in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Marcus Ulpius Traianus
(* 18 September 53 moontlik in Italica of in
Rome
; † 8 Augustus 117 in Selinus, Kilikie), algemeen bekend as Trajanus, het tussen 98 en 117 as Romeinse
keiser
regeer. Trajanus, die eerste Romeinse keiser wat uit 'n provinsie afkomstig was, word in die Romeinse geskiedskrywing, wat tradisioneel deur senatore opgeteken is, as die beste Romeinse heerser of
princeps
(
optimus princeps
) beskryf. Volgens die Romeinse geskiedskrywer
Tacitus
het met Trajanus se troonbestyging 'n goue tydperk (
beatissimum saeculum
) begin. Sy binnelandse beleid is gekenmerk deur sosiale maatreels en groot boubedrywighede en was veral daarop gemik om
Italie
se posisie binne die strukture van die ryk te versterk en die Romanisering van die provinsies te bevorder.
Die
Romeinse Ryk
in sy grootste uitbreiding onder keiser Trajanus in 117
Die Forum van Trajanus (Latyn:
Forum Traiani
) te Rome, die grootste (en bes bewaarde) van alle keiserlike fora wat in 107 begin is, is die grootste argitektoniese nalatenskap van Trajanus. Hy kon die kompleks se inwyding in 143 nie meer beleef nie. Na die keiser se onverwagte afsterwe in 117 is die projek deur sy opvolger Hadrianus voortgesit en aan Trajanus en sy vrou Plotina gewy. Bestaande uit 'n reusagtige basiliek, twee biblioteke, markte en winkelgeriewe asook 'n groot tempel, is dit in die 2de eeu n.C. as argitektoniese wonder beskou
Na 'n periode van vervolgings en teregstellings van Romeinse senatore laat in die regeringstyd van
Domitianus
en die einde van die Flaviese geslagslyn het Trajanus saam met sy voorganger Nerva die tradisie van adoptiefkeisers begin. Onder die heerskappy van Trajanus het die
Romeinse Ryk
in 116 n.C. met die verowering van
Armenie
,
Mesopotamie
en veral die Dakiese Ryk sy grootste omvang ooit bereik. Trajanus het as keiser blykbaar moeite gedoen om bewys te lewer vir sy daadkrag en sy vermoe om Rome se magsfeer uit te brei.
Met groot militere vernuf het hy 'n reeks veldtogte gevoer, die Dakiese Ryk (gelee in die huidige
Roemenie
) verower, en in die suidooste teen die
Partiers
te velde te trek. Sy militere oorwinnings was die opspraakwekkendste Romeinse suksesverhale sedert die afsterwe van Augustus in 14 n.C. wat die Romeinse invloedsfeer tot Mesopotamie uitgebrei het. Nogtans het hierdie sukses geblyk om net van kort duur te wees. Die Romeine het nie oor die finansiele middele en legioene beskik wat nodig was om alle verowerde gebiede te beheer en die ryksgrense te beskerm nie. Opstande in Sirie en Mesopotamie (in die gebied van die huidige Irak) moes neergeslaan word, terwyl tegelykertyd onluste onder die Joodse bevolking in Noord-Afrika en Egipte uitgebreek het.
Die bestryding van die onluste was 'n militere en fisiese uitdaging vir Trajanus. Die Romeine het swaar verliese gely. Aangetas deur 'n siekte, was Trajanus uiteindelik genoodsaak om na Rome terug te keer, soos die historikus
Cassius Dio
later sou berig. Na 'n bewind van 19 jaar is keiser Trajanus op 8 Augustus 117 in Selinus, 'n Kilikiese nedersetting aan die suidkus van Klein-Asie, oorlede. Die Romeinse Senaat het sy
Optimus Princeps
met 'n triomftog gevier. In die volgende eeue het Romeinse senatore nuwe heersers met die uitroep
Felicior Augusto, melior Traiano
gekroon - "Mag meer geluk aan jou beskore wees as aan Augustus, en mag jy 'n beter heerser wees as Trajanus."