Rennes
(
Bretons
:
Roazhon
,
Gallo
:
Resnn
) is die hoofstad van die Franse administratiewe gebied
Bretagne
, die departement
Ille-et-Vilaine
en ook een van die historiese hoofstede van die hertogdom Bretagne met 209 860 inwoners (2012) in die stad en 690 467 in die metropolitaanse gebied. Die stad by die samevloeiing van die Ille- en Vilaineriviere is sedert die jaar
1491
die setel van die Bretonse parlement en die kulturele en ekonomiese sentrum van Bretagne.
Alhoewel Rennes in die oostelike deel van die Bretagne le wat al vroeg geromaniseer is en die Franse taal aangeneem het, het dit in wese steeds 'n Bretonse stad gebly. Rennes is die hoofkwartier van talle kulturele en politieke bewegings, dit huisves die kulturele institute
Kuzul Sevenadurel Breizh
en
Skol-Uhel ar Vro
en 'n aantal Keltiese verenigings en boekwinkels.
Rennes is terselfdertyd 'n toekomsgerigte
metropool
en het danksy die desentraliseringsbeleid van die Franse regering tot een van die belangrikste sentrums van hoe-tegnologie in Frankryk ontwikkel. Die plaaslike kommunikasiebedryf het onder meer die Franse Internet-voorloper
Minitel
ontwikkel, die motorvervaardiger
Citroen
het een van sy grootste nywerhede hier opgerig, en die hoesnelheidstrein
TGV
verbind Rennes met die hoofstad
Parys
.
Rennes is oorspronklik deur die Armorikaanse volk Riedones onder die naam
Resnn
gestig en ontwikkel vinnig tot die administratiewe sentrum van die Civitas Riedonum, 'n gebied wat tot by die baai van
Mont-Saint-Michel
strek. Die Riedones begin al vroeg in die
1ste eeu v.C.
hul eie geldstukke volgens Griekse en Romeinse voorbeelde te munt. In die Romeinse tydperk staan die stad as
Condate
bekend, afgelei van die Kelties-Galliese woord vir "samevloeiing".
Vakwerkhuise op die Place du Champ-Jacquet
Die
Franke
verower Rennes teen die einde van die
8ste eeu
. Onder die heerskappy van koning
Nominoe
(
841
-
851
) word Rennes weer by die Bretonse Ryk ingelyf. Die stad groei veral in die
12de
en
13de eeu
danksy die opbloei in die handel. Die biskoppe Hildebert van Lavardin, Marbod van Rennes en Stephane de Fougieres speel 'n groot rol by die ontwikkeling van Rennes tot een van die belangrikste sentrums van die Latyns-Franse kultuur.
In die laat
middeleeue
is Rennes ook die administratiewe en geregtelike sentrum van Bretagne.
Nadat Rennes se spoorwegstasie in
1857
voltooi is, het die stad geleidelik in suidwaartse rigting begin uitbrei. In
1899
het die opspraakwekkende verhoor van die offisier
Alfred Dreyfus
in Rennes plaasgevind.
Tydens die
Tweede Wereldoorlog
het drie Duitse bomwerpers die stad op
17 Mei
1940
aangeval en 'n ammunisiwa getref, wat naas Franse en Britse militere treine en ook 'n trein met vlugtelinge gestaan het. Meer as 1 000 mense het hulle lewens verloor. Duitse troepe het Rennes op die volgende stad beset.
Verdere bomaanvalle in Maart en Mei
1943
en in Junie 1944 het nog eens 1 000 menselewens geeis. Voordat generaal Patton se troepe die stad op
4 Augustus
1944
bevry het, is die meeste brue deur die Duitse troepe tydens hulle terugtog opgeblaas. Vir die sowat 50 000 Duitse oorlogsgevangenes is vier kampe opgerig.
Vanaf
1954
het Rennes ambisieuse bouprojekte begin om uiteindelik 'n beplande 520 000 inwoners te kan huisves. Dit het van Rennes die derde vinnigste groeiende stad in Frankryk na
Toulouse
en
Montpellier
gemaak.
Die ekonomiese gebied van Rennes is een van die eerste sogenaamde
technopoles
, ekonomiese groeisentrums buite die metropolitaanse gebied van Parys wat as deel van die Franse regering se desentraliseringsbeleid gestig is. Die ekonomiese gebied van Rennes Metropole bevat 43 munisipaliteite met sowat 420 000 inwoners of 42 persent van die bevolking van die departement Ille-et-Vilaine, 182 000 werknemers in die privaatsektor, 63 000 studente en 18 000 ondernemings.
Die motor- en telekommunikasiebedryf is die belangrikste nywerheidsektore in Rennes. Die grootste nasionale en internasionale maatskappye, wat hulle in die gebied gevestig het, is
PSA Peugeot Citroen
(die eerste fabriek van Citroen is in
1961
in Rennes-Le Janais opgerig), Legris Industries, Yves Rocher, Visteon, Cegetel en Virgin Megastore.
Rennes huisves ook die hoofredaksie van
Ouest-France
, die grootste Franse
koerant
ten opsigte van sirkulasie.
'n TGV-trein in die stasie van Rennes
Die internasionale lughawe van Rennes bied daagliks 70 verbindings met ander Europese metropole soos
Barcelona
,
Rome
,
Londen
en
Parys
). Die Franse hoesnelheidstrein
TGV
bied daagliks 25 verbindings met jaarliks 4,5 miljoen passasiers, onder meer na Parys en die lughawe Charles de Gaulle (2 uur se reistyd),
Lille
en
Lyon
.
Die
Metro de Rennes
(moltrein van Rennes) is as die derde outomatiese VAL-moltreinstelsel (VAL:
Vehicule automatique leger
, "ligte outomatiese trein") in Frankryk na
Lille
en
Toulouse
op
16 Maart
2002
geopen. Die moltrein met sy vyftien stasies is teen 'n koste van 449 miljoen € as 'n lyn in noord-suidelike rigting tussen die stasies J.F. Kennedy en La Poterie opgerig. Die moltreinlyn sal in die nabye toekoms uitgebou word.
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/Commons-logo.svg/30px-Commons-logo.svg.png) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Rennes
.
|