in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rugbyvoetbal
is die versamelnaam vir 'n familie van spansporte bekend as
Rugbyunie
en
Rugbyliga
, asook die vroeere vorme van
voetbal
waaruit beide sporte, asook
Australiese voetbal
en Gridiron-voetbal ontwikkel het.
Die twee variante van Gridiron-voetbal ? Kanadese voetbal en, tot 'n mindere mate,
Amerikaanse voetbal
? is eens as vorme van rugbyvoetbal beskou, maar word nou selde so na verwys. Trouens, die beheerliggaam van Kanadese voetbal, Football Canada, was so laat as 1967 bekend as die Kanadese Rugbyunie, meer as vyftig jaar nadat die sport se paaie met die gevestigde reels van rugbyunie of -liga geskei het.
[1]
[2]
[3]
Rugbyvoetbal is vermoedelik omstreeks 1845 begin by Rugby School in
Rugby, Warwickshire
, Engeland, alhoewel vorme van voetbal waarin die bal gedra en gegooi is, uit die Middeleeue dateer.
[4]
Rugbyvoetbal het gedurende die 19de eeu na ander Engelse openbare skole versprei. As gevolg hiervan het Rugbyvoetbal gewild geword oor die hele
Britse Ryk
, aangesien voormalige leerlinge aan die openbare skole voortgegaan het om Rugbyvoetbal te speel, selfs na hulle skool verlaat het.