한국   대만   중국   일본 
Suid-Afrikaanse Standaardtyd - Wikipedia Gaan na inhoud

Suid-Afrikaanse Standaardtyd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tydsones van Afrika :
swart UTC-1 : Kaapverdiese Tyd .
groen UTC+0 : Wes-Europese Tyd · Greenwichtyd .
blou UTC+1 : Middel-Europese Tyd · Wes-Afrika Tyd .
rooi UTC+2 : Middel-Europese Somertyd · Oos-Europese Tyd · Sentraal-Afrika Tyd · Wes-Afrika Somertyd · Suid-Afrikaanse Standaardtyd .
geel UTC+3 : Oos-Europese Somertyd · Oos-Afrika Tyd .
grys UTC+4 : Mauritiustyd · Seychelletyd .
Lande met strepe het 'n somertyd

Suid-Afrikaanse Standaardtyd , of SAST , is 'n tydsone wat regdeur Suid-Afrika , sowel as eSwatini en Lesotho gebruik word. Die tydsone is twee ure voor UTC (UTC+2) en is dieselfde as Sentraal-Afrikatyd, wat deur lande noord en oos van Suid-Afrika gebruik word.

Solere middag in die tydsone gebeur teen 30° O in SAST, wat Durban en Pietermaritzburg effektief by die regte solere middagpunt plaas. Plekke wes van 22.5° O ondervind effektiewelik altyd somertyd as gevolg van die plekke se ligging (in ware, UTC+1) maar steeds in SAST, dus is sonsopkoms en sonsondergang relatief laat in Kaapstad in vergelyking met die res van Suid-Afrika .

Ter illustrasie van die verskil in daglig-ure in die weste en ooste van die land:

  • Kaapstad : 1 Januarie: 05:38–20:01, 1 Julie: 07:52–17:48
  • Durban : 1 Januarie: 04:58–19:00, 1 Julie: 06:52–17:07

Somertyd word nie in die tydsone gebruik nie.