Thomas van Aquino
|
'n Altaarstuk in Ascoli Piceno, Italie, deur Carlo Crivelli (15de eeu)
|
Heilige
|
Gebore
|
1225
, Roccasecca, Koninkryk van Sisilie,
Italie
|
Sterfte
|
7 Maart
1274
, Fossanova, Kerklike Staat, Italie
|
Vereer in
|
Rooms-Katolieke Kerk
,
Anglikaanse Gemeenskap
,
Lutheranisme
|
Heiligverklaring
|
18 Julie
1323
,
Avignon
, Kerklike Staat deur
Pous Johannes XXII
|
Pelgrimsoord
|
Kerk van die Jakobyne, Toulouse, Frankryk
|
Feesdag
|
28 Januarie (7 Maart tot 1969)
|
Attribute
|
Die
Summa Theologica
, 'n modelkerk, die son op die bors van 'n Dominikaanse monnik.
Skolastiek
|
Beskermheilige
|
akademici; teen storms; teen weerlig; verdedigers; Aquino, Italie; Belcastro, Italie; boek verkopers; Katolieke akademies, skole, en universiteite; kuisheid; Falena, Italie; leer; potlood makers; filosowe; uitgewers; geleerdes; studente; Universiteit van Sto. Tomas; Sto. Tomas, Batangas; teoloe.
|
Thomas van Aquino
|
|
Detail van Valle Romita poliptiek deur Gentile da Fabriano (ca. 1400)
|
|
Geboortenaam
|
Tommaso d'Aquino
|
Gebore
|
1225
Roccasecca, Koninkryk van Sisilie,
Italie
|
Oorlede
|
7 Maart
1274
Fossanova, Kerklike Staat, Italie
|
Vakgebied
|
Metafisika,
skolastiek
, logika, teologie, gedagte, epistemologie, etiek, politiek
|
Alma mater
|
Abbey van Monte Cassino
Universiteit van Napels
Universiteit van Parys
|
Bekend vir
|
Summa Theologiae
Summa contra Gentiles
Quinque viae
|
Beinvloed deur
|
Aristoteles
,
Avicenna
,
Averroes
,
[1]
Al-Ghazali
,
Augustinus van Hippo
,
Boethius
,
Johann van Damaskus
,
Paulus van Tarsus
,
Dionysius Areopagita
,
Albertus Magnus
,
Maimonides
,
Anselmus van Kantelberg
,
Plato
,
Cicero
,
Johannes Scotus Eriugena
|
Invloed op
|
Giles van Rome
,
Godfrey van Fontaines
,
Richard Hooker
,
John Locke
,
Dante
,
Gottfried Wilhelm Leibniz
,
Thomas Reid
,
Jacques Maritain
,
Etienne Gilson
,
Anscombe
,
Donoso Cortes
,
Meester Eckhart
,
Chesterton
,
James Joyce
,
Anthony Kenny
,
Pous Pius XII
,
Olavo de Carvalho
,
Ayn Rand
,
Murray Rothbard
,
Walker Percy
,
Mortimer J. Adler
,
Cornelio Fabro
,
Fulton J. Sheen
,
Reginald Garrigou-Lagrange
,
Joseph Marechal
,
Karl Rahner
,
Peter Geach
,
Alasdair MacIntyre
,
Alexander Pruss
|
Thomas van Aquino, Aquinas
of
Thomas Aquinas
(Roccasecca, ± 28 Januarie 1225 ? Fossanova, 7 Maart 1274) was 'n
Italiaanse
filosoof
en
teoloog
. Hy is die invloedrykste sistematiese denker op teologies en wysgerige gebied uit die
Middeleeue
. Sy idees het 'n belangrike invloed op die Rooms-Katolieke geloof gehad.
[2]
Thomas van Aquino is gebore in die kasteel
Roccasecca
. Hy was lid van 'n vooraanstaande familie wat graag wou he dat hy by die Benediktynse orde ingewy word. Hy het egter in 1244 by die Dominikaanse kloosterorde aangesluit. Sy familie was so kwaad hieroor dat sy broers hom ontvoer en in die kasteel geiselaar gehou het.
[3]
:1 et seq
In 1246 is hy na Parys gestuur waar hy onder die Duitse filosoof
Albertus Magnus
gestudeer het. Later het hy Magnus na Keulen gevolg. In 1252 begin Thomas om in die Bybel onderrig te gee. Dit het hy in die Saint Jacques klooster in Parys gedoen. In hierdie tyd het hy enkele belangrike kommentare op 'n aantal
Ou Testamentiese
en
Nuwe Testamentiese
boeke geskryf. Op bevel van
Pous Alexander IV
het hy in 1257, saam met die teoloog
Bonaventura
, die graad van
Magister Artium
deur die universiteit van Parys verwerf.
