'n
Vliegdekskip
is 'n soort
oorlogskip
wat ontwerp is om as 'n drywende lugbasis te dien. Dit laat 'n
lugmag
toe om 'n groter gebied te patrolleer, en om dieper in vyandige areas in te dring aangesien daar minder
tyd
en
brandstof
benodig word om by die teiken uit te kom.
Ander take wat vliegdekskepe verrig is die diens van
vliegtuie
en ander toerusting en die vervoer van soldate.
Samestelling van 'n vliegdekskip
[
wysig
|
wysig bron
]
Bo-op, gewoonlik aan die kant van die skip, is die
eiland
. Dit huisves die brug, vanwaar die skip beheer word, die beheerkamer, vanwaar die vliegtuigbewegings beheer word en baie toerusting bv. kommunikasie en
radars
. Daar is ook 'n beheertoring in die brug, net soos by 'n
lughawe
. Die eiland staan op die vliegdek. Die vliegdek word gebruik deur vliegtuie om te land en op te styg. Die vliegdek word ook goed gepantser vir beskerming van die skip. Op die vliegdek is 'n
stoomkatapult
, wat gebruik word om die vliegtuie te versnel wanneer hulle opstyg. Onder die vliegdek is die loodse waar die vliegtuie gestoor word wanneer hulle nie in gebruik is nie. Die vliegdekskip het tot drie hysers waarmee die vliegtuie na en van die vliegdek geneem word.
Binne, onder die vliegtuigloodse, is daar verskeie dekke vir die verblyf van die bemanning wat tot 5 000 groot kan wees. Op die onderste vlak is die enjinkamer. Daar is ook tenks vir bunkerolie vir die skip self, tenks vir vliegtuigbrandstof en tenks vir
drinkwater
. Daar moet ook voorsiening gemaak word vir stoorplek van rantsoene (voedsel) vir die bemanning, ammunisie en onderdele vir die vliegtuie en instandhouding van die skip self.
Daar kan tot 95 vliegtuie op die skip gestoor word.
Reeds voor die
Eerste Wereldoorlog
is daar met eksperimente begin met die opstyg van seevliegtuie vanaf skepe. Gedurende die Eerste Wereldoorlog verskyn die eerste skepe wat 'n paar vliegtuie kon saamneem. Hierdie moedervaartuie het seevliegtuie met 'n hyskraan aanboord gesit, waarna hulle weer met 'n hyskraan in die water geplaas is en dan van die water af opgestyg het. Vanaf 1918 was dit aanvanklik die Britte wat die opstyg- en landingstegniek op dekke ge-eksperimenteer het en die eerste vliegdekskepe gebou het. Kort daarna is hulle deur die Amerikaners en die Japanese gevolg. Laasgenoemde was veral geinteresseerd in hierdie soort skip. Die Japannese het ook die ontwikkeling van maretiemevliegtuie ernstig opgeneem.
Duitsland
het in 1935 sy eerste vliegdekskip, die
Graf Zeppelin
, begin, maar dit nooit voltooi nie. 'n Susterskip,
Flugzeugtrager B
, is nooit eers te water gelaat nie. Vanaf 1927 het Frankryk die
Bearn
gehad, 'n verboude slagskip vanaf 1914, wat hoofsaaklik 'n eksperimentele status gehad het. In 1940 is dit in
Martinique
geinterneer, in 1943 aan die
Vrye Franse
Magte oorhandig en as vervoerskip gebruik.
Tydens die Tweede Wereldoorlog
[
wysig
|
wysig bron
]
Die aanval vanaf Britse vliegdekskepe op die Italiaanse skeepshawe van
Tarente
en later die van die Japannese op
Pearl Harbor
het reeds die mag van die vlootlugwapen bewys. Vliegtuie het ook 'n groot rol gespeel in die jag van die Duitse slagskip
Bismarck
. Die sink van die Britse slagskip HMS
Repulse
en HMS
Prince of Wales
op 10 Desember 1941 was die einde van die tradisionele vlootgevegte wat met
kanonne
geveg is.
In twee opeenvolgende vlootgevegte, die
Slag van die Koraalsee
en die
Slag van Midway
in 1942, was daar nooit direkte kontak tussen die skepe van die strydende partye nie. Beide vlootgevegte is met vliegdekskepe geveg en was die keerpunt in die oorlog tussen
Japan
en die
Verenigde State
. Tydens die laaste vlootgeveg is vier Japanese vliegdekskepe deur Amerikaanse vliegtuie gesink.
