in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wes-Duitsland
was die informele maar byna universeel gebruikte naam vir die
Bondsrepubliek Duitsland
(dikwels ook
Federale Republiek Duitsland
, in
Duits
:
Bundesrepublik Deutschland
) vanaf 1949 tot die hervereniging van
Duitsland
op 3 Oktober 1990 toe die
Duitse Demokratiese Republiek
by die geldingsgebied van die Wes-Duitse Grondwet (
Grundgesetz
) aangesluit het.
Die term
Wes-Duitsland
het daarnaas ook 'n suiwer geografiese betekenis, alhoewel dit moeilik is om dit vas af te baken. Deesdae word sy betekenis veral deur die interne Duitse grens gedefinieer waardeur Duitsland in 'n Wes- en 'n Oos-Duitse staat gedeel is. Historici verwys na hierdie tydperk as die "Republiek van Bonn" (
Bonner Republik
), na aanleiding van die tussenoorlogse
Republiek van Weimar
, terwyl die herenigde Duitsland "Berlynse Republiek" (
Berliner Republik
) genoem word.
[1]
Die term Republiek van Bonn vir Wes-Duitsland tussen 1949 en 1990 het gelyktydig met die term Berlynse Republiek of Republiek van Berlyn vir die opvolgende historiese tydperk ontstaan.
[2]
Die
analogie
met die term "Republiek van Weimar", wat net na die plek van die grondwet se ondertekening verwys, het sy oorsprong in die nuwe tradisie, waarvolgens die verskeie demokratiese republieke van Duitsland na die stede genoem word, waar die onderskeidelike regerings en parlemente vergader het.
[3]
Tot die hereniging van Duitsland was "tweede Republiek" (
zweite Republik
) 'n ander bekende term vir hierdie tydperk.
[4]
Na die Republiek van Weimar word dan ook as "eerste Republiek (
erste Republik
) verwys. Soms word na die tydperk tussen 1949 en 1990 ook as "ou Bondsrepubliek" (
alte Bundesrepublik
) verwys, ter onderskeiding van die herenigde Duitsland sedert 1990. Vir die vyf deelstate op die gebied van die voormalige Duitse Demokratiese Republik is vandag ook die term "nuwe deelstate" (
neue Bundeslander
) algemeen, vergelykbaar met "ou deelstate" (
alte Bundeslander
) vir die deelstate van Wes-Duitsland.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Deelstate van Duitsland
.
Sokker
was die gewildste
sportsoort
in Wes-Duitsland en die
Duitse sokkerbond
(
Deutscher Fußball-Bund
,
DFB
) het as gasheer van die
FIFA
se
Sokker-Wereldbekertoernooie in 1974
en die
UEFA Europa-beker
van 1988 opgetree. Die destydse
Wes-Duitse nasionale sokkerspan
het daarin geslag om drie keer die FIFA
Sokker-Wereldbeker
te kon wen:
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1954
in
Switserland
, FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1974 in Wes-Duitsland en
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1990
in
Italie
asook twee keer die UEFA Europa-beker (in 1972 en 1980). Die
Spele van die XXste Olimpiade
in
Munchen
was 'n ander groot sportbyeenkoms wat deur Wes-Duitsland aangebied is. Net voor die Olimpiese Somerspele in Munchen is die
XXIste Wereldspele van die verlamdes
in
Heidelberg
gehou.
- ↑
(
en
)
The Bonn Republic ? West German democracy, 1945?1990, Anthony James Nicholls, Longman, 1997
- ↑
(
de
)
Joannah Caborn (2006):
Schleichende Wende. Diskurse von Nation und Erinnerung bei der Konstituierung der Berliner Republik
, bo. 12.
- ↑
(
de
)
Frank Brunssen,
Das neue Selbstverstandnis der Berliner Republik
, Konigshausen & Neumann, Wurzburg 2005,
ISBN 3-8260-3003-6
,
bl. 19
.
- ↑
(
de
)
Wolfgang Benz, Michael F. Scholz,
Deutschland unter alliierter Besatzung 1945?1949. Die DDR 1949?1990
, in: Bruno Gebhardt,
Handbuch der deutschen Geschichte
, Band 22, 10de uitgawe, Klett-Cotta, 2009,
ISBN 978-3-608-60022-3
,
bl. 38
; Lowenthal/Schwarz (1974):
Die zweite Republik. 24 Jahre Bundesrepublik Deutschland ? eine Bilanz.