in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Philippikos
|
Keiser van die Bisantynse Ryk
|
’n Muntstuk wat Philippikos uitbeeld.
|
Bewind
|
711
?
713
|
Geboortenaam
|
Bardanes
|
Tydperk
|
20 jaar van anargie
|
Oorlede
|
713
|
Voorganger
|
Justinianus II
|
Opvolger
|
Anastasius II
|
Vader
|
Nikephorus
|
Philippikos
(
Latyn
: Philippicus,
Grieks
: Φιλιππικ??; oorl. 713) was die
Bisantynse
keiser van 711 tot 713. Sy oorspronklike naam was
Bardanes
(Grieks: Βαρδ?νη?,
Vardanis
;
Armeens
: ??????,
Vardan
) en hy was die seun van die patrisier Nikephorus van
Armenie
.
[1]
Hy het met die eerste opstand teen keiser
Justinianus II
in 695 al probeer om aanspraak op die troon te maak en is daarna na die
Krim
verban. Hier het hy die naam Philippikos aangeneem en die inwoners aangehits tot ’n opstand. Hulle het na
Konstantinopel
opgeruk en Philippikos het die troon oorgeneem. Justinianus, wat gevlug het, is kort daarna tereggestel.
Laat in Mei 713 was daar ’n opstand in
Thracie
en verskeie soldate het
Konstantinopel
binnegeval. Hulle het Philippikos op 3 Junie verblind. Hy is opgevolg deur sy hoofsekretaris, Artemius, wat keiser geword het as
Anastasius II
.
- The Oxford Dictionary of Byzantium
, Oxford University Press, 1991.