Pete Conrad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pete Conrad
Pete Conrad in September 1971
Gebore
Charles Conrad Jr.

( 1930-06-02 ) 2 Junie 1930
Sterf 8 Julie 1999 (op 69)
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State
Beroep ruimtevaarder
Bekend vir derde man wat op die Maan geloop het
Ouer(s) Charles Conrad Sr.
Frances De Rappelage Conrad (nee Vinson)

Charles "Pete" Conrad Jr. (* 2 Junie 1930 ? † 8 Julie 1999; Kaptein , VSA Vloot ) was 'n Amerikaanse vlootoffisier en vlieenier , lugvaartingenieur , toetsvlieenier en Nasa - ruimteman . Hy word die derde persoon wat op die Maan loop tydens die Apollo 12 sending. Hy stel saam met sy vlieenier Gordon Cooper , 'n 8-dae ruimte uithourekord op tydens die Gemini 5 -sending. Hy was die bevelvoerder van die Gemini 11 -sending.

Na die Apollo-program was hy die bevelvoerder van die Skylab 2-sending, die eerste bemande tog. Op hierdie sending doen hy en sy bemanning intensiewe herstelwerk aan Skylab wat tydens die lansering daarvan opgedoen is. Vir hierdie werk word die Congressional Space Medal of Honor aan hom toegeken in 1978 deur president Jimmy Carter .

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]