in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Patrice Tlhopane Motsepe
(gebore op
28 Januarie
1962
) is
Suid-Afrikaanse
sakeman en mynmagnaat. Hy is die stigter en uitvoerende voorsitter van
African Rainbow Minerals
, 'n groot mynkorporasie. Hy is ook 'n uitvoerende beampte van ander mynmaatskappye in Suid-Afrika. Hy besit ook die
sokkerklub
Mamelodi Sundowns
.
In
2013
kondig hy aan dat hy "The Giving Pledge" onderteken het, en soos
Warren Buffett
en
Bill Gates
die helfte van sy rykdom aan liefdadigheid sal skenk.
Sedert 12 Maart 2021 dien hy as president van
CAF
, die Konfederasie van Afrikasokker.