in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Trinity
was die kodenaam vir die eerste ontploffing van 'n
kernwapen
. Die toets is op 16 Julie 1945 om 05:29 deur die
Amerikaanse Weermag
uitgevoer as deel van die
Manhattan-projek
. Dit het plaasgevind in die Jornada del Muerto-woestyn, ongeveer 56 km suidoos van Socorro,
Nieu-Mexiko
. Die plek was toe bekend as die
USAAF Alamogordo Bombing and Gunnery Range
, tans deel van die White Sands-missieltoetsterrein. Die enigste geboue destyds was die
McDonald Ranch House
en sy aanvullende geboue wat deur die wetenskaplikes gebruik is as 'n laboratorium om komponente van die bom te toets. 'n Basiskamp is opgerig en daar was 425 mense teenwoordig tydens die naweek van die toets.
Die kodenaam "Trinity" is toegeken deur
J. Robert Oppenheimer
, direkteur van die Los Alamos-laboratorium; dit is geinspireer deur die poesie van John Donne. Die toets is gedoen met 'n inploffingstipe ontwerp wat
plutonium
gebruik het met die bynaam
The Gadget
. Dit was dieselfde ontwerp as wat gebruik is vir die
Fat Man
-bom wat op 9 Augustus 1945 oor
Nagasaki
laat ontplof is. Die ontwerp was kompleks en het 'n groot poging van die Los Alamos-laboratorium geverg, en die onsekerheid of die ontwerp sou werk of nie het gelei tot die besluit om eers 'n toetsontploffing te laat plaasvind. Die toets is deur Kenneth Bainbridge beplan en bestuur.
Die vrees vir 'n swak ontploffing (geen kernreaksie nie) het tot gevolg gehad dat 'n staalhouer, genaamd Jumbo, ontwerp is waarin die plutonium geplaas kon word sodat dit later herwin kon word ingeval die kernreaksie glad nie plaasvind nie. Jumbo is toe nie gebruik nie. 'n "Kleedrepetisie" is op 7 Mei 1945 gehou waar 108
ton
plofstof, behandel met
radiaktiewe
isotope
, ontplof is. Die Trinity-bom het energie gelykstaande aan 22 kiloton TNT vrygestel. Van die waarnemers was
Vannevar Bush
, James Chadwick, James Conant, generaal Thomas Farrell,
Enrico Fermi
,
Richard Feynman
,
Leslie Groves
,
Robert Oppenheimer
, Geoffrey Taylor, Richard Tolman en John von Neumann.
Die toetsterrein is in 1965 tot 'n Nasionale Historiese Landmerk verklaar en die volgende jaar op die
National Register of Historic Places
gelys.
|
---|
|
Terreine
| | |
---|
Administrateurs
| |
---|
Wetenskaplikes
| |
---|
Operasies
| |
---|
Wapens
| |
---|
Verwante onderwerpe
| |
---|
|