in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Solomon kaDinuzulu
(1891?1933) was die
Zoeloenasie
se koning vanaf
1913
tot en met sy dood op
4 Maart
1933
by
Kambi
. kaDinuzulu is op die eiland
Sint Helena
gebore tydens sy vader (koning
Dinuzulu kaCetshwayo
) se ballingskap.
Hy was 'n stigterslid van die oorspronklike
Inkatha
(of
Inkatha kaZulu
soos dit bekend staan) saam met die
ANC
in die 1920's. Dit was hoofsaaklik gevorm om teen
Jan Smuts
se Bantoesake-wetgewing van 1920 te protesteer.
Een van sy susters was Prinses
Magogo kaDinuzulu
. Sy het bekend geword as sanger van tradisionele Zoeloeliedjies asook as die moeder van
Mangosuthu Buthelezi
, leier van die
Inkatha-Vryheidsparty
(IFP).
Hy is deur sy seun
Cyprian Bhekuzulu kaSolomon
as koning opgevolg.