한국   대만   중국   일본 
Piedmont (VSA) - Wikipedia Gaan na inhoud

Piedmont (VSA)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Piedmont -platogebied

Piedmont is 'n platogebied in die oostelike Verenigde State wat tussen die Atlantiese Kusvlakte en die oostelike bergreekse van die Appalache le. Die wydte van die plato wissel van 'n nou strepie noord van die Delawarerivier tot by 475 kilometer (300 myl) in die deelstaat Noord-Carolina . In hierdie deelstaat word die Piedmontstreek in drie groot metropolitaanse gebiede verdeel: Die Piedmont-Triade, Metrolina en die Navorsings-Driehoek ( Research Triangle ), wat almal deel uitmaak van die sogenaamde Piedmont-Halfmaan ( Piedmont Crescent ).

Die oppervlakrelief van Piedmont word deur heuwelagtige berge gekenmerk, met hoogtes tussen 50 meter (80 voet) en 300 meter (1000 voet) bo seevlak. Sy geologiese struktuur is baie ingewikkeld, aangesien hier talle rotsformasies uit verskillende tydperke en materiale vermeng het. Die Piedmontstreek is in wese die kern van 'n ou bergreeks langs die kus, wat tot by sy huidige lae relief verweer het. In die suidooste word Piedmont deur rooi klei gekenmerk, wat met yster deurspek is. Hierdie kleigrond is uit die rotsige ondergrond verweer en deur baie dekades se ongeskikte landboumetodes blootgele. Die sogenaamde Cecil-grondtipe is kenmerkend vir die gebied.

Piedmont maak in geologiese opsig deel uit van die Appalache-reeks en bestaan uit harde paleosoiese en mesosoiese gesteentes, waarin riviere nouliks ingesny het. As gevolg is daar talle watervalle en stroomversnellings, wat die ou waterwee van die vroee setlaars onderbreek en die stigting van nedersettings by hierdie eindpunte bevorder het.

Die naam Piedmont is afgelei van die Italiaanse Piemontstreek ( Italiaans : Piemonte ), wat letterlik "aan die voet van die berge" beteken en na sy geografiese ligging verwys - 'n vlakte, wat deur die Alpe omring word.

Kultuurgeskiedenis: musiek [ wysig | wysig bron ]

Die Piedmontstreek is nou verbonde aan die blues -musiekstyl, wat hier in die vroee 19de eeu ontstaan het. Die meeste bluesmusikante uit Piedmont het uit Virginie , die twee Carolinas en Georgia gekom. Gedurende die Groot Migrasie het baie Swart Amerikaners hulle in Piedmont gevestig. Weens die Appalache, wat as 'n soort geografiese versperring ervaar is, het baie Swartes nie verder na die landelike gebiede oorkant die berge getrek nie en in stede gebly, waar hulle met 'n breer spektrum van musiekstyle kennis gemaak het as byvoorbeeld in die Mississippidelta . Die Piedmont-blues is dus deur Blanke musiekstyle soos ragtime, country en popmusiek beinvloed, wat die bluesstyle van ander gebiede nouliks geraak het.

Verdere leesstof [ wysig | wysig bron ]

  • Michael A. Godfrey (1997). Field Guide to the Piedmont. Chapel Hill: University of North Carolina Press. 524 bladsye. ISBN 0-8078-4671-6 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]