Die Victoria & Alfred Waterfront is gelee tussen Robbeneiland en Tafelberg in die hart van Kaapstad se werkende hawe , en is een van die gewildste bestemmings in Suid-Afrika. Met die manjifieke see- en berguitsigte aan beide kante, uitstekende winkels en vermaaklikheid asook wereldklas-hotelle vorm dit ook 'n bedrywige handelsgebied met unieke kantoorruimte en luukse woonstelle in die residensiele marina.
Koordinate : 33°54′22″S 18°25′13″O / 33.90611°S 18.42028°O / -33.90611; 18.42028