,0
1,1
"diphtheria: facts"
. ECDC (Europa).
- ↑
2,0
2,1
2,2
"Diphtheria"
(PDF)
. NICD.
- ↑
3,0
3,1
3,2
Jeongmin Song (2022).
Chapter Three - Bacterial AB toxins and host?microbe interactions; in: Advances in Microbial Physiology
. Vol. 81. Academic Press. pp. 67?109.
doi
:
10.1016/bs.ampbs.2022.06.002
.
ISBN
9780323989886
.
- ↑
4,0
4,1
"Causes-transmission"
. CDC (VSA).
- ↑
"diphtheria"
. Mayo clinic.
- ↑
"Diphtheria Outbreak disease in Western Cape"
. RSA regering.
- ↑
"Diphtheria reported cases"
. Knoema.
- ↑
V. Chandramohan, J.H. Sampson, I.H. Pastan, D.D. Bigner (2017).
Chapter 10 - Immunotoxin Therapy for Brain Tumors; in: Translational Immunotherapy of Brain Tumors
. Academic Press. pp. 227?260.
doi
:
10.1016/B978-0-12-802420-1.00010-7
.
ISBN
9780128024201
.
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (
link
)