in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sakse-Anhalt
(
Duits
:
Sachsen-Anhalt
, [?zaːksn???anhalt?];
Nederduits
:
Sassen-Anholt
) is 'n
deelstaat
van die
Bondsrepubliek Duitsland
. Die administratiewe
hoofstad
en grootste stad is
Maagdeburg
met 'n bevolking van 2 180 684 in 2020. Sakse-Anhalt grens aan die deelstate
Nedersakse
,
Brandenburg
,
Sakse
en
Thuringen
.
Die deelstaat het in sy huidige vorm 'n baie kort tradisie aangesien dit net in die tydperk tussen 1947 en 1952 as 'n deelstaat van die deur Sowjet-Rusland besette Oos-Duitsland en latere
Duitse Demokratiese Republiek
bestaan het. As gevolg van 'n administratiewe hervorming is die deelstaat in 1952 ontbind en in twee distrikte, Halle en Maagdenburg, verdeel. Met die Duitse hereniging op 3 Oktober 1990 is Sakse-Anhalt as een van vyf nuwe oostelike deelstate herstig.
Die gebied aan die
Harz
-bergreeks, die middelloop van die
Elberivier
en die benedeloop van die
Saale
pronk nogtans met 'n ryk historiese en kulturele erfenis wat tot die vroegste periode van die Duitse ryksgeskiedenis teruggevoer kan word. Belangrike historiese gebeurtenisse, persoonlikhede en prosesse het hulle oorsprong in hierdie gebied gehad en dikwels ver buite sy grense uitgestraal soos byvoorbeeld die
Reformasie
.
Martin Luther
en Philipp Melanchthon, wat albei as professore by die Universiteit van Wittenberg werksaam was, het met hul reformatoriese werk die Duitse geloofswereld blywend verander.
Daarnaas weerspieel ook Sakse-Anhalt se argitektoniese erfenis met
kastele
, slotte,
katedrale
en kerke langs die sogenaamde Romaanse Roete (Duits:
Straße der Romanik
) die geskiedenis van die gebied.
Die Ministerpresidente sedert 1947:
- 1947?1949: Erhard Hubener (
LDPD
)
- 1949?1952: Werner Bruschke (
SED
)
- 1990?1991: Gerd Gies (
CDU
)
- 1991?1993: Werner Munch (CDU)
- 1993?1994: Christoph Bergner (CDU)
- 1994?2002: Reinhard Hoppner (
SPD
)
- 2002?2011: Wolfgang Bohmer (CDU)
- sedert 2011: Reiner Haseloff (CDU)