in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pioneer 0
(ook bekend as
Able 1
) was 'n onbemande
ruimtetuig
van die
Verenigde State
wat ontwerp was om in 'n
wentelbaan
om die
Maan
te gaan. Dit het 'n televisiekamera, mikrometeorietdetektor en 'n
magnetometer
aan boord gehad. Die ruimtevlug, met sy wetenskaplike vrag, was die eerste wat deel van die
International Geophysical Year
was. Die ruimtetuig is ontwerp deur die
Amerikaanse Lugmag
se Ballistiese Missieldivisie as die eerste ruimtetuig van die
Pioneer-program
. Dit was ook die eerste poging deur enige land om verby 'n aardwentelbaan te gaan.
[1]
Die sending was 'n mislukking want die
vuurpyl
het ontplof net na lansering op 17 Augustus 1958. Die ruimtetuig sou Pioneer (of Pioneer 1) genoem gewees het, maar weens die mislukkking van die sending is die naam nooit gebruik nie.
Die ruimtetuig het bestaan uit 'n dun, silindriese middelgedeelte met 'n kort, dik (16,5 cm), afgeknotte
keel
aan beide kante van die silinder.
[2]
Die silinder was 74 cm in diameter
[2]
en die afstand van die punt van die een keel tot by die punt van die ander keel was 76 cm. In die middel-as van die ruimtetuig was 'n vastestaatbrandstof vuurpylmotor van 11 kg met die uitlaat van die motor wat uitgesteek het aan die punt van die onderste keel. Die motor was die hoof- strukturele gedeelte van die ruimtetuig. Daar was agt klein, lae-stukrag vastestaatbrandstofstuwers vir snelheidaanpassings bo-op die boonste keel, in 'n ring, aangebring. Die stuwers kon afgeskiet word na gebruik. Daar was ook 'n magnetiese dipool
antenne
aan die bokant van die boonste keel. Die ruimtetuig was bedek met 'n gelamineerde plastiek, wat geverf was met 'n patroon van donker en ligte strepe om te help met
temperatuurbeheer
.
Die wetenskaplike instrumente aan boord die ruimtetuig het 'n massa van 11,3 kg gehad en het bestaan uit:
- 'n Infrarooi beeldaftasting-televisiestelsel, ontwerp deur die
Naval Ordnance Test Station
, om die Maan se oppervlakte, meer spesifiek die gedeelte wat normaalweg onsigbaar is van die Aarde af, te bestudeer.
[3]
- 'n Diafragma/mikrofoon samestelling om mikrometeoriete te bespeur. 'n Mikrometeoriet wat die diafragma tref sal 'n akoestiese puls genereer wat deur die diafragma trek na die mikrofoon. Die mikrofoon bevat 'n pieso-elektriese
kristal
wat lui teen 100
kilo Hertz
sodra die akoestiese puls dit tref. 'n Breebandversterker versterk die sein, sodat dit bespeur kan word.
[3]
- 'n Induksiespoel-magnetometer met 'n nie-lineere versterker om die Aarde, Maan en tussenplanetere magneetvelde te meet. Op daardie stadium was dit nog nie bekend of die Maan oor 'n magneetveld beskik of nie.
[3]
Elektrisiteit om die ruimtetuig se vuurpyle te ontsteek is verskaf deur
nikkel
-
kadmium
batterye, silweroksied battery het die televisiestelle van elektrisiteit voorsien en
kwik
batterye het al die ander stelsels van elektrisiteit voorsien. Radiokommunikasie het die 108.06 MHz band gebruik, 'n standaardfrekwensie gebruik deur satelliete gedurende die
International Geophysical Year
.
[4]
Die radiostelsel het 'n elektriese dipoolantenna gebruik vir telemetrie en 'n dopplerformasie en magnetiese dipoolantenna vir die televisiestelsel. Bevele vanaf die Aarde is ontvang deur die elektriese dipoolantenne teen 115 MHz. Die ruimtetuig sou in die rondte getol het teen 1,8 omwentelings per sekonde. Die tolrigting was min of meer reghoekig met die geomagnetiese meridiaan vlakke van die trajek.
Lansering en mislukking
[
wysig
|
wysig bron
]
Pioneer 0 is gelanseer op 'n Thorvuurpyl, nommer 127, om 12:18:00 GMT op 17 Augustus 1958 deur die Amerikaanse Lugmag se Ballistiese Missieldivisie, 4 minute later as die geskeduleerde tyd.
[2]
Die vuurpyl en ruimtetuig is vernietig in 'n ontploffing gedurende die eerste stadium van die Thorvuurpyl, 73,6 sekondes na lansering
[2]
op 'n hoogte van 16 km oor die
Atlantiese Oseaan
. Die ontploffing is toegeskryf aan 'n turbopomplaer wat losgekom het en veroorsaak het dat die
vloeibare suurstofpomp
ophou werk het. Die skielike verlies aan stukrag het veroorsaak dat die Thorvuurpyl posisiebeheer verloor en afwaarts geneig het, wat veroorsaak het dat die vloeibare suurstof tenks afgeskeur en die hele vuurpyl vernietig het.
[2]
Wisselvallige telemetrie seine was van die ruimtetuig en tweede stadium ontvang vir nog 123 sekondes na die ontploffing en tweede stadium is gevolg totdat dit in die oseaan neergestort het. Die sending was beplan vir die ruimtetuig om 2.6 dae na die Maan sal reis wanneer die TX-8-6 soliedstaatbrandstof motor dan sal ontbrand om dit in 'n 29,000 km wentelbaan om die Maan te plaas waar dit vir ongeveer twee weke sou bly. Beamptes van die Lugmag het gese dat hulle nie verras was deur die faling nie en dat hulle
meer geskok sou wees indien die sending suksesvol was
.
[
verwysing benodig
]
Dit was die enigste sending van die Projek Able-1 ruimtetuie wat geheel en al deur die Lugmag se Ballistiese Missieldivisie beheer was. Sendings daarna was onder die beheer van
NASA
.
[5]
- ↑
Siddiqi, Asif A. (2018).
Beyond Earth: A Chronicle of Deep Space Exploration, 1958?2016
(PDF)
. The NASA history series (second uitg.). Washington, DC: NASA History Program Office. p. 1.
ISBN
9781626830424
.
LCCN
2017059404
. SP2018-4041.
- ↑
2,0
2,1
2,2
2,3
2,4
"1958 NASA/USAF Space Probes (ABLE-1) Final Report: Volume 1. Summary"
(PDF)
. Space Technology Laboratories. 18 Februarie 1959
. Besoek op
17 Februarie
2009
.
- ↑
3,0
3,1
3,2
"1958 NASA/USAF Space Probe (ABLE-1) Final Report: Volume 2. Payload and Experiments"
(PDF)
. Space Technology Laboratories. 18 Februarie 1959
. Besoek op
17 Februarie
2009
.
- ↑
Marcus, Gideon (14 Februarie 2007).
"Pioneering Space"
(PDF)
. Quest. pp. 52?59
. Besoek op
17 Februarie
2009
.
- ↑
"Pioneer 0, 1, 2"
.
Mission and Spacecraft Library
.
Jet Propulsion Laboratory
,
NASA
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 31 Januarie 2009
. Besoek op
17 Februarie
2009
.
|
---|
Eerste sendings
| | |
---|
Latere sendings
| |
---|
Venus sendings
| |
---|
Sien ook
| |
---|