Die
Amerikaanse Gewapende Magte
(
Engels
:
United States Armed Forces
) is die gewapende magte (of weermag) van die
Verenigde State van Amerika
. Dit bestaan uit die
Amerikaanse Leer
,
Amerikaanse Vloot
,
Amerikaanse Marinierskorps
,
Amerikaanse Lugmag
,
Amerikaanse Ruimtemag
en die
Amerikaanse Kuswag
.
Amerika het 'n sterk tradisie van siviele beheer oor hul weermag. Die
President
is die weermag se opperhoof, en help om militere beleid te vorm saam met die
Verenigde State se Departement van Verdediging
(DoD). Die DoD se hoof is die V.S. Sekretaris van Verdediging, wat 'n siviele persoon en kabinetslid is. Die Sekretaris van Verdediging is tweede-in-bevel van alle militere magte, net na die President, en dien as die hoofassistent van die President in alle verdedigingsake.
Die gewapende magte van die Verenigde State van Amerika is 'n belangrike instrument in die handhawing van die
buitelandse beleid
van die Verenigde State van Amerika en die globale posisie van die land is van kardinale belang. Die weermag is reeds vir dekades die beste toegerus, en na die
Volksbevrydingsleer
van die
Volksrepubliek China
, die tweede grootste militere mag (personeelgewys) in die wereld.
Personeel in elke gevegskomponent
[
wysig
|
wysig bron
]
Komponent
|
Militer
|
Onderoffisiere
|
Offisiere
|
Manlik
|
Vroulik
|
Siviel
|
Amerikaanse Leer
|
471 513
|
376 206
|
90 785
|
465 784
|
69 345
|
299 644
|
Amerikaanse Marinierskorps
|
184 427
|
163 092
|
21 335
|
181 845
|
15 4551
|
20 484
|
Amerikaanse Vloot
|
325 802
|
267 286
|
54 114
|
265 852
|
62 168
|
179 293
|
Amerikaanse Lugmag
|
320 811
|
255 605
|
61 054
|
270 462
|
50 750
|
174 754
|
Amerikaanse Kuswag
|
42 042
|
32 782
|
8 239
|
|
|
|
Amerikaanse Ruimtemag
|
2 501
|
2 411
|
90
|
|
|
|
Totaal aktief
|
1 347 106
|
1 137 916
|
236 826
|
1 219 510
|
210 485
|
681 232
|
Amerikaanse Nasionale Leerwag
|
336 879
|
291 865
|
45 014
|
|
|
|
Amerikaanse Reserwe Leer
|
190 699
|
153 064
|
37 635
|
|
|
|
Amerikaanse Reserwe Marinierskorps
|
38 473
|
34 079
|
4 394
|
|
|
|
Amerikaanse Reserwe Vloot
|
57 650
|
43 596
|
14 054
|
|
|
|
Amerikaanse Nasionale Lugwag
|
106 549
|
91 274
|
15 275
|
|
|
|
Amerikaanse Reserwe Lugmag
|
68 216
|
54 658
|
13 558
|
|
|
|
Amerikaanse Reserwe Kuswag
|
6 142
|
5 086
|
1 056
|
|
|
|
Totale Reserwemagte
|
807 562
|
673 622
|
130 986
|
|
|
|
Ander DoD Personeel
|
|
|
|
|
|
108 833
|
Die ses takke van die gewapende magte beskik oor meer as 1,3 miljoen aktiewe soldate en byna 1,1 miljoen reserviste, wat in die geval van oorlog aangevul word deur die Kuswag. Hulle beskik ook oor meer as 681,000 burgerlike werknemers.
[3]
Die oudste deel is die leer, wat in 1775 gestig is, en die mees onlangse is die Ruimtemag, wat in 2019 onafhanklik geword het.
Volgens onafhanklike bronne en navorsing is bevind dat die Gewapende Magte van die Verenigde State van Amerika die sterkste ter wereld sou wees. Hierdie impak is gebaseer op die jaarlikse grootste militere begroting (vergelyking: VSA: meer as VS$ 554 miljard, Duitsland: VS$ 46 miljard) in die wereld, waarvan die grootste deel gaan vir opleiding, inligtingvloei, netwerking, toerusting en navorsing. Die begroting was in die begrotingsjaar 2013 ongeveer VS$ 554,2 miljard (sowat 4% van die totale BBP).
[4]
Baanbrekerswerk in tegniese innovasies en personeel-ontwikkelingsprogramme in die Amerikaanse Weermag word met NAVO-lede en sy bondgenote gedeel, waarvan die VSA en Verenigde Koninkryk die belangrikste lede is.
[5]
Organisatories is die V.S. Gewapende Magte 'n omskakeling van 'n gelokaliseerde burgermag (geskoei op die Engelse model) tot 'n gesentraliseerde professionele weermag, ook deur herhaalde gevalle van diensplig, en vandag besit dit kenmerke van al drie hierdie werwingsmetodes. Die slaankrag van die Verenigde State se militere mag was altyd gerig op die belangrikheid wat die Verenigde State van Amerika heg aan buitelandse beleid, sodat gevegsmagte en diplomasie 'n parallelle ontwikkeling ondergaan. Hierdeur was die militere mag oor dekades lank verantwoordelik vir beide ingryping in die buiteland, en as afskrikmiddel; sedert die land se opkoms as 'n supermoondheid en die handhawing van hierdie status tydens die Koue Oorlog met die Sowjetunie. Benewens die wereldwye ineenstorting van staatstrukture na die militere ingryping deur die Verenigde State, is daar ook die voorkoms van
asimmetriese oorlogvoering
wat die taktiese Amerikaanse magte bevoordeel tydens strategiese uitdagings.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die
Duitse Wikipedia
vertaal.
|
|