Omdat die belang van vliegdekskepe so groot was, is baie handelskepe,
kruisers
en slagskepe gedurende die oorlog in vliegdekskepe omgeskakel. Die
Britse Vloot
het aanvanklik ongeveer twintig handelskepe van 'n vliegdek en 'n klein vliegtuigloods vir drie tot vier vliegtuie voorsien. Dit was die Merchant Aircraft Carriers (MAC) wat aangehou het om onder die burgerlike vlag te seil. Later is handelskepe heeltemal herbou tot vliegdekskepe en het tot die einde van die oorlog onder die vlag van die vloot as konvooibegeleiers gevaar. Weens die gebrek aan 'regte' vliegdekskepe en die traagheid waarmee die snelbouprogramme skepe geloods het, is hierdie skepe op alle groot fronte ontplooi. Aan die einde van die
Tweede Wereldoorlog
het die Britte ongeveer vyftig vliegdekskepe in gebruik gehad en die Amerikaners ongeveer 100.
Verskeie bouprogramme vir nuwe vliegdekskepe is in sowel die Verenigde Koninkryk as die VSA van stapel gestuur. Kort voor die oorlog het die Britte reeds die Illustrious-klas (6 skepe) begin bou en tydens die oorlog het die Britse Vloot die bou van die Kolossus (10 skepe), Majestic (6), Centaur (8), Audacious (4) en Gibraltar (3) -klasse aangevra. Die
Amerikaanse Vloot
het die klasse
Essex
(24 skepe) en Midway (3) gebou en het planne gehad vir die Amerikaanse super-vliegdekskepe. In 1949, vyf dae nadat die eerste skip se kiel gele het, is hierdie projek egter gekanselleer.
Na die Tweede Wereldoorlog
[
wysig
|
wysig bron
]
Oortuig van die belangrikheid van vliegdekskepe, het verskillende lande sulke skepe na die Tweede Wereldoorlog begin gebruik:
Kanada
(1946-1970),
Australie
(1948-1982),
Nederland
(1946-1968),
Argentinie
(1958-1985),
Frankryk
(1945) ,
Spanje
(1967),
Brasilie
(1956) en
Indie
(1957). Gewoonlik is daar surplus Britse of Amerikaanse skepe aangekoop. Die vier eersgenoemde lande het sedertdien hul vliegdekskepe onttrek aan diens.
Spanje het in 1988 'n vliegdekskip met sy eie ontwerp (
Principe de Asturias
) in gebruik geneem om die oorspronklike (
Dedalo
) te vervang. Brasilie en Indie het hul ou skepe vervang met die voormalige Franse
Foch
(wat nou vaar as
Sao Paulo
) en die Britse (HMS
Hermes
, wat nou as
Viraat
vaar). Indie sal die skip binne enkele jare vervang met 'n eie ontwerpskip wat in 2005 te water gelaat is.
Sedert 1985 en 1997 het
Italie
(
Giuseppe Garibaldi
) en
Thailand
(
Chakri Naruebet
) ook hul eerste vliegdekskip bekom. Die
Chakri Nareubet
is in Spanje gebou volgens die verminderde ontwerp van die
Principe de Asturias
. Die
Volksrepubliek China
het sedert 2012 sy eerste vliegdekskip (
Liaoning
) in gebruik, 'n opgeknapte Sowjet-model.
Die
Sowjetunie
het sy eerste vliegdekskip eers laat begin gebruik: omstreeks die middel van die sewentigerjare. Anders as wat gebruiklik was, het hierdie tipe geen lanseerder of
vangkabels
(wat nodig is vir landing) nie en was beperk tot vertikale opstyg- en landingvliegtuie In hierdie opsig het die Sowjet-skepe die meeste ooreengekom met die Britse vliegdekskepe van die Invincible-klas. Hulle het hulself hiervan (en ook van ander vliegdekskepe) onderskei deur hul groot arsenaal van verskillende soorte
missiele
. Aan die einde van die
Koue Oorlog
het die Sowjet-vliegdekskipprogram ook beeindig: bestaande eenhede is verkoop of geskrap en skepe wat onder konstruksie was, is nooit voltooi nie. Een skip, die
Admiraal Koeznetsof
, die enigste skip in die Admiraal Koeznetsof-klas, word steeds gebruik vir vlagvertoon. Daar was jare lank planne om 'n nuwe generasie vliegdekskepe te bou, twee vir die Noordelike Vloot en twee vir die Stille Oseaanvloot. Die produksie hiervan sou in 2010 begin het en binne 6 jaar voltooi moet wees. Hierdie ontwikkeling het nog nie teen 2016 begin nie.
Die Britse Vloot het in die sestigerjare planne beraam vir 'n vliegdekskip wat in grootte vergelykbaar is met die Amerikaanse Forrestal-klas wat die te kleiner skepe van die Centaur-klas en die Audacious-klas sou vervang. As gevolg van besnoeiings in die begroting, is die planne egter 'n paar keer verander, en wat oorgebly het, was 'n ontwerp vir 'n klein (16 000 ton) vliegdekskip wat hoofsaaklik vir anti-duikboot-helikopters gebruik sou word. Die gewone hanteringsmetodes vir vegvliegtuie, soos vangkabels en lanseertoerusting, het by hierdie skip ontbreek. Met 'n variant van die
Harrier-vegvliegtuig
kon die skip wel tog lugverdedigingstake op 'n beperkte skaal verrig. Vanaf 1981 is drie skepe van hierdie Invincible-klas in gebruik geneem. As gevolg van 'n laat ontwerpverandering, naamlik die toevoeging van 'n sogenaamde ski-sprong, het die bruikbaarheid van die Harriers toegeneem. Die Invincible, waaronder die ski-sprong, het gedien as 'n model vir die vliegdekskepe van Spanje, Thailand en Italie en het ook die nuutste Indiese ontwerp beinvloed. Die Britse Vloot beplan om die Invincible-klas teen 2020 deur twee vliegdekskepe van die Queen Elizabeth-klas te vervang.
