Die
Sharks
is ’n
Suid-Afrikaanse
rugbyspan
wat as ’n konsessie aan
Superrugby
deelgeneem het van 1996 tot 2020, en sedert 2021 aan die
Verenigde Rugbykampioenskap
. Voor 1996 het ’n span van Natal deelgeneem aan die
Super 10
in 1993 en 1994. Die konsessie dek die hele
KwaZulu-Natal
provinsie in Suid-Afrika en in terme van
Curriebekerunies
kom spelers vir die Sharks van die
Natalse Haaie
af. Hulle tuiswedstryde word op die
Hollywoodbets Kings Park
in
Durban
gespeel. Die span se kaptein is tans
Lukhanyo Am
.
In 1993 is Suid-Afrika verteenwoordig deur sy beste drie rugbyunies (die top drie in die vorige jaar se Curriebeker) in die Super 10. Natal het in 1993 gekwalifiseer vir die kompetisie en was saan met
Auckland
,
Wes-Samoa
, die
Reds
en
Otago
in Poel A. Hulle het tweede in die poel geeindig met 12 punte, vier punte agter Auckland. Hulle het weer in 1994 gekwalifiseer en was hierdie keer in Poel B met
Nieu-Suid-Wallis
, Wes-Samoa, Auckland en die
Waikato Chiefs
. Hulle het bo-aan die punteleer van Poel B geeindig en moes teen Queensland speel in die eindronde in Durban. Natal het die wedstryd met 21 ? 10 verloor en kon nie kwalifiseer vir die 1995-seisoen nie.
In 1996 en 1997 is Suid-Afrika verteenwoordig deur die beste vier spanne (die top vier in die vorige jaar se Curriebeker) in die nuwe Super 12-toernooi. Natal het vir altwee jare gekwalifiseer. In 1996 het Natal vierde op die punteleer geeindig wat aan hulle ’n plek in die uitspeelrondes besorg het. Hulle het in die halfeindronde teen Queensland met 43 ? 25 gewen en deurgedring na die eerste Super 12-eindronde. Hulle moes hiervoor na Auckland reis en het die wedstryd verloor met 45 ? 21. Die volgende seisoen het Natal weer in die boonste vier geeindig maar het in die halfeindronde teen Auckland vasgeval.
In 1998 het die Coastal Sharks (soos hulle toe geheet het) 7 van hulle 11 wedstryde gewen en het derde op die punteleer geeindig. Hulle is egter in die halfeindronde deur die
Canterbury Crusaders
geklop. In die volgende seisoen het die Sharks sewende geeindig. Die volgende seisoen (2000) was nog slegter met die Sharks wat heel laaste op die punteleer was aan die einde van die seisoen. In 2001 het die Sharks ’n duidelike verbetering teenoor die vorige jaar getoon en tweede op die punteleer geeindig. Hulle het die
Cats
in die halfeindronde geklop en reis daarna na Canberra vir die eindstryd.
In 2002 het die Sharks weer swak gevaar en tiende geeindig op die punteleer. In 2003 het hulle elfde geeindig maar in 2004 het hulle weer beter gevaar deur sewende te eindig na die rondomtaliewedstryde. In 2005 het hulle egter weer baie swak vertoon en heel laaste geeindig.
Tot en met 2005 het spelers vir die Sharks van die twee rugbyunies wat in die
Oos-Kaap
gebaseer is, naamlik die
Oostelike Provinsie
(in
Port Elizabeth
) en
Grens
(in
Oos-Londen
), gelok. Hierdie twee unies het egter die kern van die
Southern Spears
gevorm wat in 2006 gestig is om in 2007 aan die Super 14 deel te neem, maar later ontse is.
In 2006 het die Super 12-kompetisie uitgebrei na ’n kompetisie tussen 14 spanne. In die eerste Super 14-seisoen het die Sharks die uitspeelrondes net-net gemis weens ’n swakker punteverskil. In 2007 het hulle die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat bo-aan die punteleer kon eindig na die rondomtaliewedstryde en hulle was ook die eerste Suid-Afrikaanse span wat ’n eindronde op hul tuisveld kon speel. Die Sharks het in 2007 in die eindronde verloor teen die
Bulls
.