[3]
:23 et seq
Nadat Thomas uit Parys vertrek het, bly hy van 1259 tot 1265 in die pouslike hof in
Anagni
, 'n klein Italiaanse stad. In 1265 vertrek hy na die klooster by die
Santa Sabina
in Rome, en het voortgegaan om sy reis in 1267 na
Viterbo
aan te pak. In hierdie Italiaanse stad, wat die koshuis was van vele pouse, woon Thomas aan die pouslike hof.
Van 1269 tot 1272 bly hy weereens in Parys. In hierdie tydperk het hy baie besprekings met ander geleerdes en filosowe oor die
Aristotelianisme
en die wees van orde in die kloosters. Van 1272 tot 1273 bly Thomas weer in Italie. Daar het hy aan die
Universiteit van Napels
gedoseer. Teen die einde van sy lewe het hy 'n visioen gehad, waardeur hy alles wat hy tot op die punt geskryf het as nutteloos beskou het. Sedert dien het hy opgehou om te skryf. Dit verduidelik waarom sy magistrale werk
Summa Theologica
vandag onvoltooid is.
Vroeg in 1274 vertrek hy uit Napels na die
konsilie in Lyon
, maar sterf oppad daarheen in die Cistercienzerabdy van Fossanova, tussen Napels en Rome.
[3]
:90 et seq
. In 1277 veroordeel die biskop van Parys enkele van sy stellings, maar hierdie veroordeling is later herroep toe
pous Johannes XXII
hom in 1323 as ’n heilige verklaar. In 1567 benoem
pous Pius V
, wat self 'n Dominikaan was, hom tot kerkleraar.
[3]
:103 et seq
Aquinas se invloed op die moderne Westerse denke was aansienlik, en ’n groot deel van moderne
filosofie
het ontstaan of uit die ontwikkeling van sy idees of uit teenstand daarteen, veral op die gebied van etiek, metafisika en politieke teorie. Anders as wat die neiging destyds in die
Rooms-Katolieke Kerk
was,
[4]
het hy verskeie idees van
Aristoteles
aanvaar (hy het hom "die Filosoof" genoem) en hy het probeer om Aristoteles se filosofie te laat strook met die beginsels van die
Christendom
.
[5]
Die werke waarvoor hy die bekendste is, is
Summa Theologica
en die
Summa contra Gentiles
. Sy kommentaar op die Heilige Skrif en op Aristoteles maak ’n groot deel van sy werk uit. Aquinas is ook bekend vir sy eucharistiese gesange, wat deel van die kerk se liturgie vorm.
[6]
Hy is tot
heilige
van die Katolieke Kerk verklaar en word voorgehou as ’n modelonderwyser vir mense wat hul oog op die priesterskap het. Die bestudering van sy werk word beskou as ’n belangrike vereiste vir toekomstige priesters of ander teologiese studente.
[7]
Thomas van Aquino skryf in sy betreklik kort lewe 'n ongeveer 'n honderd werke, insluitend:
- Kommentare op verskillende Skrifgedeeltes
- Verklarings van
Aristoteles
se werke
- Die regimine principum
(1267), 'n (onvoltooide) traktaat oor die bestuur van die wereldlike leiers
- Die regimine judaeorum
, 'n werk oor die beleid teenoor die Jode, waarin hy hertogin Aleidis van Brabant onder meer beveel om hulle met mate te belas en om hulle te verbind tot die dra van herkenningstekens.
- Die
Scriptum
of kommentaar op die
Sententiae
van
Petrus Lombardus
(1252?1256)
- Summa contra gentiles
Beteken ? teen die heidene (1258 /1259-1264). Dit is 'n apologetisch werk teen die heidene, naamlik die Islamiete, Jode en ketterse Christene in Spanje.
- Verskeie preke.
- Quaestiones, onder andere die
quaestiones die veritate
en
quaestiones die quodlibet
.
- ↑
A. C. Brown, Jonathan
(2014).
Misquoting Muhammad: The Challenge and Choices of Interpreting the Prophet's Legacy
. Oneworld Publications. p. 12.
ISBN
978-1780744209
.
- ↑
HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑
3,0
3,1
3,2
3,3
Conway, Fr. Placid (1911).
Saint Thomas Aquinas
. London: Longman, Green & Co.
- ↑
http://plato.stanford.edu/entries/aquinas/
- ↑
https://web.archive.org/web/20130913011656/http://www.dartmouthapologia.org/articles/show/125
- ↑
http://www.britannica.com/EBchecked/topic/31211/Saint-Thomas-Aquinas
- ↑
Code of Canon Law, Can. 252, § 3
[1]