in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie bladsy is vir voorstelle vir bladsy- en beeldverwydering en bespreking daarvan.
Artikels word vir 'n periode van twee weke hier gedebatteer. Die konsensus van die gemeenskap word op die 15de dag uitgevoer. Indien geen konsensus bereik is nie, word die artikels gehou. Sien asseblief die
Afrikaanse verwyderingsbeleid
of die
Engelse riglyne
vir probleme wat nie verwydering verg nie en hoe om hulle op te los.
- Let wel:
kandidate vir spoedige verwyderings
hoef nie hier gelys te word nie.
|
- Spring na:
- Plaas die sjabloon
{{Verwyderingskandidaat}}
bo-aan die genomineerde bladsy.
- Vir die nominering van sjablone: om die afbeelding van sjablone nie te affekteer nie, plaas die kennisgewing tussen noinclude-hakies, soos dit: <noinclude>{{verwyderingskandidaat}}</noinclude>.
- Noem in u wysigingsopsomming dat die bladsy vir verwydering genomineer is.
- Voeg die bladsy hier by
- Voeg die rede vir die nominasie by.
Die proses van nominasie is nie 'n geval van "die meerderheid wen" nie. Dit is teoreties gesproke moontlik dat die meerderheid gebruikers stem om 'n artikel te behou, terwyl dit moontlik 'n voorbeeld van
oorspronklike navorsing
is. In so 'n geval geniet die beleid voorkeur bo die gebruikers.
Daar word egter altyd gepoog om konsensus te bereik deur die probleme van die betrokke artikel of beeld te bespreek. Dit is ook belangrik om te noem indien 'n artikel of beeld nie 'n spesifieke beleid in ag neem nie. Sodoende kan persone wat teen die nominasie gekant is die gemelde probleme hersien en poog om dit op te klaar, indien moontlik. Persone wat teen nominasies gekant is of die nominasies ondersteun, moet ook hulle teenkantings/ondersteunings met duidelik bewoorde redes voorsien.
Gebruikers is welkom om die volgende sjablone te gebruik:
En administrateurs by uitvoering:
Indien u nie saamstem met die verwydering van 'n artikel nie kan u die saak hier bespreek. Maak egter seker dat u vertroud is met die redes waarom die artikel verwyder is en dat u die teendeel kan bewys. Dit is raadsaam om dan ook 'n skakel te plaas van die oorspronklik debat by
Wikipedia:Bladsyverwydering/Verwyder
, sodat ander gebruikers die oorspronklike redes vir nominasie en enige gesprek daaromtrent kan hersien.
Artikels kwalifiseer vir spoedige verwyder onder enige van die volgende redes:
- Spoedige verwyderings
- Artikel oor 'n regte persoon, organisasie, webblad of musikale opname wat nie aandui waarom die onderwerp van ensiklopediese belang is nie
- Besprekingsbladsy van 'n bladsy wat nie bestaan nie
- Bemarking
- Nonsens
- Duplikaat (bestaan reeds)
- Geen inhoud
- Geen konteks
- Inhoud in 'n ander taal
- Swak Afrikaans (reeds 2 weke+ nie vertaal of verbeter nie)
- Kopieregskending
- Knip-en-plak van ander Wikipedia
- Rekenaarvertaalde inhoud
- Skepping van reeds geskrapte materiaal
- Toetswysiging
- Vandalisme
- Spam
'n Artikel wat vir spoedige verwydering kwalifiseer, hoef nie hier vir verwydering genomineer te word nie. Plaas eenvoudig {{Skrap|rede}} bo-aan 'n betrokke artikel om dit vir spoedige verwydering te lys. 'n Gebruiker met skrapregte sal dit nagaan en indien hierdie gebruiker bepaal dat die artikel nie vir spoedige verwydering kwalifiseer nie, sal hy/sy die {{skrap}}-sjabloon van die bladsy verwyder en jou waarskynlik vra om dit hier vir verwydering te nomineer, sou jy steeds voel dat die artikel verwyder moet word. Jy kan ook in kennis gestel word van veranderinge tot enige bladsy deur dit by jou dophoulys te voeg: klik op die vyfpuntige ster tussen die knoppies "Wys geskiedenis" en "Meer" bo-aan die betrokke bladsy.
Administrateurs moet daarop let dat 'n bespreking oor die verwydering dalk ook op die betrokke artikel se besprekingsblad geplaas is.
Al die bronne is in 'n ander taal en feite kan nie geverifieer word nie. Ensiklopediese waarde is betwyfelbaar, bestaan nie in Engels nie en het duidelik sterk bemarking eienskappe. Voorgestel in
Geselshoekie
op 24 Januarie 2024.
Dit lyk of ?LG7854 besig was...
Thermofan
(
kontak
)
11:46, 16 Februarie 2024 (UTC)
[
antwoord
]
- Verwyder
Sobaka
(
kontak
)
11:57, 16 Februarie 2024 (UTC)
[
antwoord
]
- Uitgevoer
. As die artikel nie aandui waarom die onderwerp noemenswaardig is nie, dan kwalifiseer dit vir
Wikipedia:Spoedige verwydering
, en die sjabloon
{{Skrap}}
kan bo-aan die artikel geplaas word om dit onder die aandag van 'n administrateur te bring. ?
Pynappel
(
kontak
)
12:38, 16 Februarie 2024 (UTC)
[
antwoord
]
- Dankie. Waarder! Groete!
Oesjaar
(
kontak
)
13:45, 16 Februarie 2024 (UTC)
[
antwoord
]
- Observa la silla de terror
is na my mening deel van die bogenoemde beweging. Die video is nie 'n kortfilm nie, net 'n minuut lank, en is een van 'n miljoen ander soortgelyke maaksels. Die bronne is wel vandag bygevoeg, maar bleik steeds alles selfgegenereer, niks van enige hoofstroom media nie. Steeds niks in enige ander wiki's nie en die hoofresultaat vir 'n Google soektog is Af.Wikipedia self.
- Thermofan
(
kontak
)
07:32, 20 Februarie 2024 (UTC)
[
antwoord
]
- Verwyder
Jose Rafael Cordero Sanchez is besig om omvattende Wikidata teenwoordigheid rondom homself en sy projekte te skep. Behalwe nou vir hierdie artikel wat in elk geval onverstaanbaar is, kon ek geen ander artikels op enige anderstalige Wikipedia oor hom of sy projekte vind nie.
Sobaka
(
kontak
)
07:58, 20 Februarie 2024 (UTC)
[
antwoord
]
Die artikel moet liefs verdeel word in
landhoof
(reeds begin by
kaap
) en
baai
. ?
Pynappel
(
kontak
)
14:36, 19 Mei 2024 (UTC)
[
antwoord
]
- Myns insiens moet hierdie artikel herskryf word en die naam "Kuskenmerke". Die nuwe artikel sal op hoerskoolkinders gemik wees en sal kenmerke soos koppe, baaie, skiereilande ens definieer en sal die huidige artikel
skiereiland
insluit.
Martinvl
(
kontak
)
17:37, 19 Mei 2024 (UTC)
[
antwoord
]