Theodor Fontane

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie



Theodor Fontane

Duitse joernalis en skrywer


Handtekening


Literere stroming

Poetiese realisme
Burgerlike realisme


Beduidende werke


Effi Briest

Herr von Ribbeck auf Ribbeck im Havelland
Wanderungen durch die Mark Brandenburg
Frau Jenny Treibel
Die Bruck' am Tay
Der Stechlin


Afrikaanse vertalings

Meneer Ribbeck van Ribbeck van die platteland (1990)


Literere verenigings en instellings

  • Theodor Fontane Gesellschaft
    Potsdam , Duitsland
  • Theodor-Fontane-Archiv
    Potsdam, Duitsland

Museums
Stadtmuseum Berlin , Berlyn, Duitsland

Theodor Fontane (* 30 Desember 1819 in Neuruppin; † 20 September 1898 in Berlyn ) was 'n Duitse skrywer en apteker. Hy word as die beduidendste Duitse verteenwoordiger van die poetiese realisme beskou.

Fontane was van Hugenote -afkoms en was tussen 1850 en 1859 as joernalis vir die Pruisiese regering werksaam, onder meer as verslaggewer in Engeland (in 1852 en vanaf 1855 tot 1859). In 1860 het hy redakteur by die dagblad Neue Preußische Zeitung geword - 'n pos wat hy tien jaar lank beklee het. Hy was oorlogsverslaggewer in die oorloe van 1864, 1866 en 1870/71. Tussen 1870 en 1889 was hy as teaterkritikus by die Vossische Zeitung werksaam.

Fontane het sy literere loopbaan met ballades begin wat sterk deur heroiese Pruise-liedere en Engels-Skotse ballades beinvloed is. Beduidende werke uit hierdie vroee periode sluit Der alte Zieten (1847) en Archibald Douglas (1854) in. In sy latere liriese werke staan gewone mense en stemmingsbeelde sentraal, so in Die Bruck' am Tay (1880), John Maynard (1886) en Herr von Ribbeck auf Ribbeck im Havelland (1889).

Sy wandeltogte deur sy geboortestreek ( Wanderungen durch die Mark Brandenburg ) is in die styl van literer-joernalistieke reis-feuilletons geskryf en word by die belangrikste 19de eeuse voorbeelde van die genre gereken. Egverhoudings en salonromans vorm net soos novelles vanaf 1879 die kern van sy literere werk en het van Fontane die belangrikste verteenwoordiger van die burgerlike realisme gemaak. In hierdie romans het Fontane as eietydse waarnemer 'n kritiese oog op die Pruisiese samelewing as standestaat met vaste konvensies en morele opvattings waaraan die persoonlike strewe na geluk steeds ondergeskik is. Bekende romans in hierdie periode is Vor dem Sturm (1878), L'Adultera (1882), Schach von Wuthenow (1888), Irrungen, Wirrungen (1888), Stine (1890), Frau Jenny Treibel (1892), Effi Briest (1895) en Der Stechlin (1899).

Fontane se verteltrant, wat rigtingwysend vir die Europese roman sou word, le die klemtoon eerder op breedvoerige dialoe tussen sy romankarakters as op hulle handelinge. In 1842 het Fontane William Shakespeare se Hamlet in Duits vertaal. Fontane se briefwisselinge is eweneens gepubliseer. 'n Aantal Duitse toekennings vir kuns en literatuur is na Theodor Fontane vernoem.