Pawiak
was 'n berugte
politiese gevangenis
wat in
1829
-
35
deur die
Russiese Ryk
in
Warskou
,
Pole
gebou is. Tydens die
Tweede Wereldoorlogse
besetting van Pole deur
Nazi-Duitsland
het dit deel van die
Warskou konsentrasiekamp
geword.
Die Pawiak was deur 'n Russiese tsaarse regering laat bou in 1825-35. Tydens die
Januarie Opstand
in 1863 het dit gedien as 'n
konsentrasiekamp
vir Pole wat tot deportering in
Siberie
gevonnis is. Die naam is afgelei van die straat waar die gevangenis was,
ulica Pawia
(
Pools
vir "Poustraat").
Na Pole onafhanklikheid verkry het in
1918
het Pawiak die hoof gevangenis geword vir manlike kriminele, terwyl die vroulike gevangenis naby
G?siowka
gelee was.
Na die
Duitse
inval in Pole
in
1939
was Pawiak in 'n
Duitse
Gestapo
-gevangenis verander en daarna as deel van die
Warskou konsentrasiekamp
.
Ongeveer 100 000 mans en 20 000 vroue is in totaal daar aangehou tydens die
Tweede Wereldoorlog
, meestal lede van die
Armia Krajowa
, politieke gevangenes en burgers wat as gyselaars geneem is. Ongeveer 37 000 van hulle was tereggestel, terwyl 'n verdere 60 000 na Duitse
verdelgingskampe
en
konsentrasiekampe
gestuur is. Die presiese getal slagoffers is onbekend, aangesien die tronk se argiewe nooit gevind is nie.
Tyden die
Warskou Ghetto Opstand
het Pawiak 'n aanvalsbasis vir die Nazi's geword: tronkbewaarders van Pawiak, onder bevel van
Franz Burkl
, het vrywilliglik ingestem om Poolse
Jode
te jag.
Op
19 Julie
,
1944
, het 'n
Oekrainiesewag
,
Wachmeister
Petrenko, en 'n paar ander gevangenes 'n massa uitbraak gepoog, wat deur 'n aanval van buite ondersteun was, maar hulle het gefaal. Petrenko en vele van sy medewerkers het selfmoord gepleeg. Die versettingsbeweging wat van buite aangeval het, het in 'n lokval geloop en het soveel lede verloor dat dit vir alle praktiese doeleindes ophou bestaan het. As vergelding is oor die 380 gevangenes die volgende dag tereggestel. Daar is voorgestel dat die hele insident 'n goed-beplande
Gestapo
-uitlokking was.
Die finale ontruiming van gevangenes het kort voor die
Warskou Opstand
plaasgevind op
30 Julie
,
1944
. 2 000 mans en die oorblywende 400 vroue was na
Gross-Rosen konsentrasiekamp
en
Ravensbruck konsentrasiekamp
gestuur. Die area was vir 'n kort tyd tydens die Warskou Opstand deur die rebellie beset, maar is gou weer aan die Duitse magte afgestaan en op
21 Augustus
is 'n onbekende aantal oorblywende gevangenes geskiet en die geboue verbrand en vernietig deur die Nazi's.
Die geboue is nie na die oorlog herbou nie. 'n Mausoleum van "Herinnering aan Martelaarskap" en die Pawiak museum is nou daar gelee.