한국   대만   중국   일본 
Suid-Amerika Rugby - Wikipedia Gaan na inhoud

Suid-Amerika Rugby

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Suid-Amerika Rugby
Kenteken van Suid-Amerika Rugby
Kenteken van Suid-Amerika Rugby
Spaanse en Portugese naam Sudamerica Rugby
Afkorting SAR
Vasteland Suid-Amerika
Lede 16
Sportsoorte Rugby , Sewesrugby
Gestig op 14 Oktober 1988
Gestig in Asuncion , Paraguay
Sambreelorganisasie Wereldrugby
Aangesluit in 1988
President Sebastian Pineyrua ( Vlag van Uruguay  Uruguay )
Setel Buenos Aires , Argentinie
Amptelike tale Spaans en Portugees
Amptelike webwerf sudamerica.rugby

Suid-Amerika Rugby ( Spaans en Portugees : Sudamerica Rugby , afgekort “SAR”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Suid-Amerika . Hulle is ook een van Wereldrugby se ses kontinentale konfederasies. [1] Die konfederasie is in 1988 gestig en hulle hoofkantoor is in Buenos Aires , Argentinie , gelee. Die amptelike tale is Spaans en Portugees en Sebastian Pineyrua dien as president van Suid-Amerika Rugby.

Suid-Amerika Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Amerikas Rugbykampioenskap (saam met Rugby Amerikas Noord ) en die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Suid-Amerika Rugby hou ook toesig oor Sewesrugby in Suid-Amerika en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Pan-Amerikaanse Sportorganisasie (PASO) saam.

In 1988 is Suid-Amerika Rugby in Asuncion , Paraguay , deur Argentinie , Brasilie , Chili , Paraguay en Uruguay as CONSUR gestig. [2] In 2015 is CONSUR in Suid-Amerika Rugby hernoem.

Lidlande [ wysig | wysig bron ]

Lidlande van Suid-Amerika Rugby volgens aantal geregistreerde rugbyspelers in 2018: [3]

    >100 000 lisensies

    >40 000 lisensies

    >20 000 lisensies

    >10 000 lisensies

    >5 000 lisensies

    <5 000 lisensies

Suid-Amerika Rugby het tans 16 lede:

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) "South America" . Wereldrugby . Besoek op 17 Desember 2023 .
  2. ( es ) "Historia" . Suid-Amerika Rugby. 2021 . Besoek op 17 Desember 2023 .
  3. ( en ) "Global Participation in Rugby" (PDF) . Wereldrugby . 2018 . Besoek op 17 Desember 2023 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]