Paul Verlaine
|
---|
Paul Verlaine
|
Gebore
| (
1844-03-30
)
30 Maart 1844
|
---|
Sterf
| 8 Januarie 1896 (op 51)
Parys, Frankryk
|
---|
Beroep
| Digter
|
---|
Handtekening
|
---|
|
Paul-Marie Verlaine
(
Franse
fonetiese uitspraak: |v??l?n(?);
30 Maart
1844
?
8 Januarie
1896
) was 'n
Franse
digter
wat geassosieer word met die
Simbolisme
en
Dekadentisme
. Hy word beskou as een van die grootste verteenwoordigers van die
Dekadentisme
in internasionale- en Franse poesie.
Verlaine is gebore in
Metz
en het sy opvoeding aan die
Lycee Imperial Bonaparte
(nou die Lycee Condorcet) in Parys ontvang. Hy het daarna 'n pos in die staatsdiens gekry. Hy het op 'n vroee ouderdom gedigte begin skryf, en is aanvanklik beinvloed deur die Parnassien-beweging en die leier daarvan, Leconte de Lisle. Verlaine se eerste gepubliseerde gedig is in 1863 gepubliseer in
La Revue du progres
, 'n publikasie wat gestig is deur die digter Louis-Xavier de Ricard. Verlaine het dikwels die salon van die Markies de Ricard aangedoen
[1]
(Louis-Xavier de Ricard se moeder) by 10 Boulevard des Batignolles en ook ander sosiale vergaderplekke, waar hy skouers geskuur het met prominente kunstenaarsfigure van die dag soos
Anatole France
,
Emmanuel Chabrier
, die digter en humoris
Charles Cros
, die siniese, anti-bourgeois idealis
Villiers de l'Isle-Adam
,
Theodore de Banville
,
Francois Coppee
,
Jose-Maria de Heredia
, Leconte de Lisle,
Catulle Mendes
en andere. Verlaine se eerste gepubliseerde versameling, getiteld
Poemes saturniens
(1866),
[2]
alhoewel dit heftig gekritiseer is deur Charles Augustin Sainte-Beuve, het hy hom gevestig as 'n digter van belofte en oorspronklikheid.
Huwelik en militere diens
[
wysig
|
wysig bron
]
Mathilde Maute het in 1870 met Verlaine getrou. Toe die proklamasie van die
Derde Republiek
in dieselfde jaar plaasgevind het, het Verlaine aangesluit by die 160ste bataljon van die
Garde nationale
en by die
Communards
op 18 Maart 1871.
Hy het die hoof geword van die persburo van die Sentrale Komitee van die Paryse kommune. Verlaine het die dodelike straatgevegte wat bekend is as die "Bloedige Week" of
"Semaine Sanglante"
ontvlug en skuiling gaan soek in Pas-de-Calais.
Verhoudings met Rimbaud en Letinois
[
wysig
|
wysig bron
]
Verlaine het in Augustus 1871 na Parys teruggekeer, en in September sy eerste brief van
Arthur Rimbaud
ontvang, wie sy digkuns bewonder het. Hy het Rimbaud aangemoedig om na Parys te gaan, en teen 1872 het hy belangstelling in Mathilde verloor en haar en hul seun vir alle doeleindes verlaat om sodoende die geselskap van sy nuwe minnaar na te jaag.
[2]
Rimbaud en Verlaine se stormagtige verhouding het hulle in 1872 na Londen geneem. In Brussel in Julie 1873 het hy in 'n besope toestand tydens 'n jaloerse woede uitbarsting twee skote met 'n pistool op Rimbaud afgevuur en sy linkerpols gewond; die digter is egter nie ernstig beseer nie. Die indirekte gevolg van hierdie voorval was dat Verlaine gearresteer is en opgesluit is in die tronk in
Mons
[3]
, waar hy 'n hom weereens bekeer het tot die
Katolisisme
, wat op sy beurt sy werk beinvloed het en skerp kritiek deur Rimbaud uitgelok het.
[4]
Die gedigte wat versamel is in
Romances sans paroles
(1874) is tussen 1872 en 1873 geskryf, en is geinspireer deur Verlaine se nostalgiese herinneringe aan sy lewe met Mathilde enersyds, en die impressionistiese sketse van sy jaar-lange wisselvallige eskapades saam met Rimbaud, andersyds.
