in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n
Ridderroman
(ook
ridderepiek
of
ridderverhaal
) is ’n Middeleeuse
berymde
verhaal
waarin ridders as helde optree,
[1]
en het aan die einde van die elfde eeu in Frankryk ontstaan.
[2]
Dit was veral populer onder die aristokrasie van die
hoe Middeleeue
en vroee Moderne Europa. Dit is fantastiese stories oor wonderbaarlike avonture van soekende rondreisende ridders, uitgebeeld met
heroiese
eienskappe. Die klem gele op heteroseksuele liefde en galante maniere onderskei dit van die
chanson de geste
en ander tipe
epiek
, waar manlike militere heroisme vooropgestel word.
[3]
Populere letterkunde leen ook uit hierdie tema, maar met ’n
ironiese
,
satiriese
of
burlesk
oogmerk. Ridderverhale het
legendes
,
sprokies
en geskiedenis herverwerk om aan te pas by lesers en aanhoorders se smaak, maar teen circa 1600 was dit uit die mode en is dit skitterend satiries saamgevat deur
Miguel de Cervantes
in sy roman
Don Quichot
. Tog word die moderne uitbeelding van "Middeleeus" meer deur die ridderroman beinvloed as enige ander Middeleeuse genre, en die woord "Middeleeus" roep altyd beelde op van ridders, prinsesse in die knyp, drake en ander romantiese stylfigure.
[4]
Oorspronklik is ridderliteratuur in
Oudfrans
,
Anglo-Normandies
en
Oksitaans
, en later in
Engels
en
Duits
geskryf. Gedurende die vroeg dertiende eeu is ridderromans toenemend as prosa geskryf. Latere romans, veral die van Franse oorsprong, het ’n merkbare geneigdheid gehad tot die uitlig van temas oor
hoofse liefde
soos getrouheid in teespoed.
Gedurende die
Gotiese herlewing
, vanaf circa 1800 het die konnotasie met ridderverhale verskuif van die magiese en fantastiese na die effens onheilspellende
"Gotiese" avontuurverhale
.
- ↑
[www.pharosaanlyn.co.za
Verklarende Afrikaanse woordeboek
], Pharos
, www.pharosaanlyn.co.za
, besoek op 15 Oktober 2013
- ↑
Bisschoff, Anna-Marie (12 Oktober 2010),
Ridderroman
, www.literaryterminology.com
,
http://www.lithttp://www.literaryterminology.com/eraryterminology.com/index.php/24-r/200-ridderroman
, besoek op 15 Oktober 2013
[dooie skakel]
- ↑
"Chivalric romance", in Chris Baldick, ed.,
Oxford Dictionary of Literary Terms
, 3rd ed. (Oxford University Press, 2008).
- ↑
C.S. Lewis
,
The Discarded Image
, p. 9
ISBN 0-521-47735-2