in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Polabies
is 'n uitgestorwe
Slawiese taal
, wat tot in die agtiende eeu gepraat is. Dit is 'n
Wes-Slawiese taal
, net soos
Pools
,
Tsjeggies
en
Sorbies
. Binne die groep verteenwoordig dit die
Elbeslawiese tale
. Naaste verwant is
Kasjoebies
, wat in
Noord-Pole
nog deur 'n klein aantal mense gepraat word.
Wendland
by die dorpie
Luchow
in
Nedersakse
was die laaste gebied waar Polabies gepraat is. Die gebied le by die
Elbe
, die rivier waaraan die taal sy naam ontleen (in die Wes-Slawiese tale heet dit immers
Labe
).
Vroeer is daar op verskeie plekke in
Duitsland
oos van die Elbe Polabiese dialekte gepraat. Spore daarvan kan nog in plekname gesien word.
Die laaste spreekster van Polabies was, volgens die
Index defunctorum
van die plek Wustrow uit
1756
, 'n 88-jarige weduwee wat in die jaar sterf. Rondom die tyd was wetenskaplike
nuuskierigheid
oor die taal aan die opkoms. Onder meer
Leibniz
het daaraan aandag bestee: hy gee 'n woordelys en 'n teks uit in sy
Collectanea Etymologica
in
1717
. Die belangrikste Polabiese bron is egter die
Vocabularium Venedicum
van die dominee
Christian Hennig von Jessen
uit
1705
.