in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die naamwoord
volwassene
verwys na enige volgroeide
organisme
, alhoewel meestal na 'n
mens
: iedereen wat nie meer 'n
kind
of minderjarige is nie, en wat nou 'n
man
of 'n
vrou
is.
[1]
'n Volwassene kan wetlik 'n
kontrak
met 'n ander party sluit.
Die wetlike definisie van die aanvang van volwassenheid varieer tussen die ouderdomme 16 tot 21, afhangend van die streek. Sommige kulture in
Afrika
beskou die ouderdom van 13 as die aanvang van volwassenheid, maar die res van die
wereld
sien die individu op daardie ouderdom steeds as 'n
tiener
. Die mees algemene ouderdom is 18. 'n Paar uitsonderings is:
- 16:
Skotland
- 17:
Indonesie
- 19:
Suid-Korea
- 20:
Japan
Op hierdie bepaalde ouderdom verloor die nuwe volwassene se ouers die ouerlike regte en verantwoordelikhede rondom die persoon se versorging. Die nuwe volwassene beskik byvoorbeeld nou oor die reg om in die
huwelik
te tree, om te kan stem, om 'n voltydse
werk
te mag bekom, om
vuurwapens
aan te skaf (in lande waar dit wettig is), om te mag motorbestuur, om te rook en alkohol te drink, om
seks
te he, om te
dobbel
, om 'n
prostituut
te wees (in lande waar dit wettig is om dit te doen), en as
pornografiese
model of
akteur
op te tree. 'n Volwassene verkry ook die reg van toegang na feitlik alle gebeurlikhede of plekke, in teenstelling met 'n minderjarige wat weerhou kan word van toegang of omdat toegang gevaarlik kan wees vir die jong individu, of omdat die minderjarige skade kan veroorsaak (byvoorbeeld by 'n uitstalling van hoogs-breekbare items).
Eienskappe van 'n volwassene
[
wysig
|
wysig bron
]
Daar is sekere gedragskwaliteite benewens fisiese voorkoms wat volwassenheid simboliseer in die meeste kulture. Hierdie volwassenheid van
karakter
behels onder andere:
- Selfkontrole
- Stabiliteit
- Onafhanklikheid
- Erns
- Verantwoordelikheid
- Takt
- Uithouvermoe
- Ervaring
- Objektiwiteit
- ↑
HAT
, sien volwasse en volwassene.