한국   대만   중국   일본 
Prins Alexis Romanov - Wikipedia Gaan na inhoud

Prins Alexis Romanov

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Prins Alexis Andreievich
Gebore
Alexis Andreievich Romanov

27 April 1953 ( 1953-04-27 ) (71 jaar oud)
Bekend vir Hoof van die Huis van Romanof (betwis)
Titel Prins van Rusland
( Huis van Holstein-Gottorp-Romanof )
Termyn 2021-tans
Voorganger Prins Andrew Romanoff
Eggenoot Zoetta Leisy
Ouer(s) Prins Andrew Ramanoff en Elena Konstantinovna Durneva

Prins Alexis Andreievich Romanov ( Afrikaanse transliterasie: Aleksei Andrejewitsj Romanof; gebore 27 April 1953) [1] [2] is sedert 2021, met die afsterwe van sy vader, 'n aanspraakmaker op die hoofskap van Rusland se Huis van Romanof saam met groothertogin Maria Wladimirowna .

Ondersteuners van groothertogin Maria beskou prins Alexis nie as 'n dinastiese prins nie, maar as prins Alexis Andreievich Romanovsky . In sy professionele lewe is hy bekend as Alex Romanoff .

Prins Alexis is in San Francisco , Kalifornie , gebore as die enigste seun van prins Andrew Romanoff en sy eerste vrou, Elena Konstantinovna Durneva. [1] [3] Hy is lid van die Russies-Ortodokse Kerk . [4]

Prins Alexis is 'n agter-agterkleinseun van tsaar Aleksander III , en is lid van die Michailowitsji-tak van die direkte manlike Romanof-afstammelinge van tsaar Nikolaas I .

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 Almanach de Gotha (2013), 250de uitg., Volume I. P 337-345
  2. Prince Alexis Andreievich , Royalpedia
  3. Russia . An Online Gotha
  4. Broeck, Pieter. A Genealogy of the Romanov Dynasty, The Imperial House of Russia, 1825-1994.