in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Walt Whitman Rostow
(*
7 Oktober
1916
in
New York Stad
; †
13 Februarie
2003
in
Austin
,
Texas
) was 'n
Amerikaanse
ekonoom
, ekonomiese historikus en in die tydperk tussen
1960
en
1969
'n Amerikaanse kabinetslid.
Walt Whitman Rostow is in 1916 as die seun van die Joods-Russiese immigrante Viktor Aaron en Lillian Rostow in New York gebore. Op die ouderdom van vyftien jaar het hy in
1932
die
high school
-eksamen in
New Haven
afgele en 'n beurs ontvang om aan die
Yale-universiteit
vir 'n graad in ekonomie en geskiedenis te studeer. In
1936
het Rostow 'n befaamde
Rhodes-beurs
ontvang wat hom in staat gestel het om van 1936 tot
1938
aan die
Universiteit van Oxford
te studeer. In 1940 het hy in Yale met sy dissertasie oor
British Trade Fluctuations, 1868?1896
sy doktersgraad behaal. In die volgende jaar was hy dosent in ekonomie aan die Columbia-universiteit.
Na die Verenigde State se toetrede tot die
Tweede Wereldoorlog
het Rostow 'n lid van die
Office of Strategic Services
onder die leiding van William Donovan geword. Na die oorlog was hy tussen
1946
en 1947 Harmsworth-professor vir geskiedenis in Oxford en in die volgende jare dosent aan die Columbia-universiteit en die
Massachusetts Institute of Technology (MIT)
.
In
1958
is Rostow as president
Dwight D. Eisenhower
se
spookskrywer
benoem. Tydens die presidensiele verkiesingsveldtog van die jaar 1960 het hy 'n lid van
John F. Kennedy
se span geword. Na Kennedy se verkiesing het Rostow by die MIT bedank en as veiligheidsraadgewer en later in die Amerikaanse
State Department
(Departement van Buitelandse Sake) as stafhoof van Politieke Beplanning gefungeer. In dieselfde jaar het ook sy opspraakwekkende werk
The Stages of Economic Growth: A Noncommunist Manifesto
verskyn wat 'n nuwe waardevolle bydrae tot die wetenskaplike debat oor ekonomiese moderniseringsmodelle gelewer.
Na die moord op Kennedy in November
1963
het hy sy werk onder die nuwe president
Lyndon B. Johnson
voortgesit. Aan die begin van die jaar 1966 is Rostow as Nasionale Veiligheidsraadgewer benoem en het hierdie amp tot by Januarie 1969 beklee. Hy is destyds in toenemende mate daarvan beskuldig dat hy een van hoofverantwoordelikes vir die eskalasie van die Vietnam-oorlog sou wees. Met die verkiesing van
Richard Nixon
as nuwe president in 1969 het Rostow uit die politiek bedank.
Aangesien die MIT geweier het om hom weer tot sy ou leerstoel toe te laat, het hy as Junior Professor
Emeritus
aan die Universiteit van Texas (Austin) se
Lyndon B. Johnson School of Public Affairs
begin werk. Hier het hy tot by sy afsterwe in 2003 lesings in ekonomie en geskiedenis gehou.
- Investment and the Great Depression
(1938), Econ History Review
- Essays on the British Economy of the Nineteenth Century
(1948)
- The Terms of Trade in Theory and Practice
(1950), Econ History Review
- The Historical Analysis of Terms of Trade
(1951), Econ History Review
- The Process of Economic Growth
(1952)
- The Dynamics of Soviet Society
(met ander outeurs), Norton and Co. 1953, slight update Anchor edition 1954
- Trends in the Allocation of Resources in Secular Growth
(1955), in: Dupriez (uitgewer), Economic Progress
- An American Policy in Asia
, met R.W. Hatch, (1955)
- The Take-Off into Self-Sustained Growth
(1956), EJ
- A Proposal: Key to an effective foreign policy
, met M. Millikan (1957)
- The Stages of Economic Growth
(1959), Econ History Review
- The Stages of Economic Growth: A non-communist manifesto
(1960)
- Politics and the Stages of Growth
(1971)
- How it All Began: Origins of the modern economy
(1975)
- The World Economy: History and prospect
(1978)
- Why the Poor Get Richer and the Rich Slow Down: Essays in the Marshallian long period
(1980)
- Theorists of Economic Growth from David Hume to the Present
(1990)