Republiek van Tiwa
Тыва Республика
|
|
Die ligging van Tiwa in Rusland.
|
Politieke status
|
Land
|
Russiese Federasie
|
Federale distrik
|
Siberie
|
Ekonomiese streek
|
Oos-Siberie
|
Stigting
|
13 Oktober
1944
|
Regering
|
Hoofstad
|
Kizil
|
Leier
|
Sjolban Kara-ool
|
Amp
|
President
|
Wetgewer
|
Groot Choeral
|
Bevolking
|
Sensus
|
2010
|
Totaal
|
307 930
|
Volgorde
|
77ste
|
Digtheid
|
1,81/km²
|
Stedelik
|
53,1%
|
Plattelands
|
46,9%
|
Statistiek
|
Oppervlakte
|
170 500 km²
|
Volgorde
|
21ste
|
Tydsone
|
UTC+08:00
|
Registrasienommer
|
17
|
Amptelike tale
|
Russies
,
Tiwaans
|
Webtuiste
|
http://gov.tuva.ru/
|
Wapen en vlag
|
|
|
Tiwa
, voorheen
Toewa
(
Russies
: Республика Тува; Республика Тыва;
Tiwaans
: Тыва Республика), is ’n
outonome republiek
in die
Russiese Federasie
. Die yl bevolkte gebied le in die suidweste van
Siberie
noord van
Mongolie
. In die weste grens Tiwa aan die
Republiek Altai
, in die noorde aan die
Republiek Chakassie
,
Krasnojarsk
en
Irkoetsk
en in die weste aan die
Republiek Boerjatie
.
Die hoofstad is
Kizil
. Die stad le volgens sommige presies op die geografiese middelpunt van
Asie
. Nog iets waarvoor Tiwa bekend is, is dat daar met sowel
rendiere
as
kamele
geteel word, asook die tradisionele botoonsang.
Tiwa word reeds baie lank bewoon en is ’n lang tyd oorheers deur ander volke. Van die
13de
tot die
18de eeu
val dit onder die bestuur van die
Mongole
, waarna dit in
1757
deur die
Mantsjoe
verower word. Hulle hernoem die gebied na
Tannoe-Oerjantsjai
. Vanaf die
19de eeu
begin Russe hulle in die gebied vestig. In die begin van die
20ste eeu
is dit vir 'n rukkie onafhanklik. Eindelik lei die steeds groter wordende Russiese bevolking daartoe dat
tsaar
Nikolaas II
in
1911
troepe na die gebied stuur weens die toenemende aantal aanvalle op Russe. Twee jaar later, in
1914
, word dit tot 'n protektoraat van Rusland verklaar.
Na die Russiese Rewolusie
[
wysig
|
wysig bron
]
In
1917
breek onluste in die gebied uit tussen Mongole, Toewane, die
Rooi Leer
en die
Wit Leer
weens die magsvakuum wat ontstaan het na die
Russiese Rewolusie
. In
1920
val die Rooi Leer die gebied binne en in
1921
verkry dit onafhanklikheid as die
Volksrepubliek Toewa
, ook bekend as
Tannoe Toewa
. Die republiek is kommunisties, maar verkry deur die eerste president,
Koelar Dondoek
, tog reeds ’n eie karakter. Hy voer die
Lamaisme
in as staatsgodsdiens en probeer van die land ’n
teokrasie
maak. Dit was egter nie wat die kommunistiese leiers in Rusland in gedagte gehad het nie en Dondoek word vervang deur die pro-Russiese kommunis
Saltsjak Toka
.
Tydens die bewind van
Josef Stalin
word die staat in
1944
weer geannekseer en Toewa word ’n
outonome oblast
in die
Russiese SFSR
. Die leier van die voormalige volksrepubliek, Toka, word die eerste sekretaris van die Toewaanse Kommunistiese Party. Op
10 Oktober
1961
kry die republiek die status van outonome republiek binne die RSFSR. Die kommunistiese regering gaan gepaard met grootskaalse en ongewilde kollektiwisasies en die onderdrukking van die Toewaanse kultuur en godsdiens.
