Die
Wereld- Ekonomiese Forum
(
(
en
)
World Economic Forum
? WEF) is 'n jaarlikse byeenkoms van die
hoof- uitvoerende beamptes
(HUBs) van die grootste maatskappye ter
wereld
, internasionale politici (
presidente
,
eerste ministers
en
ministers
), intellektuele en
joernaliste
, altesaam sowat 2 500 persone. Die WEF organiseer jaarliks in die
winter
'n jaarvergadering in
Davos
,
Switserland
, asook diverse streekskonferensies wereldwyd. Dit 'n invloedryke platform, aangesien die mees invloedryke persone, waaronder baie
staatshoofde
saamkom om die belangrikste hedendaagse en toekomstige wereldprobleme te bespreek.
Die WEF is in 1971 deur Klaus M. Schwab, 'n Switserse hoogleraar en sakeman, gestig. Die hoofkantoor is in
Geneve
gesetel, waar dit geregistreer is as 'n nie-winsgewende stigting. Ongeveer 400 personeellede van meer as 50 nasionaliteite is by die hoofkantoor werksaam.
Volgens die voorstanders van die WEF bied dit 'n ideale geleentheid vir dialoog en debatte oor die omvangryke sosiale en ekonomiese probleme van die wereld, omdat verteenwoordigers van die belangrikste ekonomiese organisasies, verteenwoordigers van die belangrikste politieke organisasies sowel as hoe vlak intellektuele teenwoordig is en omdat die gesprekke in 'n informele omgewing gehou word. Van die knelpunte waarop gefokus word sluit in die
verspreiding van rykdom
.
Volgens kritici is die WEF 'n besigheidsforum waar die rykste maatskappye kan onderhandel oor transaksies met ander maatskappye of met politici. Volgens hul is die doel van die WEF vir baie van die deelnemers slegs persoonlike gewin in plaas van die oplossing van sosiale wereldprobleme. Daarbenewens vind teenstanders dat die WEF 'n nie-demokratiese verkose, maar veel-te-magtige forum is. Om hierdie redes trek die byeenkomste van die WEF gereelde anti-globalistiese protes. As gevolg van die beperkte ruimte in die geboue in Davos en om redes van veiligheid is die byeenkoms nie vrylik toeganklik vir die publiek nie. Om interaksie te bevorder het die WEF die "
Open Forum
" gestig, om sodoende die insette van belanghebbendes te betrek in die debatte wat gevoer word. Almal wat nie self teenwoordig kan wees nie, kan via hierdie weg deelneem. Die weblog van die WEF bied inmiddels die moontlikheid om die sessies virtueel interaktief by te woon. Die afgelope jaar word steeds meer gebruik gemaak van
sosiale media
, soos
Twitter
,
Facebook
en
YouTube
.
In reaksie op kritiek werk die WEF daaraan om meer diversiteit na die byeenkomste te trek. Meer as die helfte van afgevaardigdes is afkomstig uit die sake omgewing. Die res was afkomstig uit media, regering, wetenskap, nie-winsgewende organisasies en ander sektore. Omdat 50% van die wereldbevolking tans onder die 27 jaar oud is, het die WEF 'n optrede-gerigte netwerk van "positiewe ontwrigters" opgestel; naamlik die
Global Shapers Community
. Vanuit hierdie gemeenskap is sedert 2012 minimaal 50 jong mense afgevaardig om vernuwende perspektiewe te bied in Davos. Tydens
2018
se WEF-byeenkoms het 26,5% van die bykans 3 000 deelnemers uit die VSA gekom, gevolg deur die VK met 9%. Deelnemers aan die 2018 byeenkomste het van altesame 119 lande gekom.
Om lid te wees van die WEF moet 'n maatskappy 'n jaarlikse bydrae van 42 500
switserse frank
(CHF) betaal. Vir diverse ander vorms van samewerking is die kostes nog hoer. Die aanwesige maatskappye dek hiermee indirek ook die koste vir deelnemers wat nie instaat is om hierdie hoe koste te betaal nie, soos verteenwoordigers van owerhede, nie-winsgewende organisasies, wetenskaplikes, die jonger geslag van "
Global Shapers
" (20-30 jaar oud ) en die "
Young Global Leaders
" (30-40 jaar oud).
