in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
USS Scorpion (SSN-589)
Die
USS Scorpion
was 'n
Skipjack-klas duikboot
van die
Amerikaanse Vloot
wat na 'n moontlike ongeluk aan boord op 22 Mei 1968 gesink het.
Gedurende April 1968 was die
Scorpion
besig om saam met die Sesde Vloot aan 'n teenduikboot-oefening in die
Middellandse See
deel te neem. Die
duikboot
is skielik aan die oefening onttrek en na die
Kanariese Eilande
gestuur om Sowjet-aktiwiteite daar te ondersoek. Na drie dae het die
Scorpion
niks verdag opgemerk nie en is beveel om terug te keer na sy tuisbasis op 21 Mei 1968. Ses dae later is aangekondig dat die duikboot nog nie tuis gerapporteer het nie en as vermis aangegee word. 'n Reuse ondersoek is geloods maar op die 5de Junie is aanvaar dat die
Scorpion
verlore is saam met sy bemanning van 99.
Teen die einde van Oktober 1968 is die romp van die
Scorpion
deur 'n Amerikaanse Vloot oseaniese navorsingskip opgespoor op 'n diepte van 3 048 m ongeveer 644 km vanaf die
Asore
. Alhoewel die duikboot gesink het na die instelling van die SubSafe-program van die Amerikaanse Vloot was die
Scorpion
nooit gesertifiseer as deel van die program nie. Daar kon nooit vasgestel word wat die duikboot laat sink het nie alhoewel daar 'n paar teoriee bestaan.
- The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines
, Bernard Ireland en John Parker, 2015,
ISBN 978-0-85723-601-2