Romances sans paroles
is gepubliseer terwyl Verlaine in die gevangenis was. Na sy vrylating uit die gevangenis het hy weer na Engeland gereis, waar hy 'n paar jaar as onderwyser gewerk het en Frans, Latyn en Grieks onderrig het, asook tekenkuns aan 'n skool in Stickney, Lincolnshire.
[5]
Van daar het hy onderrig gegee in die nabygelee Boston, Lincolnshire, voordat hy aanbeweeg het na
Bournemouth
.
[6]
Terwyl hy in Engeland was het hy nog 'n suksesvolle bundel getiteld
Sagesse
gepubliseer. Hy het in 1877 na Frankryk teruggekeer en, terwyl hy Engels aan 'n skool in
Rethel
onderrig het, verlief geraak op een van sy leerlinge, Lucien Letinois, wat Verlaine geinspireer het om verdere gedigte te skryf.
[7]
Verlaine was beteuterd gelaat toe Letinois in 1883 aan
tifus
gesterf het.
Verlaine het in sy laaste jare toenemend verslaaf geraak aan dwelms en
alkohol
en in armoede geleef. Hy het in krotbuurte en openbare hospitale gewoon, en sy tyd verwyl deur absinthe in Parys se kafees te drink. Die bewondering vir sy besonderse kuns het egter weer steun en 'n inkomste vir Verlaine gebring: sy vroee poesie is herontdek, sy lewenstyl en vreemde gedrag voor skares het bewondering ontlok, en in 1894 is hy deur sy ewekniee as Frankryk se "Prins onder digters" gekies.
Sy poesie is bewonder en erken as baanbrekerswerk, en was 'n inspirasiebron vir komponiste.
Gabriel Faure
het vele melodiee daarop gebaseer, soos sy liedere siklus
Cinq melodies 'de Venise'
en
La bonne chanson
, synde toonsettings van Verlaine se gedigte.
[8]
Claude Debussy
het
Clair de lune
en ses van die
Fetes galantes
gedigte getoonset, laasgenoemde synde deel van die
melodie
versameling wat bekendstaan as die
Recueil Vasnier
; hy het ook 'n verdere toonsetting van Clair de lune gemaak. Die gedig was ook die inspirasie agter sy
Suite bergamasque
.
[9]
Reynaldo Hahn het verskeie van Verlaine se gedigte getoonset, asook die Belgies-Britse komponis Poldowski (dogter van
Henryk Wieniawski
).
Sy afhanklikheid van dwelmmiddels en sy alkoholisme het egter hul tol begin eis. Paul Verlaine is op 8 Januarie 1896 in Parys oorlede; hy is begrawe in die Cimetiere des Batignolles (hy is eers in die 20ste afdeling begrawe, maar sy graf is verskuif na die 11de afdeling - op die rotonde, 'n baie beter ligging - toe die Boulevard Peripherique gebou is).
[10]
Baie van die Franse poesie wat tydens die
fin de siecle
geskryf is, is as dekadent beskou vanwee die gure inhoud daarvan. Verlaine het in dieselfde luim in 1884 gebruik gemaak van die uitdrukking
"poete maudit"
("vervloekte digter"), verwysende na 'n aantal digters soos
Stephane Mallarme
,
Arthur Rimbaud
,
Aloysius Bertrand
,
Comte de Lautreamont
,
Tristan Corbiere
of
Alice de Chambrier
, wat geveg het teen poetiese gebruike en derhalwe onder sosiale teregwysings gely het of bloot eenvoudig deur die kritici geignoreer is.
Met die publikasie van
Jean Moreas
se Simboliese-manifes in 1886, was dit egter die term
simboliek
wat die pas vorentoe aangedui het. Daar is begin om na Verlaine, Mallarme, Rimbaud,
Paul Valery
,
Albert Samain
en vele ander te verwys as "simboliste". Hierdie digters het dikwels temas gedeel wat Schopenhauer se estetika gereflekteer het, sowel as idees soos die wil, sterflikheid en die onbewuste verstand of onbewuste krag, met gebruikmaking van temas soos seks (soos bv.
prostitute
), die stad , irrasionele verskynsels (
delirium
, drome, dwelmmiddels, alkohol, en soms 'n vae
Middeleeuse
atmosfeer.