Vliegdekskepe van die
Amerikaanse Vloot
is baie groter as in ander lande en kan tot 100 vliegtuie aan boord vervoer. In 1961 het die Amerikaanse vloot sy eerste kernaangedrewe vliegdekskip (
USS Enterprise (CVN-65)
) te water gelaat. Vanaf 1970 is alle nuwe VSA vliegdekskepe kernkrag aangedrewe. Slegs Frankryk het dit gewaag om 'n kernaangedrewe vliegdekskip te bou (
MN
Charles de Gaulle
) (2001). Die voordeel van kernaandrywing is dat die skip feitlik onbepaald kan vaar ? sonder om brandstof op te neem. Dit kan in 'n oorlog baie belangrik wees.
Vanaf die 1960's het klein vliegdekskepe vir amfibiese oorlogvoering verskyn. Dit sluit nie hoekdekke, lanseerders en vangkabels in nie. Dit is beperk tot die gebruik van (vervoer)
helikopters
. Hulle bied egter akkommodasie vir 'n bataljon mariniers. Die gebruik van vertikale opstyg- en landingvliegtuie (van die Harrier-tipe) gee hierdie skepe egter ekstra opsies. In die vroee 1960's het Groot-Brittanje vir die eerste keer twee skepe van die Centaur-klas ingerig en dit 'kommandodraers' genoem. Omstreeks 1970 is hulle weer uit diens geneem. Die Amerikaanse vloot het eers die Iwo Jima-klas in die 1960's vir hierdie doel gebou en eers die Tawara en later die Wasp-klas uit die 1970's. Die VSA het vandag 'n dosyn van hierdie soorte skepe. Die Verenigde Koninkryk het die
HMS Ocean
sedert 1998. Frankryk het twee skepe en Spanje het bouplanne.
- Ader, Clement
.
Military Aviation
, 1909, Edited and translated by Lee Kennett, Air University Press, Maxwell Air Force Base, Alabama, 2003,
ISBN 978-1-58566-118-3
.
- Chesneau, Roger.
Aircraft Carriers of the Word, 1914 to the Present: An Illustrated Encyclopedia
. Naval Institute Press, 1984.
- Francillon, Rene J,
Tonkin Gulf Yacht Club US Carrier Operations off Vietnam
, 1988,
ISBN 978-0-87021-696-1
.
- Friedman, Norman (1983).
U.S. Aircraft Carriers: An Illustrated Design History
(in Engels). Naval Institute Press.
ISBN
9780870217395
.
- Friedman, Norman.
British Carrier Aviation: The Evolution of the Ships and Their Aircraft
. Conway Maritime Press, 1988.
- Hone, Thomas C., Norman Friedman, and Mark D. Mandeles. "Innovation in Carrier Aviation",
Naval War College Newport Papers
(no. 37, 2011), 1?171.
- Melhorn, Charles M.
Two-Block Fox: The Rise of the Aircraft Carrier, 1911?1929
. Naval Institute Press, 1974.
- Nordeen, Lon,
Air Warfare in the Missile Age
, 1985,
ISBN 978-1-58834-083-2
.
- Polak, Christian (2005).
Sabre et Pinceau: Par d'autres Francais au Japon. 1872?1960
(in Frans). Hiroshi Ueki (植木 浩), Philippe Pons, foreword; 筆と刀?日本の中のもうひとつのフランス (1872?1960). ed. L'Harmattan.
- Polmar, Norman.
Aircraft Carriers: A History of Carrier Aviation and its Influence on World Events, 1901?2006
. (two vols.) Potomac Books, 2006.
- Sturtivant, Ray (1990).
British Naval Aviation, The Fleet Air Arm, 1917?1990
. London: Arm & Armour Press.
ISBN
0-85368-938-5
.
- Till, Geoffrey. "Adopting the Aircraft Carrier: The British, Japanese, and American Case Studies" in Murray, Williamson; Millet, Allan R, eds.
Military Innovation in the Interwar Period
. Cambridge University Press, 1996.
- Trimble, William F.
Admiral William A. Moffett: Architect of Naval Aviation
. Smithsonian Institution Press, 1994.
- Wadle, Ryan David.
United States navy fleet problems and the development of carrier aviation, 1929?1933
. PhD dissertation Texas A&M University, 2005.
online
.