Sergius
(
Russies
: Сергий; 23 Januarie
[
O.S.
11 Januarie]
1867 ? 15 Mei 1944) was van 8 September 1943 tot met sy dood die 12de
Russies-Ortodokse
patriarg van
Moskou
en die hele
Rusland
. Hy was ook van 1925 tot 1943 die de facto-hoof (locum tenens) van die Kerk.
Sergius is op 23 Januarie 1867 gebore as
Iwan Nikolajewitsj Stragorodski
(Иван Николаевич Страгородский) as lid van die baie godsdienstige gesin van ’n aartspriester in Arzamas naby
Nizjni Nowgorod
. Hy het die naam Sergius aangeneem nadat hy ’n monnik geword het en in die kweekskool in Nizjni Nowgorod en later die teologiese akademie in
Sint Petersburg
studeer.
In 1890 is hy op ’n Christelike sending na
Japan
gestuur, waar hy
Japannees
vlot leer praat het. (Hy kon reeds
Grieks
,
Latyn
en
Hebreeus
praat.) In 1899 het hy na Sint Petersburg teruggekeer en is hy aangestel as rektor van die akademie. In 1901 is hy aangestel as aartsbiskop van
Finland
en
Wiborg
, en in 1911 het hy lid van die Russiese
Heilige Sinode
geword. Op 28 November 1917 het
patriarg Tichon
hom ’n aartsbiskop gemaak. Die
Bolsjewiste
het hom in Januarie 1921 in hegtenis geneem en na ’n paar maande in die tronk is hy van Moskou na Nizjni Nowgorod verban. Hy is op 18 Maart 1924 aangestel as aartsbiskop van Nizjni Nowgorod.
Omdat patriarg Tichon geweet het daar sou met sy dood nie op die tradisionele manier ’n patriargale verkiesing kon plaasvind nie, het hy drie kandidate benoem van wie een die leierskap na sy dood sou oorneem.
Op 12 April 1925 is een van die kandidate,
aartsbiskop Pieter van Kroetitsi
, gekies as patriargale locum tenens (waarnemer). Na net agt maande is Pieter egter in hegtenis geneem. Nes sy voorganger het hy voor sy inhegtenisneming drie kandidate benoem. Nadat hy gearresteer is, was Sergius van Nizjni Nowgorod die enigste biskop op Pieter se lys wat nie verban of in die tronk was nie. Hy het die leierskap van die Kerk oorgeneem as "waarnemende patriargale locum tenens", met die veronderstelling dat Pieter die de jure-locum tenens was en sy pligte sou hervat wanneer hy vrygelaat word. Dit het egter nooit gebeur nie.
In ’n poging om die
Sowjet
-regering te oorreed om nie meer Christene te vervolg nie, het Segius op 29 Julie 1927 in ’n omstrede verklaring die Kerk se trou aan die regering beloof. Hoewel hy dit goed bedoel het, het hy groot teenkanting van ander kerkleiers gekry en talle het bande met die "amptelike kerk" verbreek tot met die verkiesing van
patriarg Aleksi I
in 1945.
Sergius het ook die Tydelike Patriargale Raad gestig wat deur die Sowjet-regering erken is. Ondanks Sergius se beloftes dat die Kerk nie in staatsake sou inmeng nie en lojaal aan die regering sou wees, was die inhegtenisnemings en teregstellings van kerklui, die vernietiging van kerke, ikone en kweekskole, ens. algemeen in die 1920's en 1930's. Voor die begin van die
Tweede Wereldoorlog
was daar in die hele Sowjetunie net vier biskoppe oor, en van die 50 000 priesters in 1918 was daar teen 1935 net 500 oor.
Eers na die
Duitse
inval in 1941 het
Josef Stalin
sy veldtog teen die Kerk verslap omdat hy die morele steun van die Kerk tydens die oorlog nodig gehad het. Op 4 September 1943 het Stalin sekere toegewing aan die Kerk beloof in ruil vir hul lojaliteit en hulp. Daaronder was die toestemming om die Moskouse Kweekskool en Teologiese Akademie te open, die vrylating van kerklui en die teruggee van sekere kerkeiendom soos die bekende
Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei
buite Moskou. In ruil daarvoor sou die regering die Kerk onder beheer van die geheime diens plaas ? in so ’n mate dat die oorblywende priesters en biskoppe in werklikheid agente van die
KGB
geword het.
Die grootste toegewing was egter om weer ’n patriarg te kies. Op 8 September 1943 is Sergius verkies. Hy was reeds 76 jaar oud en nie meer gesond nie. Hy is agt maande later, op 15 Mei 1944, oorlede.
Hierdie artikel is vertaal vanuit die
Engelse Wikipedia
|
---|
1589-1721
| |
---|
1721-1917
|
- Heiligste Regerende Sinode
|
---|
1917-hede
| |
---|