In
1990
ontstaan die Toewaanse Demokratiese Beweging onder leiding van
Kaadyr-ool Bicheldei
, ’n
filoloog
van die Universiteit van Kizil. Die beweging beloof loopbane en huise, wat skaars was in die tyd. Hulle beloof ook om die posisie van die Toewaanse kultuur en taal te verbeter. Die resultaat is ’n reeks aanvalle op die Russiese minderheid in die gebied later die jaar, wat daartoe lei dat die Russiese leer die gebied beset.
Na die ontstaan van die Russiese Federasie op
31 Maart
1992
word ’n nuwe
grondwet
op
22 Oktober
1993
vir Toewa opgestel. Die amptelike naam word van Toewa (Тува) in Tiwa (Тыва) verander. In die grondwet staan onder meer dat Tiwa die reg het om van Rusland af te skei indien die bevolking dit verkies. Die eerste president,
Sjerig-ool Oorzjak
, word in 1992 verkies.
China
en
Taiwan
erken tot vandag toe nie Russiese soewereiniteit oor die gebied en oor
Buite-Mongolie
nie en op sommige kaarte uit die lande val die gebiede onder die "Chinese grondgebied".
Die republiek le aan die boloop van die
Jenisejrivier
. Sowel die Groot- as die Klein-Jennisei begin in die gebied. Daar is ongeveer 6 700 mere, waaronder baie gletsermere. Tiwa le op die kruising van die
Siberiese
taiga
en die
Sentraal-Asiese
woestyn
en
steppe
. Wat die relief betref, kan die gebied ingedeel word in twee gebiede: die ooste, wat 80% uitmaak en berg- en bosagtig is, en die weste, wat die droe en laerliggende woestyn en steppes bevat.
Die gebied word bewoon deur
Boeddhistiese
Tiwane
wat
Tiwaans
, ’n
Turkse taal
, praat en sterk verwant is aan ’n ander volk, die
Tofalari
. Die Tiwane vorm die meerderheid van die 305 000 inwoners; 70,02% van die bevolking (2002). Russe maak 20,11% uit. Die bevolking is besig om te verstedelik. Die geloof is oorwegend
Tibettaanse
Boeddhisme
. Dit is jare lank onderdruk, maar het na die ontstaan van die nuwe Rusland ’n nuwe hupstoot gekry.
Die bevolking van Tiwa is baie arm. Meer as 70% leef onder die armoedegrens: Dit is die armste gebied in Rusland. Die gemiddelde leeftyd is 48,8 jaar vir mans en 60,4 vir vroue. In Rusland is die getalle onderskeidelik 58,8 en 72 jaar.
Die Tiwane het ’n sterk volkstradisie. Hulle is baie goed met die maak van voorwerpe van
silwer
,
brons
,
hout
en
klip
. Hulle is egter meestal bekend vir hul botoonsang (keelsang), ’n vorm van sing waarby lae tone voortgebring word en tegelykertyd ook baie hoe fluitende tone. Eers het net mans dit beoefen aangesien daar geglo is dat dit vroue onvrugbaar kan maak. Tans beoefen vroue dit egter ook.
Die ekonomie is sterk op landbou toegespits. Die Tiwane teel met onder meer vee, perde, skape, rendiere en kamele in die bergagtige steppe en met beeste in die noordooste. In die laagland word
graan
verbou met behulp van besproeiing.
Die nywerheid is veral in die stede gekonsentreer, veral in Kizil. Die belangrikste sektore is die voedingsnywerheid, die looi van
leer
, houtbewerking en die verwerking van delfstowwe soos (
goud
,
haliet
,
steenkool
en
asbes
).
Distrikte (kozjuuns):