- Hierdie artikel handel oor die dorp in die Noord-Kaap. Vir die artikel oor die soogdier, sien eerder
Springbok
.
Springbok
is die hoofdorp van
Namakwaland
, ongeveer 555 km noord van
Kaapstad
en 40 km suid van
Steinkopf
aan die
N7
nasionale pad gelee tussen granietkoppies. Die nabygelee
Okiep
en
Nababeep
was lank belangrike kopermynbousentra. Die naam is waarskynlik afgelei van die troppe
springbokke
wat by 'n plaaslike fontein gesuip het voor die ontdekking van
koper
. Dit is die setel van talle van die
Noord-Kaap
se regeringsdienste, asook die sentrum van die handel, nywerheid, vervoer en administrasie van
Namakwaland
.
Die gebied is in
1685
deur goewerneur
Simon van der Stel
op sy beroemde ekspedisie besoek toe hy 'n prospekteerskag hier naby gesink het. Die dorp was oorspronklik bekend as Springbokfontein en is in
1862
gestig, danksy die ontginning van
koper
in die omgewing. Dit is vir die eerste keer kommersieel deur ene King in
1850
ontgin. Die dorp het in
1933
munisipale status verkry. Dit is in die
Tweede Vryheidsoorlog
beleer en verower deur generaal
S.G. Maritz
. 'n Gedenkteken by die bekende klipkoppie in die middel van die dorp gedenk die
Simboliese Ossewatrek
van
1938
wat Springbok aangedoen het.
Hoewel die eerste NG kerk in Namakwaland in
1864
by Bowesdorp naby die teenswoordige
Kamieskroon
gebou is, word die stigting van die
NG gemeente Namakwaland
, wat vandag op Springbok gesetel is, as
1850
aangegee. Ds. Hauman was die gemeente se eerste dominee en hy het Springbok, Bowesdorp en Kamieskroon bedien. Daar is ook 'n tweede NG gemeente op die dorp, die NG gemeente Boesmanland in die sogenaamde nuwe uitbreiding (Simonsig) aan die oostekant van die N7-hoofpad.
Die dorp is naby aan die
Goegap Natuurreservaat
gelee en is die basis van waar blommekykers jaarliks in die lente die blommeprag van
Namakwaland
verken. Daar is twee hotelle en talle gastehuise asook die bekende geel-en-wit gastekamers van 'n bekende inwoner, mnr. Jopie Kotze. Die dorp beskik ook oor woonwaparke, 'n vliegveld en 'n baan vir motorwedrenne. Die dorp het vroeer jare 'n vooruitstrewende Joodse gemeenskap gehad. Vandag word die sierlike ou sinagoge as museum gebruik, terwyl 'n klein klipkerkie van die Anglikaanse kerk as toeriste-inligtingsentrum dien. Dit is sowat 150 km van die see oor
Steinkopf
gelee. In die nabyheid is ook
Spektakelpas
, 22 km wes van die dorp en net oos van die
Buffelsrivier
, waar volgens oorlewering 'n
ossewa
omgeval het en die vrouepassasiers 'n spektakel veroorsaak het toe hulle uitgeval het.
Die Hester Malan-natuurreservaat naby Springbok beslaan 'n oppervlak van 6 500 hektaar en pronk met inheemse
flora
,
vetplante
(sukkulente) en
aalwyne
, wat ook hier gekweek word.
Die Primere Skool Springbok en Hoerskool Namakwaland is die dorp se voormalige Model C-skole, terwyl daar ook 'n laerskool, Dr. Izak van Niekerk Primer, in die woonbuurt Bergsig is. Daar is 'n hoermeisieskool, St. Anna Privaatskool, wat deur die Rooms-Katolieke Kerk in Matjieskloof onderhou word en die Sekondere Skool S.A. van Wyk in Bergsig.
Springbok se bevolking het toegeneem van 10 705
[2]
in
1996
tot 12 790 in
2011
.
[1]
- Esther Brand
, 'n Suid-Afrikaanse atleet en Olimpiese gouemedaljewenner.