Romanos I
|
Keiser van die Bisantynse Ryk
|
’n Muntstuk wat Romanos I en sy oudste seun, Christopher, uitbeeld.
|
Bewind
|
920
?
944
(senior keiser)
|
Bynaam
|
Romanos Lekapenos
|
Dinastie
|
Masedoniese
|
Gebore
|
Omstreeks 870
|
Oorlede
|
15 Junie
948
|
Voorganger
|
Konstantyn VII
|
Opvolger
|
Konstantyn VII
Romanos II
|
Eggenote
|
Theodora
|
Kinders
|
Christopher
Stephen
Konstantyn
|
Vader
|
Theophylaktos Abstartos
|
Romanos I
of
Romanos Lekapenos
(
Grieks
: Ρωμαν?? Α? Λακαπ?νο?,
Armeens
: ??????? ? ?????????; omstreeks 870 ? 15 Junie 948) was die
Bisantynse
keiser van 920 tot met sy afsetting op 16 Desember 944.
Hy is omstreeks 870 gebore in Lakape (vandaar sy bynaam) as die seun van
Armeense
boere.
[1]
[2]
[3]
Sy pa, Theophylaktos Abstartos, het keiser
Basilius I
se lewe tydens ’n veldslag gered en lid van die keiserlike wag geword.
[4]
Romanos het vinnig opgang gemaak in die leer tydens die tyd van keiser
Leo VI
.
Romanos het al hoe belangrike geword aan die hof en toe
Konstantyn VII
keiser word onder regentskap van sy ma, Zoe, het hy die regentskap in 919 oorgeneem. Hy het Konstantyn met sy dogter, Helena, laat trou. Hy het sy posisie gebruik om homself in Mei 919 tot
basileopat?r
(letterlik vader van die keiser) te verklaar, in September 920 tot
caesar
en eindelik in Desember van die jaar as medekeiser en dus senior heerser. Hy het sy drie seuns, Christopher, Stephen en Konstantyn, as medekeisers aangestel.
Die eerste uitdaging vir die nuwe heerser was die oorlog teen
Bulgarye
, wat weer tydens Zoe se regentskap opgevlam het. Die eerste vier jaar van sy bewind het hy teen Simeon I geveg. Hoewel Simeon eindelik die oorhand gekry het, kon hy
Konstantinopel
nie binneval nie vanwee die ondeurdringbaarheid van die stad se sterk
verdedigingsmure
. In 924, toe Simeon weer geslaag het met ’n beleg van die hoofstad, het Romanos samesprekings met hom gevoer en hom, sonder om dit reguit te se, erken as keiser van sy land. Daar was daarna steeds onenigheid, maar die vrede tussen die twee state is gehandhaaf.
Romanos het die bekwame generaal John Kourkouas as leeraanvoerder in die ooste aangestel en hy het groot sukses daar behaal. Hy het in 934 veral ’n belangrike oorwinning by Melitene behaal ? dit word beskou as die eerste groot Bisantynse sukses in die herwinning van grondgebied van die
Moslems
.
In 941, toe die grootste deel van die leer onder Kourkouas in die ooste was, moes ’n vloot van 15 ou skepe onder Theophanes Konstantinopel verdedig teen ’n aanval uit
Kief-Roes
. Laasgenoemde is ter see verslaan en later weer op land deur die terugkerende leer van Kourkouas. In 944 het Romanos ’n verdrag gesluit met grootprins
Igor I van Kief
.
Romanos se oudste en mees bekwame seun, Christopher, is in 931 dood en Romanos het nie sy ander twee seuns ten koste van Konstantyn VII bevorder nie. Uit vrees dat Konstantyn VII hul pa sal opvolg, het die jonger seuns, Stephen en Konstantyn, hul pa in Desember 944 gevange geneem en hom na die
Prinse-eilande
gestuur waar hy gedwing is om ’n
monnik
te word.
Die volk het egter in opstand gekom. Konstantyn VII het sy swaers van die troon afgeskop en op 27 Januarie 945 het hy, toe 39, alleenheerser geword. Romanos is op 15 Junie 948 in bannelingskap dood.
Romanos en sy vrou, Theodora, het ses kinders gehad:
- Christopher, medekeiser van 921 tot 931
- Stephen, medekeiser van 924 tot 945
- Konstantyn, medekeiser van 924 tot 945
- Theophylaktos,
patriarg van Konstantinopel
van 933 tot 956
- Helena, wat getrou het met Konstantyn VII
- Agatha, wat getrou het met Romanos Argyros; hul kleinseun was keiser
Romanos III
Romanos het ook ’n buite-egtelike kind gehad: die
eunug
Basil, wat groot invloed aan die hof gehad het, veral van 976 tot 985.
- The Oxford Dictionary of Byzantium
, Oxford University Press, 1991.
- Runciman, Steven.
The Emperor Romanus Lecapenus and his Reign
. Cambridge: University Press, 1990. (Oorspronklik in 1929 gepubliseer.)
ISBN 0-521-35722-5