Op elke vergadering van die WEF word
joernaliste
uitgenooi. Joernaliste is welkom tydens die amptelike agendapunte, en deel ook hierin. By die inligtingsaktiwiteite soos die informele werkswinkels en die privaatgesprekke, is geen joernaliste welkom nie.
Die WEF poog om dialoog met sy teenstanders te beforder. So is in 2004 'n skadubyeenkoms met as titel
Globalization or Deglobalization for the Benefit of the Poorest
? georganiseer waar 300 mense gratis toegang gekry het. As teenhanger van die WEF het die
World Social Forum
oftewel Wereld Sosiale Forum (WSF) ontstaan.
In die afgelope dekades het die WEF bygedra tot enkele mylpale en deurbrake. Daar is byvoorbeeld op die gebiede van gesondheidsorg, teen-korrupsie,
klimaatverandering
, maatskaplike verantwoordbaare ondernemings, hongerbestryding, humanitere hulpverlening, vryheid van spraak, die
Arabiese Lente
,
onderwys
, die ekonomiese krisis en verskeie ander temas werk gedoen. Die term '
Vierde Industriele Revolusie
' is in 2016 vir die eerste keer deur die WEF gebruik. 'n Oorsig van mylpale en deurbrake word bygehou op
http://www.weforum.org/history
.
Jaar
|
Datum
|
Tema
|
1988
|
|
The New State of the World Economy
|
1989
|
|
Key Developments in the 90s: Implications for Global Business
|
1990
|
|
Competitive Cooperation in a Decade of Turblenece
|
1991
|
|
The New Direction for Global Leadership
|
1992
|
|
Global Cooperation and Megacompetition
|
1993
|
|
Rallying all the forces for Global Recovery
|
1994
|
|
Redefining the Basic Assumptions of the World Economy
|
1995
|
|
Leadership for Challenges beyond Growth
|
1996
|
|
Sustaining Globalization
|
1997
|
|
Building the Network Society
|
1998
|
|
Managing Volatility and Priorities for the 21st Century
|
1999
|
|
Responsible Globality: Managing the impact of Globalization
|
2000
|
|
New Beginnings: Making a difference
|
2001
|
25-30 Januarie
|
Sustaining Growth and Bridging the Divides: A Framework for Our Global Future
|
2002
|
|
Leadership in Fragile Times
|
2003
|
|
Building Trust
|
2004
|
|
Partnering for Security and Prosperity
|
2005
|
26-30 Januarie
|
Taking Responsibility for Tough Choices
|
2006
|
25-29 Januarie
|
The Creative Imperative
|
2007
|
24-28 Januarie
|
Shaping the Global Agenda, The Shifting Power Equation
|
2008
|
23-27 Januarie
|
The Power of Collaborative Innovation
|
2009
|
|
Shaping the Post-Crisis World
|
2010
|
27-30 Januarie
|
Improve the State of the World: Rethink, Redesign, Rebuild
|
2011
|
|
Shared Norms for the New Reality
|
2012
|
25?29 Januarie
|
The Great Transformation: Shaping New Models
|
2013
|
23?27 Januarie
|
Resilient Dynamism
|
2014
|
22?25 Januarie
|
The Reshaping of the World: Consequences for Society, Politics and Business.
|
2015
|
21?24 Januarie
|
New global context
|
2016
|
20?23 Januarie
|
Mastering the Fourth Industrial Revolution
|
2017
|
17?20 Januarie
|
Responsive and Responsible Leadership
|
2018
|
23?26 Januarie
|
Creating a Shared Future in a Fractured World
|
2019
|
22?25 Januarie
|
Globalization 4.0: shaping a global architecture in the age of the fourth industrial revolution
|
2020
|
20?24 Januarie
|
Stakeholders for a cohesive and sustainable world
[1]
|
2021
|
17?20 Augustus
|
Gekanselleer as gevolg van die
Covid-19-pandemie
|
2022
|
22?26 Mei
|
Geskiedenis op 'n keerpunt: Regeringsbeleide en besigheidstrategiee
[2]
|