Daar is sedert vroee jare van rugby in Suid-Afrika na die span van Natal as die
Piesangboere
(Engels: Banana Boys) verwys na aanleiding van die piesangplantasies in die provinsie. In 1995 is besluit dat die rugbyspan van Natal ’n nuwe naam en embleem moes kry. Daar is besluit op die Sharks. Die Sharks se gelukbringer is in 1995 bekendgestel maar die herbemarking het eers in 1996 ten volle gestalte gekry. Om die nuwe handelsmerk te bemark is ’n groot bedrag beskikbaar gestel om die visie met betrekking tot die wedstryde, fasiliteite, aktiwiteite voor en na die wedstryd en om die span te verfyn.
Die Sharks se gelukbringer was die idee van Terry Kukle, die eienaar van Tag International. Ian Robinson, ’n bemarking- en handelsmerkspesialis het, met die goedkeuring van Kukle, ’n strategie aan die raad van die Natalse Rugbyunie voorgele. Na baie vergaderings is ’n besluit geneem om met die nuwe bemarking voort te gaan. Vandag is die handelsmerk van die Sharks wereldwyd bekend.
[2]
Kings Park-stadion
in
Durban
is die Sharks se tuisveld. Weens borgskapredes staan die stadion bekend as Growthpoint Kings Park. Dit het sitplek vir 55,000 mense. Die veld word ook vir die Curriebeker deur die Natal Sharks gebruik, en soms ook vir sokkerwedstryde. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou maar is talle kere reeds herbou. Groot opknapping het plaasgevind vir die
Rugbywereldbeker 1995
.
[1]
Die Sharks-konsessie dek die KwaZulu-Natal provinsie. Die twee hoofareas waar die spelers vandaan kom is
Durban
en
Pietermaritzburg
.
Die volgende tabel som die Sharks se Super 12-uitslae op:
[3]
Seisoen
|
Pos
|
Gespeel
|
Gewen
|
Gelyk
|
Verloor
|
Punte vir
|
Punte teen
|
+/-
|
BP
|
Pte
|
Notas
|
1996
|
4de
|
11
|
6
|
0
|
5
|
389
|
277
|
+112
|
9
|
33
|
verloor as Natal teen
Auckland Blues
in eindrondte
|
1997
|
4de
|
11
|
5
|
2
|
4
|
321
|
350
|
-29
|
6
|
30
|
verloor as Natal teen
Auckland Blues
in halfeindrondte
|
1998
|
3de
|
11
|
7
|
0
|
4
|
329
|
263
|
66
|
8
|
36
|
Verloor teen
Canterbury Crusaders
in halfeindrondte
|
1999
|
7de
|
11
|
5
|
1
|
5
|
227
|
232
|
-5
|
3
|
25
|
|
2000
|
12de
|
11
|
1
|
1
|
9
|
235
|
341
|
-106
|
3
|
9
|
|
2001
|
2de
|
11
|
8
|
0
|
3
|
322
|
246
|
76
|
6
|
38
|
Verloor teen
Brumbies
in eindrondte
|
2002
|
10de
|
11
|
4
|
0
|
7
|
221
|
309
|
-88
|
4
|
20
|
|
2003
|
11de
|
11
|
3
|
0
|
8
|
241
|
306
|
-65
|
5
|
17
|
|
2004
|
7de
|
11
|
5
|
0
|
6
|
267
|
305
|
-38
|
8
|
28
|
|
2005
|
12de
|
11
|
1
|
1
|
9
|
205
|
384
|
-179
|
5
|
11
|
|
Die volgende tabel som die Sharks se Super 14-uitslae op:
[3]
Seisoen
|
Pos
|
Gespeel
|
Gewen
|
Gelyk
|
Verloor
|
Punte vir
|
Punte teen
|
+/-
|
BP
|
Pte
|
Notas
|
2006
|
5de
|
13
|
7
|
0
|
6
|
361
|
297
|
42
|
10
|
38
|
|
2007
|
1ste
|
13
|
10
|
0
|
3
|
355
|
214
|
141
|
5
|
45
|
Verloor teen
Bulls
in eindrondte
|
2008
|
3de
|
13
