한국   대만   중국   일본 
Paralimpiese Winterspele 2010 - Wikipedia Gaan na inhoud

Paralimpiese Winterspele 2010

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Xe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2010

Gehou in Vancouver , Kanada
Deelnemende lande 44
Deelnemende atlete 502 (381 mans, 121 vroue)
Items 64 in 5 sporte
Openingseremonie 12 Maart 2010
Sluitingseremonie 21 Maart 2010
Amptelik geopen deur Goewerneur-Generaal Michaelle Jean
Atlete-eed Herve Lord
Beampte-eed Linda Kirton
Olimpiese vlam Zach Beaumont
Vorige Spele 2006: Turyn (Italie)
Volgende Spele 2014: Sotsji (Rusland)

Die Paralimpiese Winterspele 2010 ( Engels : 2010 Winter Paralympics , Frans : Les Xes Jeux paralympiques d'hiver ) is tussen 12 en 21 Maart 2010 in Vancouver , Kanada , aangebied. Enkele van die items is in die nabygelee Whistler gehou. Dit was die tiende Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die tweede keer dat Paralimpiese Spele in Kanada beslis is. 'n Rekord van 44 lande het hieraan deelgeneem. [1]

Die Olimpiese Winterspele 2010 is tussen 12 en 28 Februarie in Vancouver gehou.

Toewysing [ wysig | wysig bron ]

Miga, een van die gelukbringers van die Paralimpiese Winterspele 2010
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2010

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2010 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2010. [2] Vancouver is op 2 Julie 2003 in Praag deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2010. Ander kandidate was: Pyeongchang en Salzburg .

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2010 [3]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Vancouver Vlag van Kanada  Kanada 40 56
Pyeongchang Vlag van Suid-Korea  Suid-Korea 51 53
Salzburg Vlag van Oostenryk  Oostenryk 16 ?

Sporte [ wysig | wysig bron ]

Rolstolysbal tydens die Paralimpiese Winterspele 2010

5 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Kalender [ wysig | wysig bron ]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

  OS   Openingseremonie  ●  Wedstryde   1   Wedstryde met medaljes   SS   Sluitingseremonie
Maart 2010 12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items
Alpeski 4 2 4 2 6 6 6 30
Heg-en-steg-ski 2 4 6 2 6 20
Paratweekamp 6 6 12
Rolstoelysbal 1 1
Sleehokkie 1 1
Totaal 6 6 6 4 8 12 6 10 6 64
Seremonies OS SS

Deelnemende nasies [ wysig | wysig bron ]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname [ wysig | wysig bron ]

Suid-Afrika het aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.

Aantal medaljes [ wysig | wysig bron ]

Kaart van deelnemende nasies in 2010
Die Paralimpiese vlam word tydens die openingseremonie aangesteek

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Duitsland  Duitsland (GER) 20 13 5 6 24
2 Vlag van Rusland  Rusland (RUS) 31 12 16 10 38
3 Vlag van Kanada  Kanada (CAN) 55 10 5 4 19
4 Vlag van Slowakye  Slowakye (SVK) 13 6 2 3 11
5 Vlag van Oekraïne  Oekraine (UKR) 19 5 8 6 19
6 Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State (USA) 50 4 5 4 13
7 Vlag van Oostenryk  Oostenryk (AUT) 19 3 4 4 11
8 Vlag van Japan  Japan (JPN) 42 3 3 5 11
9 Vlag van Belarus  Belarus (BLR) 9 2 0 7 9
10 Vlag van Frankryk  Frankryk (FRA) 21 1 4 1 6
11 Vlag van Italië  Italie (ITA) 35 1 3 3 7
12 Vlag van Noorweë  Noorwee (NOR) 27 1 3 2 6
13 Vlag van Spanje  Spanje (ESP) 5 1 2 0 3
Vlag van Switserland  Switserland (SUI) 15 1 2 0 3
15 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland (NZL) 2 1 0 0 1
16 Vlag van Australië  Australie (AUS) 11 0 1 3 4
17 Vlag van Finland  Finland (FIN) 5 0 1 1 2
18 Vlag van Suid-Korea  Suid-Korea (KOR) 25 0 1 0 1
19 Vlag van Swede  Swede (SWE) 26 0 0 2 2
20 Flag of the Czech Republic  Tsjeggie (CZE) 19 0 0 1 1
Vlag van Pole  Pole (POL) 12 0 0 1 1
Totaal (21 NPKs) 461 64 65 63 192

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) "IPC Historical Results Archive" . Internasionale Paralimpiese Komitee . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2018 . Besoek op 23 Januarie 2018 .
  2. ( en ) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games' " . BBC . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020 . Besoek op 23 Januarie 2018 .
  3. ( en ) "Past Olympic Host City Election Results" . GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 . Besoek op 23 Januarie 2018 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]


Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele : Rome 1960 ? Tokio 1964 ? Tel Aviv 1968 ? Heidelberg 1972 ? Toronto 1976 ? Arnhem 1980 ? New York & Stoke Mandeville 1984 ? Seoel 1988 ? Barcelona 1992 ? Atlanta 1996 ? Sydney 2000 ? Athene 2004 ? Beijing 2008 ? Londen 2012 ? Rio de Janeiro 2016 ? Tokio 2020 ? Parys 2024 ? Los Angeles 2028 ? Brisbane 2032
Winterspele : Ornskoldsvik 1976 ? Geilo 1980 ? Innsbruck 1984 ? Innsbruck 1988 ? Tignes-Albertville 1992 ? Lillehammer 1994 ? Nagano 1998 ? Salt Lake City 2002 ? Turyn 2006 ? Vancouver 2010 ? Sotsji 2014 ? Pyeongchang 2018 ? Beijing 2022 ? Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese Komitee ? Nasionale Paralimpiese Komitee