in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Qinghai
(
Chinees
: ?海, [t??iŋxai?],
luister
(
hulp
·
inligting
)
) is 'n
provinsie
van die
Volksrepubliek China
, gelee in die noordweste van die land. In 2010 het dit 'n bevolking van 5 626 722 gehad.
As een van die grootste provinsie-vlak administratiewe afdelings van China, is die provinsie die vierde grootste in oppervlak, maar het die derde kleinste bevolking. Dit is grotendeels gelee op die
Tibettaanse
plato, en die provinsie was lank 'n smeltkroes vir 'n aantal
etniese groepe
soos die
Han
,
Tibettane
,
Hui
, Tu,
Mongole
en Salare.
Qinghai grens aan
Gansu
in die noordooste,
Xinjiang
in die noordweste,
Sichuan
in die suidooste, en die outonome streek Tibet in die suidweste. Qinghaiprovinsie is in 1928 gestig tydens die tydperk van die
Republiek China
, toe dit regeer is deur Chinese
Moslemkrygshere
bekend as die "Ma-kliek".
Die Chinese naam, "Qinghai" is 'n vernoeming van Qinghai-meer, die grootste meer in China. Die provinsie het voorheen bekendgestaan as
Kokonor
in
Engels
, afgelei van die Oirat-naam vir die Qinghai-meer.
|
---|
Provinsies
| | |
---|
Outonome streke
| |
---|
Munisipaliteite
| |
---|
Spesiale administratiewe streke
| |
---|
Ander
| |
---|