|
9
|
1
|
3
|
271
|
209
|
62
|
4
|
42
|
Verloor teen
Waratahs
in halfeindrondte
|
2009
|
6de
|
13
|
8
|
0
|
5
|
282
|
239
|
43
|
6
|
38
|
|
2010
|
9de
|
13
|
7
|
0
|
6
|
297
|
297
|
0
|
5
|
33
|
|
Die volgende tabel som die Sharks se Superrugby-uitslae op:
Seisoen
|
Pos
|
Gespeel
|
Gewen
|
Gelyk
|
Verloor
|
Punte vir
|
Punte teen
|
+/-
|
BP
1
|
Pte
|
Notas
|
2011
|
6de
|
16
|
10
|
1
|
5
|
407
|
339
|
+68
|
7
|
57
|
Verloor teen
Crusaders
in kwalifiserende rondte
|
2012
|
6de
|
16
|
10
|
0
|
6
|
436
|
348
|
+88
|
11
|
59
|
Verloor teen
Chiefs
in eindrondte
|
2013
|
8ste
|
16
|
8
|
0
|
8
|
384
|
305
|
+79
|
7
|
48
|
|
2014
|
3de
|
16
|
11
|
0
|
5
|
406
|
293
|
+113
|
5
|
50
|
Verloor teen
Crusaders
in halfeindrondte
|
2015
|
11de
|
16
|
7
|
0
|
9
|
338
|
401
|
−63
|
6
|
34
|
|
1
Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.
Die volgende tabel som die Sharks se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:
Seisoen
|
Pos Alg
|
Pos Groep
|
Gespeel
|
Gewen
|
Gelyk
|
Verloor
|
Punte vir
|
Punte teen
|
+/−
|
BP
1
|
Pte
|
Notas
|
2016
|
8ste
|
3de
|
15
|
9
|
1
|
5
|
360
|
269
|
+91
|
5
|
43
|
Verloor teen
Hurricanes
in kwarteindrondte
|
2017
|
8ste
|
3de
|
15
|
9
|
1
|
5
|
392
|
323
|
+69
|
4
|
42
|
Verloor teen
Lions
in kwarteindrondte
|
Sharks 2017 Superrugbypan
Stutte
Hakers
Slotte
|
|
Losvoorspelers
Skrumskakels
Losskakels
|
|
Senters
Vleuels
Heelagter
|
Tussen 1996 en 1999 is die Sharks afgerig deur die voormalige Springbokafrigter, Ian McIntosh, met Hugh Reece-Edwards as sy assistent.
[4]
In 2000 het Reece-Edwards oorgeneem as afrigter met
Jake White
en
Allister Coetzee
as assistente. Al drie is egter in die volgende jaar vervang toe
Rudolph Straeuli
aangestel is as afrigter met Kobus van der Merwe as sy assistent. In 2002 het Clinton Isaacs Van der Merwe vervang as Straeuli se assistent. Die vennootskap het nie lank gehou nie en albei is afgedank voor die einde van die seisoen. Daarna is Kevin Putt aangestel in Straeuli se plek met Theo van Rensburg as sy assistent. In 2003 het Isaacs vir Van Rensburg vervang en die twee het tot aan die einde van 2005 die span afgerig.
[4]
Dick Muir is in 2006 aangestel as afrigter met John Plumtree as sy assistent. Plumtree is vir die 2007 Curriebekerseisoen aangestel as hoofafrigter van die span.
- Super 12/14
- Tweede plek:
1996
- Tweede plek:
2001
- Semifinaliste:
1997
- Semifinaliste:
1998
- Eerste Suid-Afrikaanse span wat bo-aan die superrugbypunteleer eindig in
2007
- Howitt, Bob (2005).
SANZAR Saga ? Ten Years of Super 12 and Tri-Nations Rugby
. Harper Collins Publishers.
ISBN
1-86950-566-2
.
- McIlraith, Matt (2005).
Ten Years of Super 12
. Hodder Moa.
ISBN
1-86971-025-8
.
|
---|
|
Spanne
| |
---|
Vorige Spanne
| |
---|
Super 12-seisoene
| |
---|
Super 14-seisoene
| |
---|
Superrugbyseisoene
| |
---|
Kampioene
| |
---|