in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Republiek van Kalifornie
(
Engels
:
California Republic
,
Spaans
:
Republica de California
) was 'n onafhanklike
Noord-Amerikaanse
republiek wat op
14 Junie
1846
gestig is en tot op
9 Julie
1846
bestaan het. Die republiek het toe die Staat
Kalifornie
, die een-en-dertigste deelstaat van die
Verenigde State
geword.
Die Raadsaal van Sonoma, waar die Kaliforniese vlag vir die eerste keer gehys is.
Vlag-Monument op die historiese
Sonoma plaza
.
'n foto van die oorspronklike vlag van Kalifornie, wat in 1890 geneem is. Die vlag is in 1906 vernietig.
Reeds voor begin van die
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
het Amerikaanse koloniste teen die
Meksikaanse
sentraliseringspolitiek onder die staatshoof Antonio Lopez de Santa Anna protes. Hierdie politiek het gelei uit die
Texaanse Onafhanklikheidsoorlog
, wat in April 1836 met die onafhanklikheid van die
Republiek van Texas
geeindig het. Omdat 'n oorlog tussen die Verenigde State en Meksiko meer en meer waarskynlik geword het, het die Amerikaanse ontdekkingsreisiger en politikus John Charles Fremont 'n opstand onder die Anglo-Amerikaanse setlaars in die streek georganiseer. Ook die Spaanse inwoners van Kalifornie het wederstrewig teen Meksiko geword en 33 Amerikaanse koloniste het op
14 Junie
1846
die Republiek van Kalifornie in
Sonoma
uitgeroep. Die Kaliforniese vlag is vir die eerste keer gehys op die Sonoma Plaza in Sonoma. Die vlag het 'n ster en 'n beer as simbool van die nuwe republiek gehad. Daarom staan die rewolusie as Bear-Flag-Opstand bekend.
Op die stigtingstag het die rebelle die hoofkwartier van Noord-Kalifornie, wat tot dan General Mariano Guadelupe Vallejo gehou was. Die eerste en enigste President van die Republiek van Kalifornie was William Brown Ide, wie se verblyfreg net 25 dae geduur het. Op
24 Junie
1846
het die Slag van Olompali in die huidige Marin County begin, waar 55 Meksikaanse soldate onder die bevel van genl. Jose Castro deur die soldate van die Republiek van Kalifornie verslaan is.
Ongesiens deur die rebelle het op
13 Mei
1846
die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog begin. Die nuus het die Republiek egter tot en met die begin van Julie bereik, as die
fregat
USS Savannah
en die twee sloepe
USS Cyane
en
USS Levant
van die Verenigde State se vloot Monterey verower het. Na die Slag van Monterey het John Charles Fremont sy eie idee van 'n eie republiek verwerp en die Bear Flag is deur die
vlag van die Verenigde State
vervang.