Richard Georg Strauss
(
11 Junie
1864
?
8 September
1949
) was 'n vooraanstaande Duitse komponis van die laat-Romantiese en vroee moderne eras. Hy is veral bekend om sy operas soos
Der Rosenkavalier
en
Salome
, sy lieder waaronder veral sy Vier Laaste Lieder en sy toongedigte en orkeswerke. Strauss was ook 'n gesiene komponis in die hele
Duitsland
en
Oostenryk
.
Richard Georg Strauss, die seun van 'n briljante horingblaser, is op
11 Junie
1864
in Munchen gebore. Op 4-jarige leeftyd het Strauss klavierlesse begin neem en toe hy 6 was, het hy ook vioollesse begin neem en selfs sy eerste lied gekomponeer. Tussen
1875
en
1880
het Strauss onderrig in die musiekteorie ontvang. Sy eerste orkeswerk, Feesmars in E-mol, is reeds in
1876
voltooi, hoewel dit eers in
1881
vir die eerste maal uitgevoer is.
Van
1882
af het Strauss aan die
Universiteit van Munchen
in die filosofie, estetika, kunsgeskiedenis en letterkunde gestudeer. Sy Suite vir Blasers, opus 4 (
1881
), het die aandag van die gevierde dirigent
Hans von Bulow
(1830-1894) getrek en in 1885 is Strauss as Von Bulow se assistent-dirigent van die hoforkes te Meinigen aangestel. Hier het hy 6 maande lank vertoef en vir 'n groot deel van die tyd was hy in Von Bulow se afwesigheid in volle beheer van die orkes.
Na Meinigen was Strauss om die beurt dirigent te Munchen (
1886
),
Weimar
(
1889
), Munchen (1894), Berlyn (1898; van 1908 af Koninklike Pruisiese Algemene Musiekdirekteur) en Wenen (
1919
). Hy het ook dikwels as gasdirigent opgetree en vanaf 1924, toe hy finansieel onafhanklik geword het, het hy slegs as gasdirigent opgetree.
Gedurende die laaste kwart van die
19e eeu
was
Wagner
en
Brahms Strauss
se musikale modelle. In
1887
het hy in
Munchen
sy simfoniese gedig
Aus ltalien
("Uit ltalie"), opus 16, gedirigeer. Die werk is nie entoesiasties ontvang nie, maar in 1889 het hy in Weimar sy briljante toondig
Don Juan
gedirigeer, en daarmee het sy loopbaan as komponis eintlik begin.
In
1894
is Strauss met die sopraan Pauline de Ahna (oorl.
1950
) getroud en hulle het hulle in Munchen gevestig, waar Pauline haar man se sake so behartig het dat hy meer tyd vir komposisie gehad het. Intussen het Strauss sy simfoniese gedigte Macbeth (1890),
Tod und Verklarung
("Dood en verheerliking";
1890
) en
Till Eulenspiegels lustige Streiche
("
Tyl Uilspieel
se vrolike streke";
1895
) voltooi.
Die eerste open baring van sy begaafdheid as operakomponis is merkbaar in
Salome
(
1905
), waarvan die libretto op 'n teks van
Oscar Wilde
gebaseer is. In
Salome
word die verderflike omstandighede rondom die onthoofding van Johannes die Doper, sowel as die onthoofding self, behandel, en hoewel gehore tot vandag toe geskok word deur die grusame realisme van Strauss se uitbeelding, het sy musikale oorspronklikheid dadelik aandag getrek.
Met
Elektra
(1909) het Strauss se assosiasie met die digter
Hugo von Hofmannsthal
(1874-1929) begin. Von Hofmannsthal het ook die libretto's van
Der Rosenkavalier
(1911),
Ariadne auf Naxos
(1912),
Die Frau ohne Schatten
("Die vrou sonder skaduwee";
1919
) en
Arabella
(1933) geskryf. Strauss se suksesvolste opera,
Der Rosenkavalier
, het aan sowel hom as Von Hofmannsthal 'n fortuin besorg, maar die ander operas het minder byval gevind.
Na Von Hofmannsthal se dood in 1929 is die teks van
Die schweigsame Frau
("Die swygsame vrou";
1935
) deur
Stefen Zweig
(1881-1942) geskryf en die van
Daphne
(1838) deur
Joseph Gregor
(1888-1960). Strauss het self die libretto vir sy opera
Capriccio
(
1942
) geskryf. Belangrike werke uit sy laaste jare is die Tweede Horingkonsert (
1943
), die Hobokonsert (
1946
) en die
Vier
Letzte Lieder
("Vier laaste liedere";
1848
).
Afgesien van laasgenoemde het Strauss ook nagenoeg 200 ander kunsliedere gekomponeer, waarvan 'n groot aantal as hoogtepunte van die liederkuns beskou word. Ook die Burlesk vir klavier en orkes (
1885
), die
Sinfonia domestica
(
1905
) en
Eine Alpensinfonie
(
1915
) is belangrik. Strauss was die laaste van die groot Romantiese komponiste.
Hy het die vermoe besit om eenvoudige melodiee op onvergeetlike en dikwels verhewe wyse uit te spin tot 'n oorweldigende klimaks. Hierdie kenmerk van sy musiek word opvallend geillustreer aan die begin van
Also sprach Zarathustra
en in die trio naby die slot van
Der Rosenkavalier
. Hy was 'n briljante orkestreerder en 'n voortreflike dirigent. Albei die wereldoorloe het ʼn verwoestende uitwerking op Strauss se lewe gehad en hy het nooit werklik herstel na die verwoesting van sy vier mees geliefde operageboue (in
Wenen
,
Berlyn
,
Munchen
en
Dresden
) tydens die
Tweede Wereldoorlog
(1939-1945) nie. Strauss is op
8 September
1949
in
Beiere
oorlede.