Trondheim
(
Noors
: [?tr??nːjæm],
luister
(
hulp
·
inligting
)
;
Suid-Samies
:
Traante
; voorheen:
Kaupangen
,
Nidaros
en
Trondhjem
) is die derde grootste stad in
Noorwee
na
Oslo
en
Bergen
met 'n oppervlakte van 321,81 vierkante kilometer en 'n bevolking van 212 660 (soos op 31 Desember 2022). Trondheim le op 'n
skiereiland
aan die monding van die Nidelv-rivier in die
Trondheimsfjord
, sowat 70 kilometer van die oop see af, in die provinsie (
fylke
)
Trøndelag
en vorm 'n stedelike munisipaliteit (
kommune
).
Trondheim is in die jaar 997 deur die
Wiking
-koning Olav I Tryggvason gestig en het sy bloeitydperk as kroningsstad en belangrikste setel van Noorwee se konings in die Hoe Middeleeue beleef. Tussen 1030 en 1217 was Trondheim ook die
hoofstad
van Noorwee. As gevolg van
pesepidemiee
, waaraan twee derdes van die bevolking beswyk het, het Trondheim sy leidende politieke rol in die Laat Middeleeue kwytgeraak, en die stadsgebied het tot 'n klein strepie langs die rivieroewer gekrimp.
Trondheim het nogtans 'n beduidende handelsentrum vir
vis
en
hout
gebly. Na 'n brandramp in 1681 is die stadsentrum deur koning
Christiaan V
volgens 'n roosterpatroon herbou en van bree strate voorsien. Die koning het
Versailles
in
Frankryk
as sy voorbeeld geneem, en sodoende is die strate in Trondheim se middestad straalvormig vanaf die sentrale markplein aangele.
Vanwee sy ligging by die monding van die Nidrivier (
Noors
:
Nidelva
) het die stad aanvanklik bekend gestaan as Nidaros (letterlik "Stad by die Nidmonding"). By die stigting van die aartsbisdom Nidaros in 1152 het 'n foutiewe vertaling daartoe gelei dat die stad in die
Vatikaan
as
Trundum (Trundensis)
gelys is. Hierdie fout is deur Eirik Ivarsson reggestel en sedert 1192 is die stad sowel in Noorwee asook in
Rome
"Nidaros" genoem. Die naam het later om verskillende redes ongebruiklik geraak, veral aangesien die aartsbiskopsetel in 1537 opgehef is, maar is nog in die 17de en 18de eeu gebruik.
Trondheim(en) was oorsponklik die naam van die agt provinsies in die gebied (die huidige Trøndelag). In die laat
Middeleeue
is die naam
Kaupangen i Trondheimen
, wat eintlik na die handelsplek in Trøndelag verwys het, ook as stadsnaam gebruik, en die afkorting Trondheimen het naas Nidaros gebruiklik geword. Tydens die politieke unie met
Denemarke
is die naam verdeens tot Trondhjem, terwyl die gebied
Trondheims len
as
Trondhjems len
bekend gestaan het.
In die periode tussen 1925 en 1930 het die vernoorsing van verskeie plekname die taalkundige nasionalisme ingelui wat in die vroee 20ste eeu in Noorwee posgevat het en waartydens Noorse name soos
Oslo
(1925), Halden (1927) en Stavern (1930) ingevoer is. Volgens 'n wet, wat op 14 Junie 1929 afgekondig is, is die naam van Trondhjem op 1 Januarie 1930 amptelik gewysig tot Nidaros, alhoewel tydens 'n vroeere referendum in 1928 'n meerderheid van 17 163 inwoners teen die wysiging gestem het, terwyl slegs 1 508 kiesers dit goedgekeur het. Die plaaslike bevolking en die stadsraad het gevoel dat hulle met die naamwysiging oorrompel is en protes teen die besluit het nie op hom laat wag nie.
Na 'n uitputtende naamstryd is die saak opnuut na die Storting, die Noorse
parlement
, geneem, en uiteindelik is 'n kompromis aangegaan: Volgens 'n wet, wat op 6 Maart 1931 afgekondig is, is die naam
Trondheim
ingevoer, 'n vernoorste alternatief wat deur Ivar Lykke, 'n plaaslike koopman, minister (1926?1928) en parlementslid (1915?1935) voorgestel is.
Trannhjæm (-em)
is 'n uitspraakvariant van die stadsnaam wat nog dikwels gebruik word, onder meer deur verenigings en sakeondernemings. In
Suid-Samies
staan Trondheim as
Traante
bekend. Trondheim is daarnaas een van min Noorse stede waarvoor vroeer 'n
Duitse
skryfwyse bestaan het:
Drontheim
, 'n variant wat na 1945 ongebruiklik geraak het.