Sonja Herholdt
(gebore 1 Desember 1952) is 'n
Suid-Afrikaanse
aktrise
en
sangeres
wat bekend geword het vir liedjies soos
Ek verlang na jou
,
Harlekyn
,
Waterblommetjies
,
Skipskop
en
Jantjie
.
Herholdt is op 1 Desember 1952 in
Nigel
gebore. Sy was hoofmeisie van die Laerskool Tienie Vorster in Nigel en later hoofmeisie van die Hoerskool John Vorster waar sy ere-kleure vir akademiese- en dramaprestasies ontvang het. Sy het aan die
Goudstadse Onderwyskollege
studeer waar sy haar onderwysdiploma cum laude behaal het en die
Voortrekkerpers
-trofee as student van die jaar in haar finale jaar verower het.
Tydens haar studies het sy 'n dosent, FC Hamman, by 'n nabygelee kunskollege ontmoet. Hy het vryskut rolprentwerk gedoen en was vir ses weke in die
Kalahari
om aan die rolprent
Sarah
te skiet. Met sy terugkoms het Sonja die lied
Ek verlang na jou
gesing en hy het besluit om dit te verwerk en te gebruik vir die rolprent.
Anton Goosen word haar liedjieskrywer en tussen 1976 en 1980 het sy landwye sukses met treffers soos Jantjie, Waterblommetjies Ta' Mossie se sakkie-sakkie Boeredans, Harlekyn, Trein na Matjiesfontein, Umfaan ens.
In
1989
word Sonja genooi om tydens ‘n Gebedsontbyt van die
National Religious Broadcasting Corporation
in
Washington
op te tree. Die optrede, wat saam met die uitreiking van haar Gospel plaat
The Warrior is a Child
plaasvind, is op televisie uitgesaai. Sonja tree vir meer as ‘n halfuur as enigste gaskunstenaar op voor onder andere die vise-president van
Amerika
.
In
1993
word haar jongste, Timothy, op die ouderdom van 2 jaar doof na ‘n siekte. Sy begin ‘n klas vir gehoor- en taalgestremde kleuters ter wille van hom, omdat daar nie soortgelyke skole is vir Afrikaanssprekende kinders in
Johannesburg
nie. Die klassie word gehuisves by die pre-primere afdeling van die Laerskool Bryanston en sy het vir vyf jaar daar skool gehou.
In
1995
teken sy ‘n kontrak met
BMG-Records
en in 1996 met
Maranatha Records
vir ‘n geestelike album,
More sal die Son weer Skyn
.
Skipskop
is ‘n kompilasie-album van
BMG
wat in die tyd baie goed verkoop as gevolg van die treffertitelsnit. Met al haar verantwoordelikhede en optredes naweke, kom haar lewe tot stilstand wanneer sy in ‘n ernstige motorongeluk is en haar forseer om haar lewe in oenskou te neem.
Nadat haar huwelik met FC ontbind is, het sy weer die verhoog betree. In
2002
stig sy haar eie platemaatskappy,
Son Musiek
, wat ook die album
Sonjare
vrygestel het. In
2007
publiseer Sonja haar biografie,
Sonja, meisie van Nige
l, in samewerking met haar vriend Carel Cronje.
Tussendeur haar CD-opnames toer sy ook landswyd met haar motiveringspraatjies, waar sy haar lewenservaring kombineer met sang.
Herholdt skenk geboorte aan vier kinders. Hulle is tussen 1982 en 1991 gebore en hul name is Claudia, Simeon, Jesse en Timothy.
Simeon
is self 'n noemenswaardige musikant.
Sonja Herholdt ontvang die volgende toekennings:
Jaar
|
Kategorie
|
Instansie
|
Resultaat
|
1975?1980
|
Beste Sangeres van die Jaar
|
Sarie
|
Wenner
|
1976
|
Beste Langspeler van die jaar
|
Sarie
|
Wenner
|
1980
|
Rapport Oscar, Beste Nuweling Aktrise
|
Rapport
|
Wenner
|
Beste Langspeler van die Jaar
|
Sarie
|
Wenner
|
1991
|
Erkentlikheidstoekening
|
Afrikaanse Sakekamer
|
Wenner
|
-
|
Junior Rapportryers-toekenning
|
Junior Rapportryers
|
Wenner
|
-
|
Rising Star Award
|
Papillon
|
Wenner
|
- Sonja
(1976)
- Sonja Herholdt
(1977)
- Waterblommetjies
(1978)
- On stage/in die kalklig
(1978)
- Harlekyn
(1979)
- 'n Lied vir kersfees
(1979)
- Waarom daarom
(1981)
- Grootste treffers
(1980)
- Reflections
(1982)
- Liefdeslig
(1984)
- Lofsang
? Sonja Herholdt en
Jan de Wet
(1985)
- Sonja Herholdt sing die jeugbundel
(1987)
- Dis net vir jou
(1987)
- Tuiskoms
(1988)
- Sonja sing die jeugbundel no. 2
(1988)
- The warrior is a child
(1989)
- Die klokkespel "vrede"
(1989)
- Gunsteling treffers
(1992)
- Se die engele moet na my kyk
(1994)
- Perels
(2010)
- Ons eie Sonja Herholdt
- 'n Ster vanaand
- Die mense wat ek liefhet
- Sonja Herholdt skipskop
- 'n Ritsel innie rietbos
- Dis kersfees
- More sal die son weer skyn
- 20 Gunsteling Treffers
- Reconstructing Alice
- Sonjare
- She
- Sonja en Tjokker sing kinderliedjies
- Perels