In poesie het die simboliese prosedure; soos getipeer deur Verlaine; die gebruik van subtiele suggesties in plaas van presiese stellinge (
retoriek
was verbode) ingehou, asook die opwekking van gemoedstemming en gevoelens deur die wonder van woorde, herhaalde klanke en die kadens van die vers (musikaliteit) en metriese innovasie. Verlaine het sy tipies dekadente styl breedvoerig beskryf in sy gedig
"Art Poetique"
, waarin hy die belangrikheid van musikaliteit en ontwyking en "die vreemde" beskryf het.
[11]
Verlaine se
Volledige Werke
is beskikbaar in kritiese uitgawes deur die Bibliotheque de la Pleiade.
- Libretti
vir
Vaucochard et fils Ier
en
Fisch-Ton-Kan
(1864)
[12]
(musiek deur
Chabrier
)
- Poemes saturniens
(1866)
- Les Amies
(1867)
- "Clair de Lune" (gedig; 1869)
- Fetes galantes
(1869)
- La Bonne Chanson
(digbundel; 1870)
- Romances sans paroles
(1874)
- Sagesse
(1880)
- Les Poetes maudits
(1884)
- Jadis et naguere
(1884)
- Les Memoires d'un veuf
(1886)
- Amour
(1888)
- A Louis II de Baviere
(1888)
- Parallelement
(1889)
- Dedicaces
(1890)
- Femmes
(1890)
- Hombres
(digbundel) (1891)
- Bonheur
(1891)
- Mes hopitaux
(1891)
- Chansons pour elle
(1891)
- Liturgies intimes
(1892)
- Mes prisons
(1893)
- Elegies
(1893)
- Odes en son honneur
(1893)
- Dans les limbes
(1894)
- Epigrammes
(1894)
- Confessions
(1895)
- ↑
Shapiro, Norman R.,
One Hundred and One Poems by Paul Verlaine
, University of Chicago Press, 1999
- ↑
2,0
2,1
"Paul Verlaine"
.
Litweb.net
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2009
. Besoek op
18 Julie
2007
.
- ↑
Willsher, Kim (17 Oktober 2015).
"How 555 nights in jail helped to make Paul Verlaine a 'prince of poets'
"
.
The Observer
(in Engels (VK)).
ISSN
0029-7712
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 16 April 2019
. Besoek op
31 Maart
2020
.
- ↑
Hanson, Ellis. (1998).
Decadence and Catholicism
. Harvard University Press.
ISBN
0-674-19444-6
.
OCLC
502187924
.
- ↑
Delahave, Ernst (2006).
"Paul Verlaine"
(PDF)
. Martin and Bev Gosling
. Besoek op
5 September
2010
.
[dooie skakel]
- ↑
Delahave, Ernst (22 Mei 2010).
"Biography of Paul Verlaine"
(in Engels). The Left Anchor.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2013
. Besoek op
5 September
2010
.
- ↑
"Lucien Letinois | French author"
.
Encyclopedia Britannica
(in Engels)
. Besoek op
31 Maart
2020
.
- ↑
Orledge, Robert (1979).
Gabriel Faure
. Londen: Eulenburg Books. p.
78
.
ISBN
0-903873-40-0
.
- ↑
Rolf, Marie. Bladsy 7 van die biljetnotas tot
Forgotten Songs
deur
Claude Debussy
, met
Dawn Upshaw
en
James Levine
, Sony SK 67190.
- ↑
Wilson, Scott.
Resting Places: The Burial Sites of More Than 14,000 Famous Persons
, 3d ed.: 2 (Kindle Locations 48689-48690). McFarland & Company, Inc., Publishers. Kindle Edition.
- ↑
Verlane, Paul (1882).
"Art Poetique"
.
Aesthetic Realism Online Library
. Translated by Eli Siegel (1968)
. Besoek op
18 Februarie
2017
.
- ↑
Delage R.
Emmanuel Chabrier
. Paris, Fayard, 1999, bl. 692-3.