in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Reformisteparty
was 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat net vyf maande in
1975
bestaan het.
Weens geskille binne die
Verenigde Party
het vier Volksraadslede onder leiding van
Harry Schwarz
tydens die parlementsitting van
1975
weggebreek en die Reformisteparty op
11 Februarie
1975
gestig. Die party was 'n voorstander van die verwydering van alle rassediskriminerende praktyke, regerings- en grondwetlike verandering net deur middel van die demokratiese proses en die handhawing van maatskaplike en ekonomiese geregtigheid.
Die party het op
25 Julie
1975
met die
Progressiewe Party
saamgesmelt onder leiding van
Colin Eglin
en so het die
Progressiewe Reformisteparty
ontstaan.