in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Thomas Isidore Noel Sankara
(Franse uitspraak: ?[t?ma s??ka?a]; gebore op
21 Desember
1949
-
15 Oktober
1987
) was 'n Burkinabe-rewolusioner. Hy het vanaf 1983 tot 1987 as president van
Burkina Faso
gedien. Hy was 'n Marxis-Leninis en Pan-Afrikanis, en word deur sommige ondersteuners beskou as die mees charismatiese en ikoniese figuur van die
rewolusie
wat in die land plaasgevind het. Derhalwe word hy soms ook "Afrika se
Che Guevara
" genoem.
'n Groep rewolusioneres het namens Sankara (wat destyds in huisarres was) aan bewind gekom tydens 'n populere staatsgreep in 1983. Sankara, toe 33 jaar oud, het daarna die president van die Republiek van Bo-Volta geword. Hy het onmiddellik programme van maatskaplike-, ekologiese- en ekonomiese veranderinge van stapel gestuur, en die land herdoop vanaf die Franse koloniale naam Bo-Volta na Burkina Faso ('Land van onverganklike mense'), met die mense wat voortaan as Burkinabe ('opregte mense') sou bekendstaan. Sy
buitelandse beleid
het gefokus op anti-imperialisme. Sy regering het alle buitelandse hulp vermy, omvangryke skuldvermindering nagestreef, alle grond- en minerale rykdomme genasionaliseer en die mag en invloed van die
Internasionale Monetere Fonds
en die
Wereldbank
verwerp. Sy binnelandse beleid was daarop ingestel om hongersnood te voorkom met selfvoorsiening in die landbou en grondhervorming, met die prioritisering van onderwys deur'n landwye geletterdheidsveldtog en die bevordering van openbare gesondheid deur 2,5 miljoen kinders teen breinvliesontsteking, geelkoors en masels in te ent.
Ander elemente van sy nasionale agenda was onder meer die aanplant van meer as 10 miljoen bome om die groeiende woestynvorming van die
Sahel
te bekamp, die herverdeling van grond van feodale eienaars na kleinboere, die opskorting van landelike belastings en die instelling van 'n pad- en spoorwegbouprogram. Op plaaslike vlak het Sankara 'n beroep op elke dorp gedoen om 'n apteek te bou, en het meer as 350 gemeenskappe skole met hul eie arbeid laat bou. Boonop het hy
vroulike genitale verminking
, gedwonge huwelike en
poligamie
verbied. Hy het vroue in hoe regeringsposisies aangestel en hulle aangemoedig om buite die huis te werk en in die skool te bly, selfs al is hulle swanger. Sankara het die vervolging aangemoedig van amptenare wat beskuldig is van
korrupsie
, asook teen-rewolusioneres en 'lui werkers' in die populere rewolusionere tribunale. As bewonderaar van die Kubaanse rewolusie het Sankara komitees in die Kubaanse styl opgerig vir die verdediging van die rewolusie.
Sy rewolusionere programme vir selfvertroue in Afrika het hom 'n
ikoon
gemaak vir baie van die armes in Afrika. Sankara was gewild onder die meeste van sy land se burgers. Sy beleid het egter verskillende groepe vervreem en in die gedrang gebring soos die klein maar magtige Burkinabe-middelklas; die stamleiers wat van hul tradisionele voorregte van dwangarbeid en huldebetalings ontneem is; en die regerings van
Frankryk
en sy bondgenoot, die
Ivoorkus
.
Op 15 Oktober 1987 is Sankara vermoor deur troepe onder leiding van
Blaise Compaore
, wat kort na die dood van Sankara die leierskap van die staat oorgeneem het. 'n Week voor sy sluipmoord het Sankara verklaar: "Terwyl rewolusioneres as individue vermoor kan word, kan jy nie idees doodmaak nie."